BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Ware betekenis van die plek "Armageddon" / Die moeder van die hoere / Die vorige en die huidige Babilon

196 Julle, MY mensekinders, wat die heilige waarhede van hierdie NUWE BYBEL angegryp het en bereid is om MY HEILIGE ARM IN MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE vir die res van julle lewe te neem, sal hierdie GODDELIKE KRAG nodig hê, nie net vir julle opwaartse klim nie, maar ook om as MY dissipels die komende gebeure onvermoeid in MY HEILIGE GEES te weerstaan en te oorwin,

197 wanneer die onvermydelike oordeel - as die laaste barensweë voor die koms van die NUWE JERUSALEM - die mensdom sal teister, terwyl die Aarde geskud sal moet word deur bewings, aangesien die groot bekering van MY mensekinders gefaal het om te voldoen aan verwagtinge wat gegrond was op die GAWES VAN GENADE, wat oorvloedig gegee was aan julle deur JULLE ELOHIM EN MEESTER, JULLE HEMELSE VADER JAHSHUA.

198 Inderdaad sal hierdie NUWE BYBEL reeds daardie GAWES VAN GENADE versprei het, wanneer die groot dag, wat EK JAHWEH vroeër genoem het, sal plaasvind wanneer slegs 'n klein fraksie van MY mensekinders MY IN MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE sal volg.

199 Hierdie oomblik was ook deur MY Johannes gevisualiseer en kan opgespoor word in sy Openbaring:

16 "En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.

17 En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en 'n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!

18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het 'n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie—so 'n geweldige groot aardbewing."

(Openbaring aan Johannes 16:16-18)

200 Die geestelike sin van hierdie visioen het te doen met die mees ontstellende feit dat die meerderheid van mense, ten spyte van al die GAWES VAN GENADE en praktiese gebooie van hul ELOHIM EN SKEPPER, nie gereed is om die ware pad wat bevorderlik is vir hul eie werklike opwaartse styging en redding nie, ja, dat hulle teen MY begin laster sodra hulle siek opvattings onwerkbaar uitdraai, dat hulle diegene vervolg wat 'n onwrikbare geloof in MY het, dat hulle die bloed van MY PROFETE vergiet- net soos wat hulle nie gebewe het deur MY HEILIGE BLOED op Golgota " op hulle en hul nageslag te laat neerkom " nie - en is haastig om by Armageddon byeen te kom om alle hel los te laat teen MY, ELOHIM DIE MEESTER.

201 Dit is waarom, aan die begin van hierdie Bybelhoofstuk, EK JAHWEH "die magtiges van hierdie Aarde" gewaarsku het om nie 'n kernoorlog te begin nie, wat 'n oorlog teen MY HEILIGE ORDE EN MY EWIGE LIEFDE sal wees en "die groot dag van ELOHIM die Almagtige", sal ontketen, net soos wat die blinde leiers van Hanog van ouds die Groot Vloed ontketen het deur hul eie toedoen, wat tipies is van die hel wat sy angel teen homself draai;

202 want sodanig is die fundamentele beginsel van die regverdige WET VAN SONDE EN VERSOENING, dat Hel nooit die Hemele kan verswelg nie, maar sal eerder haarself verswelg as sy ooit in haar helse verdorwenheid teen MY, DIE MEESTER VAN DIE SKEPPING sal opstaan!

203 Let op, julle Bybelkenners, dat die plek "Armageddon" geen geografiese konnotasie op hierdie Aarde het nie, maar beteken die diepste punt van duisternis in menslike dwaasheid, wat al die boosheid dra wat benodig word om die oordeel te begin, wat sy eie skuld sal oordeel teen MY ELOHIM DIE MEESTER, en sal daardeur DIE HEILIGE WEG VAN LIG oopmaak!

204 Dit is waarom MY Johannes 'n engel gehoor het wat sê:

"Ja, O MEESTER, ALMAGTIGE ELOHIM, waaragtig en regverdig is U oordele."

(Openbaring aan Johannes 16:7)

205 Hierdie "Armageddon", die diepste punt van menslike blindheid en boosheid, kan nie vermy word nie op grond van die "groot hoer" nie,

"met wie die konings van die Aarde gehoereer het, en met die wyn van haar hoerery die bewoners van die Aarde dronk gemaak."

(Openbaring aan Johannes 17:1-2)

206 So was dit die geval in die Babilon van ouds, die diepste punt van bedorwenheid en aardse wêreldmag, en so is dit in die huidige "Babilon", wat nie meer 'n plek aan die Eufraat is nie, maar omvou reeds die hele Aarde tot op die punt waar die "vrou" wie MY, Johannes, in sy visioen gesien het "wat sit op 'n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings", alreeds byna al die mense en hul koppe dronk gemaak het!

4 "En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand 'n goue beker gehad, vol van gruwels en die onreinheid van haar hoerery;

5 en op haar voorhoof was 'n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die Aarde."

(Openbaring aan Johannes 17:4-5)

207 Oral waar jy kyk in die huidige wêreld, sien jy dat die "vrou", "die moeder van die hoere en al die gruwels op Aarde" alles besoedel, skaamteloos vergiftig sy selfs die siele van jong mensekinders, heers vanuit die hoogste sfere van mag oor alles op hierdie Aarde, oefen die mag uit van geld en oor die siele, sodat EK JAHWEH - as die "lam" - in die visioen van MY Johannes, saam met MY volgelinge, die mag van al MY teenstanders omver sal werp;

"Want hy is die MEESTER van die MEESTERS en die Koning van die konings en die wat saam met hom is, geroepe, uitverkore en getrou."

(Openbaring aan Johannes 17:14)

208 Die omverwerping van vandag se nuwe en slanende "Babilon" kan nie gebeur sonder die onvermydelike oordeel nie, waarvoor in die visioen van MY Johannes, 'n engel uit die Hemele neergedaal het

2 "En hy het met 'n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword 'n woonplek van duiwels en 'n versamelplek van allerhande onreine geeste en 'n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,

3 omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die Aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die Aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.

4 En ek het 'n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en ELOHIM het haar ongeregtighede onthou."

(Openbaring aan Johannes 18:2-5)

209 Dit sal gebeur op die einste dag en op die einste oomblik wat daargestel is en waarvan EK JAHWEH alreeds gespreek het!

"Daarom sal haar plae kom in 'n enkele dag: dood en droefheid en honger; en sy sal met vuur verbrand word, want magtig is die MEESTER ELOHIM wat haar oordeel.

En die konings van die Aarde, wat gehoereer en weelderig met haar was, sal huil en weeklaag oor haar wanneer hulle die rook van haar verbranding sien, hulle sal ver weg gaan staan, bevrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee, o groot stad, jy magtige stad, Babilon! In een uur het jou oordeel gekom!. En die handelaars van die Aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hul ware nie meer koop nie... "

(Openbaring aan Johannes 18:8-19)

210 Daarom sal almal met leë hande en 'n leë siel gaan, die wat met die hoer van alle sondes en alle mag gehoereer het; - moet dus nie MY HEILIGE WAARSKUWINGS in hierdie NUWE BYBEL geringskat nie, om nie geoordeel te word deur die regbank van julle eie sondes nie!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205