BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die eerste Volume van DIE NUWE BYBEL is om 'n Nuwe Mensdom voor te berei.

308 As julle hierdie Bybelhoofstuk oor 'n ware geheiligde huwelik deeglik gelees het, en baie diep in julle hart oor die sewe gebooie nagedink het, moet julle verstaan dat hierdie SEWE HEILIGE GEBOOIE ooreenstem met MY SEWE HEILIGE OEREIENSKAPPE. Hoe kan dit dan moontlik anders wees? Want julle, o mensekinders, is na MY HEILIGE GELYKENIS gemaak as BEELTENISSE VAN MYSELF, en dus moet die ware huwelik in alle opsigte in harmonie bly met MY DIE SKEPPER, as julle julle kinders wil bedeel met die Heilige karaktertrek van BEELTENISSE VAN ELOHIM!

309 Tot nou toe het nog niemand op hierdie Aarde in alle duidelikheid die heilige betekenis van die ware huwelik aan julle bekend gemaak soos wat hier deur MY, ELOHIM DIE MEESTER, in MY NUWE BYBEL gedoen is nie! Voorwaar, sê EK, JULLE ELOHIM EN MEESTER, met hierdie NUWE BYBEL het julle nou die HEILIGSTE VAN ALLE GESKRIFTE in julle hande!

310 Moet nie `n oomblik talm om jou voet dadelik te plaas op die HEILIGE PAD NA MY nie, wat duidelik uitgemerk is voor jou oë; want hierdie pad is jou en alle aardse kinders se redding! EK beklemtoon: Alle aardse kinders! Of hulle woon in die Ooste of die Weste, Noorde of Suide, kan daar van nou af vir alle tye van die geskiedenis van die mens geen ander BOEK VAN LIEFDE wees as hierdie eerste heilige volume van MY NUWE BYBEL nie!

311 As julle, o mense van alle lande op Aarde, ware mensekinders wil word en onmiddellik al julle probleme staak, is daar maar een heilige besluit, naamlik om julle harte geheel en al aan MY oor te gee en om vir ewig alles te begrawe wat die stryd om krag kan dien onder julle. Want deur MY HEILIGE WIL VAN VOLMAAKTHEID sal en moet daar op die Aarde slegsEEN HERDER EN EEN KUDDE wees.

312 Begryp hierdie HEILIGE WOORD VAN PROFESIE korrek in julle hart, soos wat EK alreeds een keer tevore gesê het, MY Kudde sal 'n vry Kudde van Liefde wees, waarin niemand bevoorreg sal wees nie, ook geen beperking sal hê nie, waarin almal gevoer sal word, beide in die vlees en in die gees, met die ewige vet weiding van MY EWIGE LIEFDE, maar waarin almal ook sal luister na die ware Herder en SY HEILIGE STEM wat EK ELOHIM DIE MEESTER IS! Daar sal geen bakleiery, geen oorlog, geen partye, en geen opposisies in MY Heilige Kudde wees nie; want LIEFDE verenig alles, LIEFDE bereik alles, LIEFDE is alles, want JULLE ELOHIM is EWIGE LIEFDE:

313 Sodat julle hierdie doel kan bereik met MY, deur volmaakte Liefde, op die kortste en vinnigste manier, en dat hierdie

waarlik salige kudde van MY, DIE MEESTER, 'n heilige waarheid en werklikheid kan word, vee julle sondes met alle heilige erns uit, om so vrylik by hierdie HEILIGE KUDDE IN MY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE aan te sluit. Dit is waarom EK DIE MEESTER hierdie Bybelhoofstuk afsluit deur HAAR WIE dit oopgemaak het: DIE KONINGIN VAN DIE HEMELE.

MY HEILIGE OPROEP

DEUR

DIE KONINGIN VAN MY HEMELE


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205