BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die Gevolge van Onvergeefde en Onafgeloste Sondes / Verspreiding van Onrein Gedagtes en Misdrywe / Vermyding van Oorloë / Die Wapenrusting van Liefde / Ellende van Siele in die Sfere van Verlossing / Suiwering van die Aarde van alle Sondes / Hoe die MEESTER sal Beskerm

22 Almal van julle wat julleself Christene noem volgens MY HEILIGE NAAM, JAHSHUA CHRISTUS (DIE GESALFDE), DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA, ken beslis MY JAHSHUA-GEBED waarin EK DIE MEESTER onderrig gegee het gedurende MY tyd op Aarde aan MY dissipels wat MY gevra hoe hulle moet bid: DIE MEESTER SE GEBED.

23 Sekerlik het julle dikwels hierdie GEBED VAN DIE MEESTER gebid, maar hoe het julle dit toegepas teenoor julle naaste in julle daaglikse lewe? O, Kinders van MY Liefde, het julle dit julle riglyn gemaak om alleenlik op te tree op die wyse wat julle noem in die MEESTER SE GEBED:

En vergewe ons die verkeerde wat ons gedoen het,

soos ons dié wat onreg aan ons gedoen het, vergewe!

24 Dit is met die MEESTER SE GEBED net soos met MY HEILIGE GEBOD: "wees vir ELOHIM lief bo alles en jou naaste soos jouself!" Net soos hierdie gebod die volle heilige omvang van die ware en volmaakte Liefde bevat, so is ook die hele spektrum van die REGVERDIGE WET VAN SONDE EN VERSOENING vervat in hierdie enkele sin van die MEESTER se gebed:

25 "Vergewe ons ons oortredinge soos ons ook ons broers vergewe wat oortree het jeens ons!" soos EK dit onderrig het in daardie dae en soos EK DIE MEESTER dit ook aan MY skrywer gedikteer het.

26 As julle, MY mensekinders, hierdie eenvoudige sin van die MEESTER SE GEBED net gebid en toegepas het volgens MY HEILIGE WIL, dan sou die hele mensdom binne 'n kort tyd sonder sonde gewees het!

27 Nou vra EK DIE MEESTER julle:

28 Wie onder julle bid elke oggend hierdie sin van die MEESTER SE GEBED met die volle oortuiging van sy hart, om die nodige krag te verkry om dienooreenkomstig op te tree? Wie vra homself elke oggend: Wat moet ek vandag doen om diegene te vergewe wat onreg gedoen het aan my? Kan ek elke aand voor MY ELOHIM EN SKEPPER staan en met 'n rein hart bid en vra om vergewe te word vir my onreg en swakhede, nadat ek nie meer my broeders s'n sien nie, omdat ek hulle vergewe het?

29 Besef julle dan nie, Kinders van MY Liefde, dat daar geen sin is in die gestamel van lippegebede nie, maar eerder om met 'n vurige hart te bid; dat dit min saak maak om 'n goeie kerkganger te wees, tensy 'n mens die ware kerk in 'n mens se hart opgerig het; en dat dit egter 'n saak van uiterste belang vir elke mensekind is om 'n TEMPEL VAN MY HEILIGE GEES te word!

30 Die onnadenkendheid waarmee julle gebid het en DIE MEESTER SE GEBED tot dusver geïmplementeer het, o mensekinders, kon geen resultaat lewer nie en 'n sonde kan nie vergewe word of verlos word nie!

31 Met die MEESTER SE GEBED, het EK DIE MEESTER, julle 'n gebed gegee wat - indien met die ernstigste drang van julle hart gespreek - MY onmiddellik bereik, net soos die aanskakel van 'n skakelaar om die kragte van `n elektriese stroom in te span.

32 Hou in gedagte dat 'n gebed op geen manier 'n oefening van aanbidding moet wees nie, maar 'n geestelike werklikheid pogend om met MY ELOHIM DIE SKEPPER te kommunikeer! Niemand kan opgaan na MY KONINKRYK VAN VOLMAAKTHEID deur eerbiedige seremonies nie, maar slegs deur dade van barmhartige en vergewende LIEFDE.

33 Poog dus om met alle erns op te maak vir alles wat julle tot dusver gemis het!

34 Maak vinnig reg, Kinders van MY Liefde, wanneer en wat julle ookal het om te vergewe teenoor diegene wat julle verontreg het, en bid ook so vir alle broers, beide in die stilte van julle hart in 'n geestelike dialoog en in die werklike lewe as dit nog moontlik is, om julle te vergewe vir die verkeerde wat julle gedoen het, selfs al is dit slegs in die gees!

35 As julle aanvaar om dit te doen, sal julle inderdaad 'n geestelike proses van suiwering vir julle eie redding en vir die ganse mensdom begin, waardeur die situasie van hierdie Aarde dan moet verander.

36 Moenie voorgee om nie te weet wat om te vergewe of om vergifnis voor te vra nie! Of verwag jy dat EK DIE MAJESTEIT EN MEESTER VAN ALLE SIELE die donker sondige aspekte van jou siel moet ontbloot?

37 As EK julle sou toelaat om 'n kykie te kry in die oseaan van onvergeefde en onverloste sondes waarin die sondes van die mensdom aanhoudend in groot strome invloei, sê EK DIE MEESTER vir julle: Julle sal dit nie kan verdra nie en sal dadelik op grond van die verstikkende stank van sondes vergaan! Tog moet EK DIE MEESTER, julle ELOHIM EN SKEPPER hierdie see van sondes duld en kyk hoe die Kinders van MY Liefde, nie net vlug van MY HEILIGE STEM EN LIEFDE nie, maar voortgaan om sonde op sonde in die oseaan te stort! En het EK nie nou aan julle 'n sluishek met hierdie NUWE BYBEL gegee om die stygende gety mee te stuit nie, sou die golwe van sondigheid oor julle gebreek het, en EK sê vir julle, soos die VERDERF - hierdie selftoegediende laaste OORDEEL, sê EK DIE MEESTER - as julle nie gereed is om daardie stroom van sondes vinnig te stuit nie!

38 Moenie `n oomblik huiwer om MY HEILIGE ADVIES te volg nie en sluit die vloedsluise van julle sondes en oortredinge dadelik agter julle, deur vergifnis te vra vir alles wat julle gepleeg het wat nie kan standhou voor MY HEILIGE AANGESIG nie, of wat nie MY KONINKRYK VAN VOLMAAKTHEID kan betree nie, maar in stede vermeerder, - sondes wat sondes verwek, MY Teenpool se oseaan van leed!

39 Deur vergifnis te vra, herroep julle julle sondes en oortredinge, waardeur julle dit in hul vermenigvuldiging stuit, waarna dit deur MY GENADE ontbind kan word en vir altyd verlos word.

40 Herroep daardie gedagtes van julle wat nadelig was vir ander, of selfs `n hele groep mense en wat nie anders kan as om in skadelikheid voort te gaan nie, aangesien dit vermenigvuldig soos die kwaadaardigste kieme en benadeel nie net by die plek en tyd van oorsprong nie, maar selfs meer so deur die proses van hul vermenigvuldiging en gevolglike groeikrag, met die risiko om seer te maak, ja, om geslagte mense te vernietig; en selfs totale volke!

41 So was dit by talle geleenthede die geval in julle geskiedenis, maar is steeds vandag nog die geval onder julle, tot 'n skrikwekkende mate, en sal aangaan tot julle eie verderf, tensy julle die proses van julle sondige gedagtes onmiddellik staak!

42 Wanneer julle naaste, of `n aangrensende gemeenskap, die voorwerp gemaak word van, of vervolg word met gedagtes van verwerping, afguns of wraak uit blinde eieliefde, jaloesie of gierigheid, sal dit die volgende hoër graad van boosheid aktiveer, naamlik haat, dan afsku en weersin, as dit nie ontaard in al die helse vorme van twis en oorlogvoering nie.

43 Sedert die begin van die mensdom, het MY HEILIGE GEBOOIE gewaarsku teen die geestelike verspreiding van boosheid, byvoorbeeld deur middel van vervloeking, soos Ek julle dikwels vermaan het, o mense, deur hoë liggeeste wat onder julle woon.

44 Wanneer weggeroep vanaf hierdie Aarde van beproewing en verlossing, wanneer 'n siel losgemaak word van haar menslike liggaam, dan en dan alleen kan sy eers sien watter helse oorlas haar sondige gedagtes veroorsaak het, en nog meer so haar dade! Jy sal dan besef watter geweldige skade veroorsaak is wat jy op hierdie nuwe trap van jou volwassewording sal konfronteer waartoe jy jouself gebring het! Jy sal in een van die ontelbare huise wees wat EK in JAHSHUA DIE GESALFDE na verwys het en wat byna elke aand in die sterrehemel gesien kan word.

45 As julle dan nou nie daardie bitter stappe wil neem oor byna eindelose periodes van tye nie, maar reeds tydens hierdie aardse lewe van verlossing, klim omhoog na MY HEILIGE VADERLIKE HART IN MY KONINKRYK VAN DIE REDDING EN VOLMAAKTHEID, volg MY HEILIGE RAAD en vra dadelik vergifnis vir al julle sondes, om so die selfvoortspruitende vloed van sondigheid dadelik halt te roep!

46 Met al julle mag moet julle die deur van sonde toeslaan, indien julle in die kortste tyd moontlik die direkte weg na MY wil aflê, soos aangedui in hierdie NUWE BYBEL, ten einde die smal POORT VAN MY HEMELE sondeloos te bereik vir toelating.

47 Dit beteken, Kinders van MY Liefde, dat julle sonder uitsondering almal in alle erns moet vergewe, watter verkeerdheid hy ookal teenoor jou begaan het, maak nie saak of hy nog leef onder julle hier op aarde, en of hy reeds geroep is vanaf hierdie Aarde van verlossing nie. En die erns van kwytskelding impliseer dat 'n finale streep getrek word op enige skuld van julle kwaaddoeners, nie enigsins langer 'n woord daaroor gemors word nie, of toelaat dat 'n gedagte vorm aanneem in julle gedagtes oor wat plaasgevind het nie, om niks te sê van enige wraakgierige daad teen die skuldige nie, want alles moet in die sand geskryf word vir tyd en ewigheid.

48 Want sonder so `n volle kwytskelding en vergifnis, kan julle nooit, nooit kwytgeskeld word en ook vergifnis vir julleself verkry nie, net soos sonder hierdie vergifnis julle ook nooit gered kan word van die bose nie, soos julle so dikwels gebid het aan die einde van die MEESTER SE GEBED.

49 En EK DIE MEESTER sal herhaal: Wees nie so selfvoldaan om te glo dat julle sonder gebrek of skuld is nie; in werklikheid het niemand julle nog vergewe, so lank as wat EK DIE MEESTER, julle nie vergewe het nie. Julle kan nie staatmaak op 'n gevestigde gesag, soos 'n aanmatigende kerk wat beweer om by MY die reg gekry het om sondes te vergewe nie. Let daarop dat niemand op die Aarde deur MY DIE MEESTER aangewys is om namens MY, MY aardse kinders se misdade en sondes te vergewe nie! Niemand nie, sê EK DIE MEESTER, want dit kan alleen gedoen word deur MY DIE MEESTER!

50 Slegs per geleenthede waar EK eens in JAHSHUA DIE GESALFDE verskyn het, het EK sondes kwytgeskeld en vergewe, soos julle weet, en vandag vergewe en skeld Ek sondes vry waar ookal EK DIE MEESTER in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE verskyn, indien dit MY wil is.

51 Ten einde deel te hê aan so 'n geleentheid van GENADE moet jy een ding doen nadat jy al jou broers vergewe en kwytgeskeld het uit die diepte van jou hart, naamlik - roep MY aan in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE in die stilte van jou hart - en lê al jou foute aan MY voete, biddend tot MY in 'n mees opregte gebed vanuit jou hart om vergifnis en om die oortredinge van jou Boek van die Lewe uit te wis. Wanneer EK DIE MEESTER so 'n opregte poging binne 'n hart sien, kan dit gebeur dat die oomblik aanbreek wanneer die mensekind in belydenis voor MY, in MY MOEDER VAN WELEER MIRIAM, die innerlike oortuiging bereik dat al sy skuld uitgewis is vir tyd en ewigheid.

52 Geen oorlog kan ooit met wapens voorkom word nie; alleenlik deur die reiniging van alle sondige gedagtes, rakende die hele lewensfeer van hierdie ster "Aarde", kan oorlogvoering vermy word en heeltemal uitgeskakel word! Om vrede in die wêreld te probeer vestig op sterkte van 'n wapenwedloop, is absurd, aangesien die sondige gedagtes wat instrumenteel was in die maak van daardie middele van vernietiging, reeds die mees grusame geestelike oorlog voer, voordat die wapens in werking gestel word en sal vroeër of later lei tot oorlog in sy materiële werklikheid as 'n selfaanleidende Oordeel.

53 Hierdie yster waarheid lê in MY JAHSHUA-WOORD wat eens kortliks gerig is aan MY ROTS PETRUS, naamlik dat "almal wat die swaard neem, deur die swaard sal sterwe".

54 Trek die WAPENUITRUSTING VAN LIEFDE aan, omgord julle met die geestelike SWAARD VAN MY EWIGE GEREGTIGHEID EN VOLMAAKTHEID en sny daarmee alles uit wat sondig is binne en rondom jouself, beide in gedagtes en dade! Dan, en slegs dan sal EWIGE VREDE 'n werklikheid word onder julle, in beide klein en groot dinge!

55 Smeek dus alle siele, beide die wat in hierdie wêreld geïnkarneer is en die wat bestaan in die gindse geestelike koninkryk, wat geraak was deur 'n gedagteproses van julle wat nie deur suiwer Liefde geïnspireer was nie, om julle te vergewe en kwyt te skeld; vra veral om vergifnis teenoor daardie siele in die geestelike sfere, wat julle gedurende vorige lewens verontreg het, selfs al dra julle geen kennis daarvan in hierdie inkarnasie nie, sodat julle sondes heeltemal onder beheer kom, en EK DIE MEESTER en MEESTER VAN ALLE SIELE sal julle gebed en smekende gedagtes van berou rig aan alle relevante siele, sodat julle bevry kan word van enige skuld in hierdie en vorige lewens.

56 Sluit in julle kwytskeldingsgebede, met die volste en diepste erns, van julle berou teenoor daardie siele wie se toegang julle afgesny het vir 'n verlossende lewe op Aarde, deur opsetlik in die wet van menslike vrugbaarheid en voortplanting te breek; want dit is 'n verskriklike misstap voor die HEILIGE AANGESIG van julle SKEPPER. Die getal van hierdie klaende siele het nou oneindigheid bereik; versoek dus nie net dat hulle julle sondes sal vergewe nie, maar as dit jou betrek, vra ook vir MY SEEN vir hierdie siele in diepe berouvolle gebede, sodat hulle nog 'n kans vir 'n verlossende lewe op Aarde gegee kan word en hulle sal julle ontwikkeling op Aarde nie meer belemmer nie!

57 En plaas in julle gebede om begenadiging, wat ookal die oorsaak mag wees, die besliste onderneming, deur julle oë op te hef na MY in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, om voortaan nie meer terug te val na julle voormalige verkeerde weë nie, en om op te hou sondig voor MY HEILIGE AANGESIG!

58 Hou altyd in gedagte wat sondig is. EK DIE MEESTER sal dit vervolgens in alle duidelikheid aan julle verduidelik:

59 MY EWIGE VOLMAAKTHEID - as ELOHIM, SKEPPER EN MEESTER, sowel as julle HEMELSE VADER - is 'n geestelike organisme met 'n eindelose en vir ewig aktiewe lewenskrag. Julle, o mense, as KINDERS volgens MY Beeld is in hierdie GEESTELIKE ORGANISME VAN MY, eindelose en ewiglik veranderende skeppende organismes, onlosmaaklik gewortel in MY EWIGE VOLMAAKTHEID, wat aanhoudend EWIGE LEWE daaruit trek, en steeds ontwikkel na hoër lewe op sterkte van MY EWIGE LIEFDE EN GENADE.

60 Daarom behoort dit inderdaad nie moeilik te wees om te sien dat die geringste afwyking van MY VOLMAAKTHEID, waardeur jy vir ewig lewe en handel, 'n skending is van dieselfde volmaaktheid wat jou in stand hou; dus is 'n skending van hierdie volmaaktheid ook teenproduktief vir jouself, aangesien jy `n integrerende deel van hierdie volmaaktheid is. Dit is waarom 'n oortreding nie net MY VOLMAAKTHEID in gevaar stel nie, maar ook vir jouself skadelik is.

61 So lank as wat 'n misdryf uit pure onkunde gepleeg word, is dit in MY oë niks meer as dwaasheid nie. Maar wanneer dit doelbewus gepleeg word en met die oog om MY GEBOOIE, wat VOLMAAKTHEID waarborg, te ontduik, is so 'n misdryf 'n SONDE!

62 Nou kan julle duidelik sien wat 'n SONDE is! Hou tog die gevolg van sonde in gedagte, wat julle begin as julle sondig! Dit is die teenoorgestelde van EWIGE LEWE, naamlik DOOD!

63 Want die EWIGE LEWE is slegs moontlik deur VOLMAAKTHEID uit MY! EWIGHEID EN VOLMAAKTHEID is EEN en vorm saam met EINDELOOSHEID 'n HEILIGE DRIE-EENHEID!

64 SONDE, wat egter afwyk van volmaaktheid, kan deur die verontagsaming van MY HEILIGE GEBOOIE, niks meer doen nie as om verganklikheid te produseer wat dood uitbroei nie!

65 Dit is die rede waarom MY apostel Paulus baie korrek geleer het dat die loon van sonde die dood is!

66 As julle mensekinders dus nie wil insien dat die wegdoen van sondigheid die voorvereiste vir die vorming van 'n beter wêreld is nie, is julle onnosel en hierdie aardse lewe van julle sal definitief verbeur word deur julle selftoegediende OORDEEL, wat julle dood sal meebring. Julle is dit alleen aan MY GENADE verskuldig dat julle dood nie julle uitwissing is nie, maar slegs julle inkarnasie in 'n ander sfeer van volwassewording, wat deur MY Genade 'n sfeer van rehabilitasie is vir elke stompsinnige en onwillige menslike siel, totdat so 'n tyd weer deur MY GENADE aanbreek vir die opening van `n nuwe weg tot `n nuwe lewe van verlossing.

67


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205