BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Lewe en die siel, die Gawes van MY GENADE.

94 Voordat jy egter hierdie openbaring kan verstaan met jou sintuie wat al te veel vasgevang is in wat ookal jou goddelose wêreldse wysheid jou laat glo, is dit noodsaaklik vir julle mensekinders van hierdie tyd, om te leer wat `n menslike geboorte eintlik is.

95 Eerstens, die geboorte van 'n menslike kind is onmoontlik sonder MY HEILIGE GEES, die gewer van alle lewe, onontbeerlik om 'n menslike liggaam te pas met 'n lewende siel, en dit toe te rus met 'n GODDELIKE VONK waardeur die kind alleenlik sy gehalte van "menswees" geskenk word, of anders sou EK nooit vir Moses aangesê het om vir die Bybel te skryf dat die mens na MY Beeld en Gelykenis geskep is nie.

96 Wat die mens doen vir die geboorte van 'n kind, is maar 'n sekondêre proses, en tog is dit 'n WET VAN GENADE vanuit MY LIEFDE wat hom in staat stel om indirek 'n mede-skepper te word. Die behoefte vir twee wesenlik verskillende faktore om in die proses verbind te word is 'n verdere DAAD VAN GENADE, naamlik dat die SUIWER LIEFDE, wat ontstaan uit die Hemele, maar wat later deur die val besoedel is, wel die hemelse sedelike oorwig kan herwin in die menslike geslagsgemeenskap sover as wat die egpaar 'n hemelse aspek in hul vereniging plaas deur hulle benadering tot en voltrekking van die daad.

97 Hierdie hemelse aspek sal slegs verkry word indien beide in alle reinheid na MY, HUL ELOHIM EN SKEPPER sal opkyk, aangesien die sap van MY HEILIGE GEES slegs daardeur getap kan word, wat Hemelse SUIWERHEID en KWALITEITE kan veroorsaak om aktief in die daad te word. Andersins sal die fundamentele stroom van MY HEILIGE GEES, onontbeerlik vir enige lewende menslike wese, meng met die negatiewe sensuele vloeistowwe uit die wêreld van MY Teenpool.

98 Dus kan julle self sien hoe ver julle geroep is om wesenlike mede-skeppers van die ware lewe in MY Skepping te wees, en dat julle die hoë verantwoordelikheid wat julle verkry het, moet waardeer en moet aanvaar, aangesien dit van julle afhang om `n kind se lewe voor te berei om goed te ontwikkel, - minder goed of sleg.

99 LEWE in die nuut ontwikkelende kind rus in MY HAND alleen en is 'n GAWE VAN JULLE ELOHIM EN SKEPPER wat EK alleen kan gee. Die LEWENDE SIEL van `n nuwe menslike wese is terselfdertyd `n GESKENK VAN MY GENADE, maar in hierdie geval word julle ook betrek, omdat dit slegs van julle afhang watter soort siel EK DIE MEESTER sal inkarneer in die verwekkingsproses van twee verenigde partye. Oorweeg hierdie inligting baie versigtig en oordink dit ernstig in jou hart!

100 Miskien word julle nou bewus, o mensekinders van hierdie Aarde, van die feit dat julle tydens die oomblik van geslagsgemeenskap, reeds die lot verseël het van 'n siel in 'n nuwe mens; inderdaad, volgens MY HEILIGE WIL, slegs 'n paar oomblikke na 'n normale en gesonde verbinding word 'n siel reeds gegee aan die verenigende paar, of as 'n GESKENK VAN MY GENADE, of as 'n GESKENK VAN MY BARMHARTIGHEID. Dit sal 'n GESKENK VAN MY GENADE wees as die LIEFDE van die paarmaats ten minste `n sweempie van Goddelike eienskappe toon, hoe groter en wonderliker die LIEFDE vir MY, hoe groter en wonderliker kan MY GENADE wees. Dit sal 'n genadige geskenk van MY LIEFDE wees wanneer die paartjie geen ander doel het as eieliefde nie, wat maar altyd slegs een resultaat lewer, naamlik 'n sterker onderdanigheid aan die onheilige kwaliteite van MY Teenpool! En tog stel EK JAHWEH met MY BARMHARTIGHEID almal tevrede wat in uitsluitlike eieliefde gemeenskap het, deur vir hulle uit die Koninkryk van die gevalle siele, `n siel vir 'n nuwe kind te kies wat die mees geskikte meting sal wees vir die graad van ouerlike liefde en 'n toets vir hul ware vordering.

101 Daar is egter 'n uitsondering hierop wat nie willekeurig is nie, maar wat die saak van verlossing dien. Hierdie uitsondering is gebaseer op 'n HEMELSE ASPEK VAN OPOFFERING, wat net 'n groot gees van MY Hemele in staat is om aan te pak, deur die menslike lewe in te gaan, ten einde 'n swaar skuldgeteisterde siel te red van die onbreekbare harde Wet van Sonde en Versoening, om haar te red vir MY Hemele. Hierdie besondere aspek sal elders in die komende volumes van hierdie nuwe Bybel opgeneem word.

102 Op hierdie stadium is dit belangrik vir julle om te weet dat julle mensekinders 'n gesamentlike verantwoordelikheid het in die skeppingsproses en ontwikkeling van nuwe lewe op hierdie Aarde en dat sonder MY GENADE en BARMHARTIGHEID, geen LEWE, nog minder die geskenk van 'n lewende SIEL aan die mens, moontlik sou wees nie.

103 Die feit dat die GAWE VAN `N SIEL deur MY GENADE, kort na die geslagsgemeenskap van twee menslike maats plaasvind, as die noukeurige voltooiing van 'n onveranderlike skeppingsproses wat lei tot 'n nuwe mens, is nie net bedoel om vir jou 'n nuwe vooruitsig oop te maak nie, maar ook om as 'n impuls te dien om te streef na MY GENADE in suiwer hemelse LIEFDE, dus om 'n nuwe menslike ras te skep, waarin die LIG VAN MY HEMELE sal skyn en niks meer prooi sal val vir die onpeilbare duisternis nie.

104 Reeds op hierdie stadium is dit maklik om te besef, net op grond van hierdie aanvanklike openbaring oor die menslike lewe, op watter duiwelse aspekte die heersende opvattings oor geboorte en lewe gegrond word, wat die DAAD VAN BARMHARTIGHEID VAN HIERDIE NUWE BYBEL op sigself noodsaaklik gemaak het.

105 Hoe dit ookal sy, wanneer julle deur MY GENADE nog verder bekendgestel sal word aan die geheimenisse van die lewe en julle meer sal hoor oor die samestelling en die ingewikkeldheid van die siel, sal julle sidder oor julleself en die las van julle verantwoordelikheid vir ware lewe. Julle sal dan besef dat die lewe heilig word, die oomblik wanneer julle in ware suiwer Liefde begin opkyk na MY, JULLE SKEPPER. Terselfdertyd sal julle paniekerig word met die gedagte van hoe meer of minder verkwistend julle so ver met julle lewe was, met die netto resultaat dat, in plaas van om in die hemelse sfeer te lewe, die meeste van julle die riole verkies het.

106 Wees daarom verheug oor wat hierdie NUWE BYBEL ookal aan julle sal openbaar, maar wees vir tyd en wyl tevrede met wat EK JAHWEH julle in hierdie eerste volume as 'n Hemelse inleiding gee en verwag groot dinge wat ten doel het om jou lewe en wese te verander.

107 Wat julle o menskinders, ookal bydra vanuit julleself tot die ontluikende lewe is slegs julle wil, wat afstam van die wonderlike eienskap van MYSELF, naamlik die volkome vrye wil, wat in julle geval geneig is om maar net in een rigting te gaan, naamlik om julle eieliefde te bevredig, wat voor MY, ELOHIM EN SKEPPER - WIE suiwer LIEFDE is in wat HY ookal doen - niks meer is as 'n primitiewe drang van selfvoldaanheid om maar te doen wat die selfsugtige, plesiersoekende siel komplimenteer nie.

108 Selfs dit wat blyk jou eie bestanddeel te wees, naamlik die vermenigvuldiging en groei van saad vir voortplanting aan die manlike kant, en aan die vroulike kant, die ontwikkelende menslike vrug wat die liggaam vir 'n nuwe mens vorm, is weer net GAWES VAN MY SKEPPING aan julle, o mensekinders, wat die produk van 'n voorlopige, tot nou nog vir julle ondenkbare proses is, ontwikkel vanuit eindelose, komplimentêre kreatiewe bevindinge van MY WYSHEID.

109 Vir hierdie aardse boumateriale van die menslike liggaam, wat na MY EIE BEELD EN GELYKENIS gevorm word, die krag wat baie fyn in die voortplantingsaad geplaas is- is Liefdeskeppings van MY ONDEURGRONDELIKE WYSHEID, tog het hulle nie ontstaan vanuit MY aanvanklike KREATIEWE WIL nie, maar stam van die dringende noodsaaklikheid af om te voorkom dat julle gevalle gees, wat eens van MY EWIGE KONINKRYK VAN LIEFDE weggedraai het, te red van `n onverlossende val na die ewige dood.

110 EK JAHWEH het julle afkerige en vyandige gees laat val deur julle vrye wilskrag, tot by die uiterste beperking van redding en terugkeer. EK het slegs ingegryp toe julle verblinde gees ook hierdie moontlikheid verkwis het en nie meer oop was om te redeneer nie. Die val van julle gees het so ver gegaan, dat niemand anders behalwe EK DIE SKEPPER nog binne-in julle gees die spore van die lewe vanuit MY kon herken. Dit was die droefgeestige toestand van duisternis en bestemming van julle verblinde gees – wat eens vanuit MY ontstaan het!

111 Uit so 'n diep gevalle Gees kon slegs boustene sonder 'n duidelike lewensbewustheid geneem word vir die redding en terugkeer na die voormalige hemelse toestand, of ten minste met so 'n bietjie lewenskrag, dat nóg 'n menslike vormboukrag, nóg 'n voortplantingslewenskrag, opgemerk kon word. Dit was die laagste graad van geestelike lewenskrag.

112 EK DIE SKEPPER was dus daartoe gelei om een van die grootste wonders te skep, om so 'n diep gevalle Gees tot 'n nuwe geestelike lewe op te wek en te reël vir die moontlike terugkeer na sy verlore hemelse vaderland, dit is MY KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE, wat ontstaan het uit die HEILIGE GEES VAN EWIGE VOLMAAKTHEID!

113 Dienooreenkomstig het EK DIE MEESTER

DIE WONDER VAN DIE SIEL geskep,

`N TUSSENTYDSE REALM

VAN ONEINDIGE WONDERS

tussen

MY HEILIGE GEES

VAN VOLMAAKTHEID

en

die gevalle gees vanuit MY.

114 Ten spyte van al die wonders wat tot dusver verseël en onverstaanbaar gebly het vir julle, is hierdie koninkryk van die siel slegs 'n asem van die skepping, maar hierdie asem van MY LIEFDE moes 'n belangrike kenmerk van MY HEILIGE GEES bevat sowel as die somtotaal van al die eienskappe van die gevalle gees, as die laasgenoemde enigsins sou kon terugkeer na sy hemelse oorsprong en niks blootgestel sou bly aan die ewige dood en sy waardeloosheid nie.

115 'n Weergalose wonder – dit sal julle hopelik erken as julle enigsins nog 'n sin vir JULLE ELOHIM EN SKEPPER SE WERK het! EK gaan voort met MY openbaring in die hoop dat onder die honderde duisende van vandag se lewende menslike siele, daar hier en daar tenminste een of meer helderder siele is wat, danksy hierdie OPENBARINGE VAN MY LIEFDE EN GENADE, sal poog om 'n dieper selfbegrip te bereik!

116 Vir HIERDIE WONDER VAN DIE SIEL om voldoende lewenskrag te kon bymekaarmaak om die proses van terugkeer van die gevalle gees te bewerkstellig, moes die ASEM VAN EWIGE LEWE vanaf MY in die SIEL geplaas word.

117 Tog was dit nie genoeg nie; vir die terugkeerproses van die gevalle gees moes die SIEL bevestig word met 'n groot verskeidenheid funksionele en evolutiewe stelsels – waarvan baie min tot nou toe bekend is aan julle soekende mensdom - om al die gewese oneindige vermoëns en eienaardighede wat onttrek is van die `gevalle gees' weer te laat herleef, wat byna verdwyn het en waarvan slegs `n sweempie van oor was.

118 Ten slotte was dit ook nodig om in die siel die wonderlikste eienskap van MY te anker, wat eens geskep het en nou alles onderhou, en WIE alleen die herklim stap vir stap moontlik kon maak, naamlik die LIEFDE. Want wat sou 'n siel sonder Liefde gewees het? 'n Siel sonder Liefde sal minder wees as die ellendigste stuk verrotte hout.

119 Maar selfs met MY LIEFDE sou 'n SIEL nie in staat gewees het om die finale doel te bereik naamlik vir die gevalle gees om terug te keer na MY HEMELSE KONINKRYK VAN VOLMAAKTHEID nie, as EK nie ook

BINNE-IN DIE SIEL

'N VONK VAN GENADE

VAN MY EWIGE SELF

NAAMLIK

'N ERFLATING VAN MY GODDELIKE SELF

geplaas het nie, waardeur 'n siel alleenlik bewus kan raak van haar goddelike bestemming en hard daarna kon streef om met MY te verenig.

120 'n Siel bestaan dus uit alles wat nodig is om die gevalle gees terug te bring na MY DIE SKEPPER, haar ELOHIM EN VADER. Dit bevat alles, vanaf die geringste krag van die gevalle gees tot die HEILIGE GODDELIKE VONK VAN MY EIE SELF en kan, danksy die gehalte vanuit MYSELF daaraan verleen, vir ewig leef en kan dus beslis die doel bereik wat EK vir haar gestel het, selfs al sou dit oneindige lang tye neem. Die doel sal bereik word, sowaar as wat EK ELOHIM, DIE MEESTER, DIE SKEPPER EN DIE EWIGE WYSHEID is: Elke gevalle gees sal weer na MY terugkeer! Dit mag dalk selfs vroeër as in die verste ewigheid gebeur, as julle mensekinders begin om MY werklik lief te hê en begin bewus raak van waar julle gekom het en met hoeveel LIEFDE EN GENADE EK DIE MEESTER julle aantrek en julle weë lei.

121 Hierdie openbaring het julle die wonderlike werking van die siel getoon, waardeur elkeen wat nog nie so dood in sy gees is soos die diepste gevalle gees nie, behoort te verstaan dat wonders op wonders van MY GENADE-LIEFDE hom deurdring en omring en dat dit inderdaad hoog tyd is dat hy MY SY SKEPPER sal liefhê met die volle ywer van sy hart, sodat hy gelei kan word deur MY GENADE na sy ware bestemming en om deel te neem aan MY EWIGE KONINKRYK VAN VOLMAAKTHEID.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205