BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die Suiwering van die Hemele

59 Nou, die SFEER VAN VOLMAAKTHEID VAN MY HEILIGE DRIE-EENHEID, of MY KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE - dit is MY HEMELE - was nie geskei van die drie-eenheid sfeer van MY eersgeskape Gees Satana, wat intussen MY Teenpool geword het nie. Dus het die geeste van die twee drie-eenheid sfere sy aan sy gewerk en onder mekaar; ware Liefde en eieliefde het mekaar ontmoet, sodat hierdie situasie in MY Hemele `n toets geword het vir alle geeste wat uit ware, volmaakte Liefde voortgekom het.

60 Ten einde MY sfeer oor te neem en die krag VAN MY VOLMAAKTE EWIGE LIEFDE te breek, en dit tot haar eie sfeer van eieliefde by te voeg, het MY eersgeskape gees Satana 'n tipe leërmag op die been gebring van haar eiewillige liefdesgees, alles vir selfverheerliking en het daarna gestreef om die hele Hemele te wen met al die middele wat gegee was deur die krag en vermoëns wat EK DIE SKEPPER aan haar en haar drie-eenheid sfeer geskenk het.

61 In teenstelling hiermee het die leërskaar van die geeste van die sfere van MY DRIE-EENHEID en van MY SEWE OER-GEESTE gestaan: Almal kinders van MY VOLMAAKTHEID met die HEILIGE WIL om MY DIE SKEPPER en VADER VAN ALLE DINGE, in die VOLMAAKTE LIEFDE te volg.

62 Hierdie "konfrontasie" van die ware, volmaakte Liefde met eieliefde moet nie verstaan word as 'n botsing van sigbare gevegslinies in vegtende slagordes teenoor mekaar nie. Hierdie kontras het geblyk uit al die dade van wilsuiting wat eienskappe van MY VOLMAAKTE LIEFDE en die van Teenpool-liefde oorgedra het. In MY Hemele was hierdie effekte nie so merkbaar soos wat hulle vandag op julle Aarde is nie; hulle het eksperimenteel geestelik vorm aangeneem op 'n wyse waarvan julle op hierdie Aarde geen benul van het nie, want hulle was suiwer geestelike kwaliteitsmerkers. Mens kan hulle ongeveer vergelyk met 'n mens op julle Aarde wat oor hoë verstandelike vaardighede beskik en wat ongelooflike resultate kan toon, maar wat min, indien enige ware hartlike liefdesgevoelens kan toon, en in plaas daarvan 'n afwyking van die suiwer Liefde, wat roemsugtige eieliefde in verwaande hoogmoed is: Verseker om hoog bo al die ander uit te toring.

63 Ware, suiwer LIEFDE wat in diepste nederigheid vibreer, terwyl sy ook weet dat sy niks is en vir niks goed is sonder ELOHIM SE LIEFDE EN GENADE nie, kan nie en sal haar nooit ophef tot selfverheerliking nie, en omdat sy nooit sal probeer om met eieliefde te worstel nie, maar eerder sal poog om haarself uit die verkeerde wending van haar hart te laat kom en haarself terugbring na ware Liefde, sal sy dikwels haarself in 'n oënskynlike nadeel voor die Teenpool-eieliefde bevind.

64 Nou, die KRAG VAN WARE LIEFDE berus op die altyddurende ORDE VAN DIE GODDELIKE SEWE OEREIENSKAPPE in die HEILIGE DRIE-EENHEID wat hulself slegs sal manifesteer wanneer daar die risiko van 'n moontlike nadelige ondergang vir al die kinders van MY Skepping is. Dit is die oomblik wanneer EK DIE MEESTER VAN DIE SKEPPING sal inmeng.

65 Gevolglik het EK DIE MEESTER slegs een keer in MY Hemele ingemeng, toe die Teenpoolsfeer van MY eersgeskape Gees, SATANA so sterk geword het binne MY Skepping, as gevolg van die listige planne van haar eieliefde leërmag, dat die goddelike toestand van Ware Liefde ontsteld was oor die Teenpoolsfeer van selfsugtige Liefde.

66 Tog was MY HEILIGE TUSSENKOMS nie 'n stryd om mag of 'n oorlog volgens die menslike sin van die woord nie, maar slegs 'n onttrekking van MY GENADE van diegene wat, ten spyte van MY LIEFDE se oneindige geduld, nie bereid was om vir hulself die verkeerdheid van hul voorneme te erken nie.

67 Hierdie onttrekking van MY GENADE het in die eerste plek vir al die geeste van die Teenpoolsfeer die verlies van die EWIGE LIG van MY EWIGE LIEFDE beteken, wat 'n val van die LIG VAN EWIGE LIEFDE na die duisternis beteken het!

68 Selfgekose en selfveroorsaak was hierdie val na ligloosheid, in duisternis in; want gedurende die hele evolusie van die intrede van MY EERS-GESKAPE GEES SATANA in hierdie val in die duisternis in, in `n tydsverloop wat geensins in terme van aardse tyd bereken kan word nie, het EK nooit opgehou met vermanings vanuit MY LIEFDE EN GENADE tot beïnvloeding van die gevalle geeste om weg te breek van eieliefde nie.

69 Hierdie hemelse terugblik was nodig vir hierdie Bybel hoofstuk oor die ware huwelik, ten einde die redes te verstaan en te aanvaar vir die skepping van man en vrou op hierdie Aarde van verlossing deur MY Barmhartigheid. Want nou eers het julle geleer hoe en waarom eieliefde in MY Skepping verskyn het as 'n Teenpoolontwikkeling teenoor ware volmaakte Liefde en hoe sy ontwikkel het- nie net as 'n Teenpoolkrag teen MY ALMAG nie, maar selfs as 'n Teenpoolsfeer soortgelyk aan MY KONINKRYK VAN ONEINDIGHEID EN EWIGHEID.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205