DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 20
EK IS die Lig
1.12.2007 om 2h10
EK IS die Lig in die donker. Daar is Lig en daar is donker. Die een is goed en die ander boos.
EK het julle die leer kom gee wat ‘n Lig in julle harte laat skyn. Die volmaakte vryheid van wil is die dryfkrag wat jou moet dryf. EK laat nie die Lig in jou ontbrand as jy self nie die Lig wil hê nie. EK IS MY GEES, en MY GEES is in julle die Lig vir julle siele. EK het hierdie Lig vir julle gegee om julle siele te verlos.
Maar die meeste van julle doof hierdie Lig (Liefde) deur ander te haat. EK ontbrand nie in ‘n hart wat vol haat is nie, EK soek ‘n reine hart. As jy net kom na die Liefde, sal SY jou reinig en die leer van Liefde wat EK op aarde kom gee het, sal jou Lig wees. EK sal lewend word in jou hart, EK straal baie helder, want EK IS die Oerlig, die Eerste Lig van alle ligte.
Die Lig is die Waarheid wat weereens EKSELF is. Mens kry nie iets soos ‘n halwe waarheid nie. ‘n Halwe waarheid is klaar ‘n leuen. Alle waarheid is uit MY, dit is die Lig wat nie besoedel mag wees nie. Waarheid is Lig en die Weg na MY word helder daardeur bestraal. EK IS die Weg, die Waarheid en die Lewe.
Die Weg van alle weë, die suiwer Waarheid wat Liefde is, en die Lewe van alle lewes. Kom wandel in en op die Liefde, want dit is die Weg. Deur Liefde sal jy die Waarheid leer ken wat Liefde is. En die Liefde is jou lewe, vir ewig en ewig is die Liefde jou lewe.
Jy is geskape uit MY, en EK IS Liefde, Lewe en Lig. Jy is dit in miniatuur deur MY GEES in jou. Hoekom het EK gesê dat julle julle naaste moet help? Daardeur tree die sewende Gees by julle in werking wat die Barmhartigheid is.
MY eerste Gees is Liefde, waarsonder niks kan bestaan nie en alles is deur die Liefde geskep.
Wysheid kom voort uit diep Liefde, en werk met volmaakte Wysheid wat weer EKSELF is.
Wil moet altyd wees omdat niks kan gebeur as EK, of nou ook jy, nie wil nie.
Orde is van die grootste belang, want as Orde nie toegepas word nie, gaan alle werke tot niet in chaos.
Erns is belangrik, want as Erns nie daar is nie, is alles net ‘n ydele plesier. Erns in die sin, is ook om Ernstig te wees om Orde te handhaaf en Ernstig om jou Wil te doen.
Geduld is van die allergrootste belang, want as jy ongeduldig is, kan jy niks tot stand bring nie.
Hierdie ses eienskappe het jy al in jou. Dit is in jou natuur as jy nie deur satan besoedel is nie. Maar die sewende eienskap; Barmhartigheid, is die een wat jy in jou moet opwek deur MY Gebooie van die Liefde te doen. Daardeur het EK ook nou gesê wat beteken die Sewe Geeste van MY (GOD).
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205