DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 49
EK IS die Weg
24 Januarie 2008 om 10;29
EK IS julle Weg, wandel in die Liefde sodat julle Lewe kan hê. O, MY Liewe kindertjies, die Liefde is die Wet, die Orde, die Krag, die Wysheid en daardeur is die Liefde ‘n hart wat sing en brand vir MY! EK het julle só lief, daarom lei EK julle op die sagte en reguit Weg wat Liefde genoem word. EK, julle VADER, het in allesoorheersende Liefde vir julle op Golgota gely.
MY HART klop warm vir julle, dit beteken julle volkie staan eerste in MY Liefde. Wandel in MY Liefde en EK sal die oortredinge van julle wegneem. EK sal julle reinig.
O, salig is julle wat soekende is!
Salig is julle wat MY Hulp vra om verslawings te oorkom!
Salig is julle, want EK kom julle verlos!
Salig is julle wat MY Liefhet!
Salig is julle wat in MY glo!
Salig is júlle, MY Liefste kindertjies!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205