BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die Heilige vonk met MY Ewige volmaaktheid / Die erfdeel van die Ewigheid uit MY.

22 EK het julle, o mensekinders, geskep deur wat EK IS AS EWIGE GEES VAN VOLMAAKTHEID, vry te stel en in julle te plaas.

23 Daarom is julle, o mensekinders, MY geseënde kinders. EK JAHWEH het julle toegerus, KINDERS VAN MY LIEFDE, met 'n GAWE VAN MY GENADE deurdat EK julle die VOLMAAKTE VRYHEID toegeken het wat EK SELF IS VAN EWIGHEID TOT EWIGHEID. Hierdie GAWE van MY GENADE omvou in julle die waardevolste ding:

'N HEILIGE VONK

WAT EWIGE VOLMAAKTHEID INSLUIT.

24 Hierdie EWIGE GLOEIENDE KOOL VAN MY VOLMAAKTHEID werk onfeilbaar binne-in jou. Dit vul die onsterflike siel wat EK julle gegee het en wat nie vernietig kan word nie. Want dit is met MY, DIE EWIGE ELOHIM verenig. DIT IS 'N GEES UIT MY, 'N GEES VAN MY HEILIGE GEES. Dit is dit MY EWIGE ERFLATING aan jou, wat jou in staat stel om die doel van MY skepping te bereik: - om MY VOLMAAKTE BEELD te word!

25 Maar wat se erfgename van MY HEILIGE ERFLATING het julle geword? Daar is net een antwoord: Die mees onwaardigste erfgename! Die ondoeltreffendste, onbetroubaarste trustees van die edele vermoëns wat EK julle geskenk het! En EK kan selfs daarby sê, met betrekking tot 'n hele aantal van julle: Moedswillige erfgename het julle geword, wat nie net MY HEILIGE ERFLATING deurbring nie, maar dit selfs verpand aan MY Teenpool, geklee in sataniese menslike gelaat, en dit dan werp op die duiwelse skaal teen MY om sodoende die HEILIGE DOEL VAN MY SKEPPING te dwarsboom!

26 EK JAHWEH sê vir julle: As EK nie so nou en dan nuwe impulse in sommige van MY aardse kinders geplaas het nie, sou MY HEILIGE ERFLATING nie langer werkend gewees het in hierdie menslike ras nie. Hierdie gevaar, wat die kinders van MY EWIGE LIEFDE voortdurend veroorsaak het deur hul slegte lewenswyses, sodat MY GAWES VAN GENADE maar net verwelk het in die mens, terwyl hy wegdryf van sy eindbestemming, naamlik om `n VOLMAAKTE BEELD VAN MYSELF te word, - hierdie ontwrigting sê EK, is die rede waarom EK ELOHIM DIE MEESTER, van tyd tot tyd met geweld moet ingryp in die verloop van gebeure op hierdie Aarde.

27 Maar voordat EK weer sal inmeng, soos wat EK een keer gedoen het met die Groot Vloed, ten einde die duisternis te verhoed om MY HEILIGE ERFLATING heeltemal in die harte van MY aardse kinders te versmoor, sal EK eers die mensdom 'n barmhartige UITSTEL verleen, dus deur MY oneindige LIEFDE EN GENADE, die mensdom 'n laaste kans gun om al die verkeerde dinge te staak en so hulself in die diepte van hulle harte te raadpleeg om so MY HEILIGE EWIGE NALATENSKAP, die geskenk van MY DIE EWIGE LIEFDE, op te spoor en te ontbloot.

28 En probeer verstaan dat die huidige tyd `n UITSTEL en `n vooraf waarskuwing is! Mag die regte lig opkom in julle harte, o mensekinders, wat julle sal toon waarom EK JAHWEH julle hierdie NUWE BYBEL gee as 'n anker van verlossing in die nag en die nood van julle harte, waarin MY GODDELIKE ERFLATING begrawe lê!

29 Lei dus 'n lewe van LIEFDE, sê EK vir julle, want slegs die LIEFDE bring die LIG in die nag van julle hart!

30 Want die nag in julle harte is deur julle eie toedoen en het geen ander oorsaak as julle liefdeloosheid in alle dinge nie. Julle swoeg aan sonder die regte mate van LIEFDE, deur van alles gebruik te maak vir die uitsluitlike doel om julle selfsugtige begeertes te bevredig en nie te dink in terme van suiwer, barmhartige LIEFDE nie, maar deur julle moedswillige eieliefde, saad na saad van die duiwelse onkruid te saai wat opspruit in die vorm van die mees aakligste eienskappe in die mensdom, waarin die hartlike Liefde van MY HEILIGE GODDELIKE ERFLATING heeltemal ontbreek.

31 Hierdie NUWE BYBEL VAN MY GENADE moet dus oor die hele wêreld versprei word om al die KINDERS VAN MY EWIGE LIEFDE in al die volke van die mensdom te bereik, sodat MY HEILIGE ERFLATING in die harte van die mensdom vrygestel kan word, sover as wat dit nog moontlik is.

32 Dit is waarom EK JAHWEH smeek dat elke mensekind deur middel van hierdie NUWE HEILIGE BYBEL VAN MY, van plan sal verander en omdraai na die LIEFDE; om hom te weerhou van dade wat die ware LIEFDE van MY in hom sal onderdruk, maar in plaas daarvan net te doen wat geskik is om die ware LIEFDE in mense se harte aan te steek, om MY HEILIGE ERFLATING vry te laat en te verseker dat die LIEFDE seëvier oor die duiwelse blindheid, sodat die mensdom deur die LIEFDE opwaarts kan begin na die HEMELE VAN MY VOLMAAKTHEID, in stede van om verlore te gaan in 'n helse dood van geil boosheid.

33 DIE MEESTER is van plan om julle harte te beweeg met hierdie NUWE BYBEL deur te vertel dat EK nog altyd die roer van die mensdom se skip in MY hand gehou het en EK nie sal toelaat dat die mensdom in die afgrond van die hel induik nie. Wat EK JAHWEH bring met hierdie NUWE BYBEL as 'n GESKENK VAN MY GENADE aan al die kinders van MY LIEFDE, - voorwaar sê EK JAHWEH - is die hele

LEËR VAN MY HEMELE

wat gereed staan om julle te help om nie 'n speelding van die hel te word nie.

34 EK DIE ALMAGTIGE sê: MY tyd het nog nie gekom om met MY ALMAG in te gryp nie. Om die waarheid te sê, EK verkies eerder om daardie oomblik uit te stel en daarom beroep EK MY tot alle beskikbare middele van die barmhartige LIEFDE deur die GEES VAN MY HEMELE in 'n poging om MY aardse kinders se sintuie na die HEILIGSTE toe te wend, wat deur MY GENADE rustend binne hulself lê.

35 Hierdie tyd op Aarde is werklik 'n TYD VAN GENADE soos wat daar nog nooit was nie. Want MY KONINKRYK VAN LIEFDE, GENADE EN MEDELYE lê wyd oop, deur middel van hierdie NUWE BYBEL aan die ganse mensdom, en wat EK JAHWEH, deur MY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE deurstuur, en wat deur die KRAG VAN MY LIEFDE Sy opruk na hierdie Aarde begin het teen alle hel en nie sal ophou alvorens LIG op Aarde sal heers in die harte van alle mensekinders wat van goeie wil is nie, totdat 'n nuwe Aarde met 'n NUWE MENSSOORT VAN LIEFDE sal juig omdat hulle MY HEILIGE ERFLATING binne hulself opgespoor het en dat hulle op die regte pad is.

36 Julle, kinders van die Aarde, wil nie glo dat julle werklik in staat is om volmaakte dinge soos EK, JULLE ELOHIM EN SKEPPER te bereik nie, en tog hang die waarheid voor julle oë, naamlik dat julle die toerusting het om ware KINDERS VAN ELOHIM te word en op te staan deur MY HEILIGE ERFLATING binne-in julle, om eendag 'n VOLMAAKTE BEELD VAN MYSELF te word.

37 Hierdie vooruitsig behoort jou in staat te stel om deur te breek deur die swaar kleed van jou menslike gewaad en jou te weerhou daarvan om jou selfgeskepte en selfveroorsaakte wêreldse omstandighede te aanvaar, wat jou wel kan laat sê, soos wat baie mense alreeds in hulle blindheid doen: "GOD is dood!" Natuurlik, " is ELOHIM dood" vir hom wat homself met ope arms in die kloue van MY Teenpool werp, en wat dag na dag dieper afgetrek word in buitenste duisternis in, ver van ELOHIM verwyder.

38 Tog sê EK JAHWEH: Niemand kan so diep val en nie redbaar bly in MY lig nie!

39 'n Paar het tog daarin geslaag om die HEILIGE ERFLATING lewend te hou binne hulself, nie net tot voor MY Groot Vloed nie, maar ook voor MY MENSWORDING op Aarde in JAHSHUA DIE GESALFDE. Hierdie haglike situasie het nog voortgegaan, ten spyte van MY BEDIENING, tot aan die WEG VAN DIE KRUIS, waar EK vir die Jode gesê het, wie 'n ander Messias verwag het,

"MY KONINKRYK is nie van hierdie wêreld nie!"

40 Die Jode het verlang na 'n Messias wat hul aardse eis van vryheid en mag sou opneem, maar nie vir MY nie,

DIE MESSIAS VAN DIE HEILIGE GEES,

wat na hulle gekom het vanaf die KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE om in hul hart die EWIGE FUNDAMENTELE WET VAN DIE LIEFDE, waarmee alles in die hele heelal geskep en onderhou word, te anker.

41 MY uitverkore volk Israel moes al lankal begryp het watter wêreld die regte een is, want weer en weer het hulle bewus geword van MY HEILIGE WIL deur middel van hulle profete en was die hoogste van alle gebooie aan hulle geleer:

WEES LIEF VIR ELOHIM BO ALLES,

EN

JOU NAASTE SOOS JOUSELF!

42 Voorwaar, EK JAHWEH, die ewig ALMAGTIGE, het so dikwels probeer om MY uitverkore volk nader aan MY te bring deur sagte LIEFDE en `n lam se geduld, het hulle voortdurend vermaan en onderrig in die basiese gebooie van MY KONINKRYK VAN VOLMAAKTHEID, maar hulle het aangehou sondig teen daardie duidelike EWIGE GEBOOIE VAN MY HEILIGE GEES, - dikwels het hulle verander in `n gruwel voor MY oë, sodat die selfopgelegde gevolg slegs 'n lewe in slawerny van MY Teenpool kon wees. Tog het EK aangehou om hulle te bevry vanuit die selfopgelegde kettings van onderdanigheid en hulle gedurig oorlaai met GAWES VAN MY GENADE, en het hulle opnuut deur noodsaaklike toetse en proewe gelei om hulle volwasse te maak vir die WARE KONINKRYK VAN MY EWIGE LIEFDE.

43 Dit kan dus aanvaar word dat MY volk Israel volwasse moes word om DIE HOOGSTE DOEL op Aarde te bereik, en tog het hulle weer gefaal, en het selfs in die aangesig van hulle ELOHIM in 'n menslike gewaad misluk, het HOM nie herken deur SY HEILIGE WOORDE IN JAHSHUA, DIE VERLOSSER EN MESSIAS nie, maar het bewys dat hulle nie volwasse genoeg was om die DIREKTE GENADE VAN OPENBARING DEUR ELOHIM HOMSELF te herken en te verstaan nie, en in hul onwilligheid om hulle verwagtinge vir hierdie wêreld af te staan, het hulle MY, JAHWEH GEINKARNEER, vasgespyker aan die kruis van wêreldse skande en eerloosheid, en sodoende onwetend die kruis van verbrokkeling en verspreiding onder al die volke van hierdie Aarde aanvaar, deur hulself onder die YSTERWET VAN GEREGTIGHEID VAN MY ORDE te plaas, wat volgens MY WARE LIEFDE alles teruglei na MY, ELOHIM DIE SKEPPER:

DIE WET VAN SONDE EN VERSOENING

44 Kyk, mensekinders van hierdie tyd hier op Aarde, julle is nou in dieselfde situasie as MY uitverkore volk Israel gedurende daardie dae! Want EK JAHWEH het vir bykans tweeduisend jaar profete van MY LIEFDE gestuur om MY HEILIGE WOORD te verkondig hier en daar oor die hele wêreld, en niemand kan sê dat hy nog nooit gehoor het van 'n ELOHIM VAN LIEFDE nie, en diegene wat opsetlik alles verwerp wat van ELOHIM kom, sal binnekort nie meer in staat wees om voor te gee dat hulle nog nooit gehoor het van die STEM VAN DIE MEESTER, HULLE ELOHIM EN SKEPPER nie.

45 Dieselfde gebeur nou as wat dit in daardie dae was toe EK deur MIRIAM, MY MOEDER VAN WELEER, alreeds die menslike gewaad gedra het as die SEUN VAN DIE MENS en hier en daar begin het om in MY HEILIGE WOORD te verskyn. Want EK JAHWEH ELOHIM het weer na hierdie Aarde gekom IN MENSLIKE GEWAAD en verskyn reeds hier en daar deur HAAR IN MY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE, IN WIE EK na hierdie Aarde teruggekeer het.

46 Binnekort sal julle moet bewys - soos die mense van Israel van ouds, - of julle volwasse geword het en MY kan herken IN EN DEUR MY HEILIGE WOORD, of julle bereid is om MY te volg al dan nie, of julle verder gered wil word of verkies om geoordeel te word onder die onverbiddelike en volmaakte doeltreffende WET VAN SONDE EN VERSOENING.

47 Bepeins hierdie baie versigtig voordat julle verder gaan met die lees van hierdie NUWE BYBEL VAN MY LIEFDE EN GENADE en sê aan diegene wat weens hul nalatigheid of roemsug dink dat hulle beter weet en nie die regte aandag aan hierdie NUWE BYBEL wil gee nie, naamlik alles wat baie duidelik daarin gemerk is, sodat niemand later kan ontken dat hy ooit gehoor het van hierdie BYBEL VAN MY GENADE nie.

48 Voorwaar, EK JAHWEH is nie net julle ELOHIM, SKEPPER EN MEESTER nie, maar meer nog julle EWIGE EN HEMELSE VADER. Jy behoort dit reeds te herken deur die feit dat jy vir ewig toegerus is met alles wat jy nodig het van MY. Jy behoort dit ook te herken deur MY HEILIGE STEM, wat nooit opgehou het om met jou te praat nie, maar jy let skaars op, laat staan nog om dit te ontvang. Dat EK jou HEMELSE VADER VAN ONEINDIGE LIEFDE is, word bewys deur die einste vaardigheid waarmee jy MY kan herken, MY volg en MY VADERLIKE HART kan bereik.

49 Vroeër het profete die WEG GEBAAN VIR MY MENSWORDING op Aarde, en 'n aartsengel, in die menslike gewaad van Johannes die Doper, het 'n onmiskenbare getuienis gegee van HOM WIE uit die Hemele gekom het. En elkeen wat 'n suiwer en skoon hart gehad het, kon wel besef WIE na hierdie Aarde gekom het.

50 Vandag is dit die Gees in menslike gewaad Wie in daardie dae aan MY JAHSHUA-SY gewandel het as die ROTS VAN GELOOF WIE, soos van weleer, die SLEUTELS VAN DIE KONINKRYK VAN DIE HEMELE vandag in SY hande hou en diegene na die POORT VAN DIE HEMELE sal lei deur MY HEILIGE WIL, hulle wat MY HEILIGE OPROEP sal volg en gereed is om slegs MY ALLEEN HEILIGE WIL te bereik!

51 EK JAHWEH IS DIE POORT VAN DIE HEMELE MYSELF, hierdie keer op Aarde in MY MOEDER VAN WELEER, MIRIAM, IN WIE EK teruggekeer het na hierdie sondige Aarde om MY HEILIGE BELOFTE na te kom, naamlik dat die koring van die kaf geskei sal word, en die kop van die slang vergruis sal word wanneer EK ELOHIM DIE MEESTER sal sê: "Tot hier toe en nie verder nie!", en MY HEILIGE AMEN sal spreek vir die hele menslike ras.

52 'n TYD VAN GENADE is dus verleen aan al die siele op die Aarde, sodat hulle oor hulle redding kan besluit, hetsy deur na MY kant toe te tree en om gelei te word deur MY HEILIGE ARM, of om met MY Teenpool kant te kies en sodoende onder die OORDEEL te kom.

53 Tog sê EK JAHWEH: Laat dit ver van MY wees om JULLE REGTER te wees, want EK IS LIEFDE, soos wat julle behoort te weet! Maar uit LIEFDE vir haar kinders, kan LIEFDE nie terugstaan en kyk hoe blindheid in duisternis verander in die harte van die mensdom en hoe die LIG VANUIT DIE HEMELE die risiko loop om heeltemal geblus te word nie. Dit is waarom EK JAHWEH, as jul LIEFDEVOLLE HEMELSE VADER, alles sal doen om die ergste te voorkom: DIE OORDEEL.

54 En sodat julle sal weet dat EK slegs LIEFDE is en dat alles wat EK doen, gedoen word uit LIEFDE, gee EK aan julle, KINDERS VAN MY LIEFDE, as julle VADER IN DIE HEMELE EN OP AARDE hierdie;

NUWE BYBEL

Waarin EK MYSELF openbaar as

HY WIE EK IS

VAN EWIGHEID TOT EWIGHEID:

JULLE ELOHIM, MEESTER, SKEPPER,

en

VADER VAN EWIGE LIEFDE

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205