BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

ELOHIM IS LIEFDE

24 Inderdaad sê julle, mensekinders dikwels dat ELOHIM LIEFDE is, asof julle weet wat LIEFDE is; tog EK ELOHIM DIE MEESTER sê aan julle: Julle weet nie, julle het maar 'n geringe idee van MY LIEFDE, EWIGE LIEFDE.

25 Wees nie teleurgestel dat EK dit ferm aan julle sê nie, julle wat dink julle weet dat EK LIEFDE is, maar julle weet regtig nie! EK sê selfs: "Jy kan nie nou weet wat LIEFDE ten slotte is nie, ook kan jy nie weet dat EK daardie Liefde is nie!"

26 Jy kan dan beswaar maak deur te vra hoe EK ELOHIM DIE MEESTER jou die gebooie van LIEFDE kan gee en terselfdertyd sê dat jy nie weet wat LIEFDE is nie.

27 Die antwoord op die raaisel is danig duidelik as EK jou vertel dat:

28 LIEFDE nie 'n vermoë of 'n konsep of enigiets anders is nie, Liefde is 'n toestand van bestaan.

29 Selfs vir MY, JOU SKEPPER, is dit in hierdie geval nie so maklik om aan jou, in die taal van die verganklike beperkte aardse mens, te verduidelik wat die wese van LIEFDE is nie.

30 En soos EK reeds gesê het dat LIEFDE 'n toestand van bestaan is, is dit dus baie maklik om te verstaan dat elkeen in hierdie toestand van " LIEFDE " in staat sal wees om te weet wat LIEFDE is; wat beteken dat 'n mens dit moet wees en heeltemal in hierdie toestand van " LIEFDE " moet leef om te begryp en te weet wat LIEFDE werklik is; met ander woorde, die hart moet oorloop van LIEFDE, ja, die hele siel moet deurtrek en gevul word met LIEFDE om LIEFDE aan te gryp!

31 Trouens, LIEFDE is in MY, ELOHIM DIE MEESTER EN SKEPPER, die wesenlike permanente toestand! LIEFDE IS MY EWIGE OERTOESTAND VAN BESTAAN, LIEFDE IS MY GEES - DIE GEES VAN VOLMAAKTHEID. LIEFDE is MY ALLESDEURDRINGENDE KRAG, MY ALMAG.

32 Nog meer, LIEFDE is terselfdertyd MY HART, MY GEESTELIKE HART, MY VADERLIKE HART, waaruit slegs LIEFDE eindeloos uitgestort kan word van ewigheid tot ewigheid.

33 Daarom is MY hele Skepping en alles wat EK DIE MEESTER doen, LIEFDE.

34 Daarom is ook julle, o mensekinders, kinders van MY LIEFDE. Vanuit LIEFDE is jy geskep en LIEFDE is jou basiese natuur, en wat jou ookal omring en wat jou ookal dien in hierdie lewe is niks anders as LIEFDE nie.

35 Dus IS ALLES LIEFDE!

En let daarom op, kinders van MY LIEFDE; want julle het nog nie besef dat alles LIEFDE is nie, dat julle geskep is vanuit LIEFDE, dat julle deur en deur LIEFDE is nie, - julle weet nog nie wat LIEFDE wesenlik is nie en waarom julle ELOHIM LIEFDE is nie. Dit is nog steeds onbereikbaar by julle, omdat julle nog nie in julleself hierdie toestand van volmaakte Liefde voortgebring het nie.

36 Dit is waarom EK ELOHIM DIE MEESTER aan julle die gebooie van die LIEFDE moes gee, sodat julle geleidelik kan ontwikkel tot MY EWIGE OERTOESTAND van "LIEFDE", dit is waarom, met die diepste HEILIGE ERNS, EK die MEESTER julle in die voorafgaande eerste hoofstuk moes vermaan deur die KONINGIN VAN LIEFDE, om die brandendste, en genadigste LIEFDE te word.

37 Let dus op dat die LIEFDE 'n toestand van bestaan is, naamlik die hoogste, goddelike toestand. Liefde is die OERTOESTAND en die ewige toestand van jou ELOHIM en Skepper, waarvolgens ELOHIM EWIGE LIEFDE is.

38 ELOHIM en EWIGE LIEFDE is EEN. Tog is daar in MY ewige toestand van "EWIGE LIEFDE", wat MY HEILIGE GEES is, 'n binneste OERPOOL - 'n OERGRONDPOOL – waarin en waaruit LIEFDE Haarself vir ewig vernuwe. Hierdie OERGRONDPOOL van MY LIEFDE is die bron van MY vermoë om LIEFDE ewiglik en permanent uit te giet, en om uit LIEFDE niks anders as LIEFDE te skep nie.

39 Dit is 'n uiterste geheim en diepste misterie van onverstaanbare dimensies vir julle, 'n OPENBARING OOR MYSELF wat nog nooit voorheen aan die mensekinders gegee is nie! Probeer om ten minste breedweg te verstaan dat dit wat ek gee is DIE LIEFDE VAN JULLE ELOHIM vir julle mensdom!

40 En waarom gee EK aan julle, o mensdom van die huidige tyd, hierdie byna selfonthullende OPENBARING VAN MYSELF?

41 Laat EK verduidelik, Kinders van MY LIEFDE:

42 LIEFDE in HAAR EWIGE OERTOESTAND VAN JUL ELOHIM EN SKEPPER is diep in Haar OERGRONDPOOL bedroef deur die vyandige toestand van dinge wat julle, mensekinders, as kinders van MY LIEFDE, teweeggebring het op julle planeet "Aarde" en LIEFDE is, by wyse van spreuke, ontroer asof uitgedaag om hierdie negatiewe toestand van "hel" op te los.

43 LIEFDE in Haar ware volmaaktheid is ook die grootste krag, aangesien almal en alles LIEFDE is, en dit stel MY DIE SKEPPER in staat om te bereik wat vir jou, die mens, onmoontlik is! As die LIEFDE op hierdie uitdaging moes optree soos die mens, sou Sy dadelik die teentoestand van "hel" uitgewis het deur Haar ALMAGTIGHEID. Omdat LIEFDE VANUIT MY egter volmaakte LIEFDE is, ontwikkel Sy op ander paaie as wat die kortsigtige menslike verstand sou neem.

44 Want Liefde ontwikkel vir ewig langs die HEILIGE PAAIE VAN VOLKOME, WARE LIEFDE en kan en sal nooit enigiets vernietig nie, want soos jy geleer het - alles is gemaak uit LIEFDE, sodat selfs die teentoestand van "hel" basies nog steeds die kiem van LIEFDE bevat.

45 Dit is waarom LIEFDE nooit tot stand sal kom met wapens van vernietiging nie, want die LIEFDE kan nie en sal nie dit wat LIEFDE geskep het, ongedaan maak nie. Slegs die dwalende menslike verstand vernietig die buitengewone wat hy onvanpas vind, maar besef nie dat deur dit te doen, hy met die onvernietigbare LIEFDE bots, wat egter nooit vlug na die verderf nie, maar eerder kyk na die aanwending van nuwe intermediêre lewensfases met betrekking tot LIEFDE deur Haar ALMAG. Dit gebeur in die meeste gevalle deur 'n verandering van hierdie aardse lewe vir 'n ander lewe - 'n verandering wat julle mense, volgens jul huidige volwassenheid steeds "dood" noem – met die verwagting dat die afgewykte denke geleidelik beweeg vanuit sy volgehoue teentoestand "hel " na 'n meer volwasse toestand van liefdesbestaan. Dit is die WET VAN LIEFDE - DIE WET VAN GEREGTIGHEID, genoem die WET VAN SONDE EN VERSOENING - wat niks vernietig nie, maar met Haar HEILIGE BALSEM alles terugplaas in die regte volgorde! Dit sal aan julle geopenbaar word, o mensekinders, uit MY GENADE in hierdie NUWE BYBEL tot in die volste besonderheid; maar wag en luister na wat MY LIEFDE nog aan julle te vertel het, hoe Sy uit Liefde die teentoestand van die hel sal uitfaseer wat julle veroorsaak het.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205