BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die uitstorting van MY Heilige Gees

73 En hierdie verruklike gesig van kleure van EWIGE LIEFDE ontbind geleidelik in 'n allesdeurdringende stilte van merkbare, EWIGE LIEFDE wat almal en alles deurdring met die salige sekerheid dat hulle getuie was van die ALLERHEILIGSTE KONINGIN VAN EWIGE LIEFDE in 'n spel van die hoogste geluksaligheid deur die GENADE VAN ELOHIM, DIE MEESTER.

74 Hierdie ervaring van MY hoogste en naaste engele het hulle met so 'n vreugde vervul dat klanke van blydskap, wat waarlik harte en geeste in 'n mees verhewe toestand gebring het, verrys en oorgegaan het in dreunende salige kore van EWIGE LIEFDE, en 'n aanduiding versprei het van die komende verlossende Liefde oor alle terreine van die lewe en het in baie duister menslike harte 'n voorgevoel van ELOHIM SE GEREGTIGHEID opgewek.

75 So 'n uitstorting van die HEILIGE GEES VAN LIEFDE, onsigbaar vir die menslike oë, het nog altyd en is nog steeds nodig om die siele wat vasgevang is in die sfere van die duisternis, behorende aan die gevalle Gees, vir die ingryping van ELOHIM "van bo", voor te berei. Want sonder so 'n onsigbare geestelike uitstorting van MY LIEFDE, sou nie een enkele profeet van MY hemele op Aarde kon optree en ten minste 'n paar oop ore en begrip onder die mensdom vind nie.

76 Om die waarheid te sê, so 'n uitstorting van MY HEILIGE GEES vind voortdurend plaas in 'n oneindige verskeidenheid van skakerings; want sonder so 'n aanhoudende vloei van MY HEILIGE GEES in die hele oneindige skepping in, sou niks kon lewe nie; sou daar geen lewende siel gewees het nie; sou daar geen GODDELIKE VONK van MY binne siele geroer het nie, want die oorgrote meerderheid van die siele van MY aardse kinders is baie gemaklik in die velde van MY Teenpool Satana en niks binne-in hulle is so in kontak met MY, HUL ELOHIM EN SKEPPER, sodat hulle sonder MY BLYWENDE INVLOED in staat is om te ontsnap van die ewige dood nie.

77 Slegs deur MY HEILIGE GEES- hou dit goed in gedagte, MY aardse kinders - is daar geen ewige dood nie, maar slegs ewige lewe!

78 En selfs daardie kinders van MY LIEFDE wat MY ernstig soek, ten spyte van hulle dikwels sterk begeerte om MY, hulle ELOHIM, ten volle te herken en aan te gryp, is hulle siele nog so gevul met allerhande ongoddelike eienskappe, dat die toestand van hulle siele 'n gruwel voor MY HEILIGE AANGESIG is, sodat hulle Liefde vir MY by verre te swak is, ja, magteloos om te lewe sonder die ondersteuning van MY HEILIGE GEES.

79 Vanuit sulke menslike siele wat op soek is na MY, maar wat dikwels geaffekteer is met die ergste Teenpool-eienskappe, kom die baie godsdienstige dwepers voort, wat nie `n goeie gebalanseerde geestelike beeld van MY GODDELIKE EIENSKAPPE kan bedink nie, maar net `n somber verwronge beeld as gevolg van beide ekstremistiese houdings, geïnspireer deur oormatige en vreeslik oordrewe idees oor MY KONINKRYK en die hartseerste afwykings van onbeheerde hartstogte. MY HEILIGE GEES moet hierdie menslike siele in die besonder deur die mees pynlikste beproewings lei, aangesien dit die enigste weg is vir hulle om ontslae te raak van dit wat nooit in MY Hemele mag ingaan nie.

80 Selfs MY Teenpool en alles wat onder haar beteueling gelei word, sou magteloos wees sonder die voortdurende invloei van MY HEILIGE GEES in haar gebied van ondergeskikte siele, aangesien - soos reeds gesê - geen lewe moontlik sou wees sonder MY HEILIGE GEES nie.

81 Trouens, alles - selfs die hel – word bedryf deur die krag verkry uit die strome wat voortspruit vanuit MY HEILIGE GEES wat noodsaaklik is vir alle lewe; alles word bevoordeel deur MY ONEINDIGE LIEFDE EN GENADE, want niks sou sterk gewees het, sou kon rus en herstel van sy kragte wanneer benodig, sonder die aanhoudende vloei van MY HEILIGE GEES nie.

82 Dus alles – met 'n paar uitsonderings– sal die prooi word vir die ewige dood as EK JAHWEH EN SKEPPER dit nie deurlopend in stand sal hou deur die onsigbare vloei van MY HEILIGE GEES nie. Dit is onsigbaar vir die menslike oog, sowel as vir al julle menslike ondersoekmetodes, en sal vir ewig so bly vir wie ookal angstig is om MY HEILIGE GEES te ondersoek. Dit sal julle laat verstaan, o mensekinders, op watter voete van klei alles staan wat, deur julle huidige graad van geestelike volwassenheid, wetenskap en navorsing genoem word.

83 Waarlik, MY HEILIGE GEES VAN ALOMTEENWOORDIGHEID, waardeur alles tot stand gekom het en voortgaan om so te doen vir alle tye, wat vir ewig alles in die lewe onderhou en dit laat opvaar na MY KONINKRYK VAN VOLMAAKTHEID en waardeur almal vir ewig kan lewe, sal slegs die duidelikste waarneembaar en verstaanbaar wees as 'n heilige waarheid vir die menslike siel, wanneer hierdie siel begin om in die diepste nederigheid, MY HEILIGE GEES te ontvang, terwyl sy gereed is om in volmaakte Liefde te lewe volgens die ewige GEBOOIE VAN MY HEILIGE WIL.

84 So 'n begrip vir MY HEILIGE GEES deur middel van 'n absolute suiwer, onvoorwaardelike en brandendste Liefde vir MY en die naaste, kan selfs 'n siel wat ryp is in die volmaakte Liefde, tot die sig van MYSELF bring, aangesien 'n hoë graad van suiwer en ware Liefde 'n geleidelike samesmelting met MY HEILIGE GEES laat plaasvind en die WEDERGEBOORTE IN MY HEILIGE GEES moontlik maak, wat die siel sodoende met MY, HAAR ELOHIM EN SKEPPER verenig.

85 Die feit dat 'n vaste geloof in MY, ELOHIM DIE MEESTER EN SKEPPER VAN HEMELE EN AARDE, die heel eerste graad van suiwer Liefde vir MY moet wees, waarsonder geen vordering van die siel moontlik is nie, behoort vanselfsprekend te wees vir elke menslike siel, tensy sy reeds dood is, vasgevang in die blindheid van die materiale slawerny en gereduseer tot 'n blote pion van MY Teenpool.

86 'n Sterk en standvastige geloof in MY, ELOHIM EN SKEPPER VAN ALLE LEWE IN DIE HEMEL EN OP AARDE, is die mees voor die hand liggende stadium van werklikheid vir 'n ware mensekind, toegerus met 'n lewende siel, wat begin verenig met MY, haar SKEPPER.

87 Die geloof van 'n PETRUS DIE ROTS is die boonste sport van die Hemelse leer op Aarde wat bereik kan word, maar wat onmoontlik lyk hier onder op Aarde, maar tog, selfs die vloeistof element dra die swaar menslike liggaam, gemaak van soliede materie.

88 Tog, die sege oor die aardse materie is oorwin deur die GEES IN MY VERLOSSENDE LIGGAAM JAHSHUA DIE GESALFDE, een met MY DIE EWIGE HEILIGE GEES; en MY OPSTANDING van die vlees van hierdie Aarde was die ywer van die EWIGE SUIWER LIEFDE VAN MY HEILIGE GEES, wat in hierdie hoogste graad van volmaakte LIEFDE die SUIWER GEES is wat alles deurdring en onderhou, en indien nodig, alles oplos wat nie GEES UIT MY EIE is nie.

89 Dit is wat gebeur het tydens MY OPSTANDING toe EK DIE SKEPPER EN MEESTER VAN ALLE LEWE alles deur MY HEILIGE GEES opgelos het wat die gevolg van die Oersonde was, die skeiding van MY HEILIGE GEES, en dit het die ergste innerlike deel van die materie van die Aarde geword en wat EK in MY JAHSHUA-LIGGAAM geïnkorporeer het as die opeenhoping van al die verlossende krag van al MY kinders, 'n taak wat geen geskape Gees ooit sou kon bereik nie.

90 Saam met die stromende bloed van MY JAHSHUA-LIGGAAM, was die verloste Oersonde materieel oor hierdie Aarde uitgestort, weggesmelt vanaf MY aardse JAHSHUA-LIGGAAM vir tyd en ewigheid, terwyl MY HEILIGE GEES deur die OPSTANDING, die Oersonde van die val geestelik ontbind het na niks. Dit beteken dat alle voorheen gevalle Geeste van MY Hemele vrygekoop is van hul skuld, maak nie saak of hulle op daardie tydstip in 'n aardse kleed beklee was, of sommige wat nog steeds in `n tussenstadium gehou was nie, en dus, deur middel van MY KRUISIGING, is die grootste belediging teen MY HEILIGHEID EN MY GODHEID vrygestel van die WET VAN SONDE EN VERSOENING om vir ewig vrygestel te word van hierdie klipsteenharde WET VAN GEREGTIGHEID, sodat VOLMAAKTE LIEFDE vanuit Liefde vervul het wat onmoontlik gelyk het. DIE HEILIGSTE SEGE VAN DIE LIEFDE is uitgedruk in MY laaste HEILIGE WOORDE aan die Kruis op Golgota:

"Dit is volbring!"

91 Julle weet nou, o mensekinders, dat MY weg na Golgota en MY KRUISIGING verewig is deur MY OPSTANDING vanuit die skuldoorsaak van MY aardse kinders, die grootste DAAD VAN GENADE VAN MY EWIGE LIEFDE EN VAN MY HEILIGE GEES, ter wille van julle. Daarom is een hoofstuk van hierdie NUWE BYBEL, geopenbaar deur MY MOEDER MIRIAM VAN WELEER getiteld: "DIE GENADE".

92 Voor dit sal egter eers onthul word waaraan alreeds aangeraak is in hierdie hoofstuk, naamlik die implikasies van DIE HOOGS HEILIGE DAAD VAN MY GEBOORTE OP AARDE IN JAHSHUA DIE GESALFDE, nadat 'n kort openbaring sopas as 'n oorgang gegee is na hierdie hoogste openbaring, rakende die aard van MY HEILIGE GEES en Haar permanente werking in tyd en ewigheid.

93 Wie kwaadwillig die spot dryf met MY geboorte in JAHSHUA DIE GESALFDE deur die HEILIGE GEES, om dit as 'n fabel te beskou, behoort stomgeslaan te word op sterkte van wat EK JAHWEH nou gaan openbaar, sodat elkeen wat nog ietwat van 'n suiwer hart het, krag kan verkry om bekwaam te raak om 'n lewe van LIEFDE te leef deur MY EWIGE HEILIGE EN VOLMAAKTE WIL.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205