BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

- Hoofstuk 2 -

Gehoorsaamheid is Liefde bo alle Liefde

GEHOORSAAMHEID IS LIEFDE BO ALLE LIEFDE

EN

ALLEENLIK DIT SAL JOU

NA MY HEMELE LEI.

VADER,

Nie my wil nie,

maar

LAAT ALLEEN U HEILIGE WIL

geskied

IN DIE HEMELE SO OOK OP AARDE

1 Vra julleself dus af of julle gehoorsaamheid aan MY, julle ELOHIM EN SKEPPER VAN HEMEL EN AARDE, MY, DIE ALMAGTIGE, toelaat om te sê:

Dit is volbring,

die grootste werk van verlossing

op hierdie Aarde,

wat 'n heel somber ster in die heelal was tot op hierdie oomblik, toe EK JAHWEH SELF begin skryf het deur MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE!

2 Want as julle gehoorsaam was aan MY, julle MEESTER, kon of sou situasies op Aarde nooit die vlak bereik het waarin dit nou werklik in die alledaagse lewe is nie! Ongelukkig moet EK JAHWEH verder vir julle mensekinders sê dat hierdie toedrag van sake die gevolg van julle werke is, wat nooit onder die heilige belydenis gedoen is wanneer julle almal al te dikwels onbesonne gemompel het: "VADER, laat U WIL geskied op die Aarde, net soos in die Hemele"!

3 Want hierdie heilige belydenis is inderdaad 'n verbintenis! Jy sal dus voortaan tweekeer moet dink voordat jy dit weer uitspreek indien jy, ten spyte van jou huidige kennis, nie gereed is om MY HEILIGE WIL te laat geskied soos wat EK dit wil laat geskied nie.

4 Want jou werke is tevergeefs as hulle nie gedoen word deur jou oë op te hef na MY DIE MEESTER nie. Waar is jou smeking, jou ondersoekende vraag wat aan MY DIE MEESTER gestel moet word: "VADER, wat is U ALLEEN HEILIGE WIL?"

5 Slegs wanneer 'n aardse kind na MY toe kom in die diepste nederigheid en met 'n vaste voorneme om ALLEEN MY HEILIGE WIL te vervul, sal hy binne-in homself, op die daad, 'n aanduiding ontvang van wat MY HEILIGE WIL elke oomblik is.

6 Onthou dus, kinders van hierdie Aarde, dat 'n kind van MY LIEFDE slegs deur DIE HEILIGE POORT VAN MY HEMELE kan deurgaan wanneer hy MY DIE MEESTER in absolute gehoorsaamheid volg!

7 Julle weet nou wat gedoen moet word as julle ontslae wil raak van julle sondige aardse gewaad.

8 Dit is vrugteloos om te sê: "MY ELOHIM EN MY MEESTER, maar EK het U lief!", want dit is maar ydele praatjies en het niks te doen met gehoorsaamheid nie, die enigste manier waardeur 'n kind in MY Hemele kom!

9 Word dus reeds hier op hierdie Aarde burgers van MY Hemele, deur MY Liefdesgebod onwrikbaar te volg:

WEES LIEF VIR ELOHIM BO ALLES

EN VIR JOU NAASTE SOOS JOUSELF!

10 Wat dit beteken behoort en moet duidelik wees vir elke siel, tensy sy swaksinnig is. Hierdie Liefde is gehoorsaamheid wat geen moeite ontsien nie en wat angstig is om haar naaste te dien met daardie Liefde wat EK JAHWEH in die hart van elke aardse kind geplaas het.

11 Daar is egter een ding wat EK JAHWEH moet sê: Pasop vir die gooi van die helse klippe op diegene van MY kinders wie se harte met blindheid geslaan is en wat nie bereid is om MY HEILIGE WIL na te kom nie! Want julle ken hulle skuldlas nie, terwyl EK DIE MEESTER dit wel ken.

12 Omvorm dus om LIEFDE te word, die mees brandende, die mees barmhartige JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE wat behoort te straal uit elke hart wat bereid is om MY DIE MEESTER te volg vir sy eie saligheid! Julle weet nog steeds nie wat dit beteken om Genade te verkry nie! As julle dit geweet het, sou julle nie vir 'n oomblik gehuiwer het om te word wat julle veronderstel is om te wees nie, naamlik ware kinders van julle HEMELSE VADER JAHSHUA, WIE nie net op die Kruis van Golgota doodgebloei het nie, maar nou weer vir julle ly in die menslike gewaad van SY MOEDER VAN WELEER, MIRIAM, WIE nou die VERLOSSENDE MOEDER vir al die kinders van hierdie Aarde is. Want EK JAHWEH het so ver gegaan as om MYSELF te ontneem van MY ALLERHEILIGSTE vir inkarnasie in 'n gewone mens en tog van ongekende grootsheid, want

13 SY is die KONINGIN VAN MY HEMELE WIE die ou Slang se kop sal vermorsel op hierdie Aarde vir al HAAR kinders!

14 Wees egter versigtig om nie DIEGENE aan te val WAT ALLEENLIK MY HEILIGE WIL uitvoer nie, want die boemerang sal met dieselfde intensiteit na hom terugkom wat dit met 'n duiwelse opset werp na diegene wat maar die bodes van MY HEILIGE WIL is!

15 Dus, pasop, sê EK DIE MEESTER weereens: Nooit sal 'n kind van MY LIEFDE, wat MY met sy hele hart opgeneem het, vuur en vlam van die hel spoeg nie, maar sal Liefde wees vir elke siel om haar in staat te stel om volwasse te word onder die omringende strale van Liefde.

16 Nog 'n belangrike aspek: 'n Siel moet haarself nooit bo ander plaas nie, in ag genome die vordering wat sy reeds gemaak het, want het EK JAHWEH nie gesê:

"Elkeen wat homself verhoog, sal verneder word

en wie homself verneder, sal verhoog word nie?”

(Matthèüs 23:12)

17 Want ware dienende Liefde sal sê: MY ELOHIM EN MY MEESTER, niks het EK vir U gedoen nie en EK is maar die nutteloosste dienskneg of waardeloosste diensmaagd en EK is ten volle bewus daarvan dat U ALLEEN, O MEESTER, DIE WARE OUTEUR van alles is!

18 Leer jouself dus nederigheid, want sonder die nederigste Liefde sal geen mensekind ooit MY Hemele ingaan nie!

19 Oordink ook dat EK DIE MEESTER nooit sal of kan toelaat dat kinders van MY Liefde DEUR DIE HEILIGE POORT VAN MY HEMELE gaan, as hulle nie die grootste en belangrikste gebod van hulle ELOHIM EN MEESTER geleer het en nie in MY, JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA, DIE ENIGSTE ELOHIM EN SKEPPER VAN HEMEL EN AARDE, WIE eens op hierdie Aarde geloop het as JAHSHUA DIE GESALFDE, herken het nie!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205