DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 22
EK maak jou mond oop
Dinsdag, 11 Desember 2007 om 22:14
EK maak julle monde oop en julle tonge los, sodat julle MY lof kan verkondig. EK stuur julle netsoos EK MY dissipels gestuur het. Gaan. Vertel die Boodskap van jou Maker. Sê die mense wat EK sê. Dit is nou nog dag. Gaan werk in MY wingerd. Maak gou, want die nag kom. Gaan werk nou, sodat jy nie as die nag gekom het, spyt is omdat jy nie gewerk het nie.
Verkondig wat EK vertel, sodat niemand jou kan verwyt dat jy niks gesê het nie. Gaan. Werk vandag en elke dag wat jou nog op aarde gegun is in MY wingerd. Maak gou. Eerlank is dit nag.
EK wil julle op die hart druk om die boodskappe te versprei aan almal wat EK oor julle pad stuur. Julle wat hier lees, gaan! EK stuur julle! Bly dringend daarmee besig, sodat EK julle nie aan die slaap vang as EK kom nie. MY oproep is dringend, gaan nou! Die nood is groot. Elke siel wat nog die potensiaal het om gered te word, moet hierdie boodskappe hoor en versterk word.
Amen! Amen! Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205