BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die vyfde Gebod vir Ware Geheiligde Huwelik

253 DIE VYFDE GEBOD van Heilige ERNS, waarsonder niks in die hele skepping bereik kan word nie; dit geld ook vir julle aardse aktiwiteite. Want dit is kommerwekkend om te sien hoeveel aardse kinders ernstig glo dat die bevrediging van die sintuie die eerste doel van die huwelik is! Julle sogenaamde vooruitgang in alle aspekte van seks blyk nie alleen julle opinie hierin te bevestig nie, maar maak die huwelik ook die voorwerp van winsgewende saketransaksies.

254 Hierdie OPENBARINGE VAN MY GENADE behoort in elke aardse kind, nie net 'n diep en Heilige Erns op te wek na die begeerte vir `n getroude lewe volgens MY HEILIGE GEBOOIE nie, maar ook die vervulling daarvan met uiterste erns. En waar dit ookal sal gebeur, sal EK DIE MEESTER onmiddellik teenwoordig wees om so 'n kind te lei deur MY EWIGE LIEFDE.

255 Maar ook julle, MY reeds getroude kinders - soos wat EK reeds beklemtoon het- is op geen wyse uitgesluit van MY LEIDING nie; inteendeel, julle kan inderdaad MY SEEN in elke opsig ontvang, indien dit julle wil is!

256 Roep MY dus in julle erns, wat werklik heilig moet wees, kragtens die gebooie wat geopenbaar is, en toon MY julle Heilige Erns! So sal julle gou tot julle vreugde agterkom dat dinge begin verander.

257 En EK DIE MEESTER plaas hierdie erns onder die besondere aandag van diegene wat geskei geleef het, sodat die enigste uitkoms van hul ongelukkige huwelik in egskeiding gesoek word.

258 EK DIE MEESTER sê nou vir julle dat daar feitlik niks meer afstootlik voor MY HEILIGE AANGESIG is as so 'n begeerte nie! Daar is skaars enige rede wat belangrik genoeg is voor MY om so 'n doelwit te regverdig, want het EK DIE MEESTER nie gesê dat die ware JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE in staat is om selfs die hardste ys te smelt, en om selfs die hardste hart van sy verkeerde idees weg te draai nie en om die oë na MY te wend nie.

259 Wat ookal na 'n oortuigende rede vir julle lyk, o mensekinders, om so 'n doelwit te ondersteun, kan nietemin tot verlossing gedra word deur opoffering en Barmhartigheid, indien julle ware, Heilige Erns van wilskrag verdra sal word voor MY DIE SKEPPER VAN DIE EWIGE LEWE en die Maker van julle huwelik!

260 Wie egter nie bereid is om die kruis van sy lewe te dra nie, kan nie die kortste pad na MY Hemele neem nie. Het EK nie alreeds deur MY ROTS PETRUS gesê dat julle alles op MY kan werp nie? Wat anders kan EK DIE MEESTER dus vir julle doen?

261 Sedert ewighede en nou weer skenk EK aan julle, mensekinders van hierdie Aarde, MY GENADE EN MY BARMHARTIGHEID in alle dinge, en verlaat julle nie, ten spyte van julle aanhoudende foute, verkeerde handelinge en alle soorte gruwels, maar dit is ook MY HEILIGE WIL dat julle nie van mekaar sal skei nie en dat egskeidings op Aarde binnekort aan 'n verlede sal behoort wat julle nie meer graag aan herinner sal wil word nie!

262 Hoe dit ookal sy, as julle julleself nie steur aan hierdie HEILIGE WIL VAN MY nie, sal julle werklik vir julleself, deur julle verkeerde gedagtes en handelinge, 'n lewende graf grawe wat julle vir die hel sal insluk!

263 Vir julle ander wat bewaarders van die korrekte wetgewing en saakwaarnemers van die wet behoort te wees, sê EK DIE MEESTER aan julle: Moenie medepligtig wees aan die grawe van so 'n duiwelse begraafplaas nie! Moenie julleself beskikbaar maak vir die saak van MY Teenpool nie, maar word eerder die bewaarders en saakwaarnemers van julle ELOHIM EN MEESTER SE WET, sodat EK DIE MEESTER dit nie eendag nodig sal hê om te sê: EK ken julle nie, omdat julle MY nie wou ken nie! Skep moed om julle basiese beginsels en wette van die land in lyn te bring met MY, JULLE ELOHIM EN MEESTER, selfs indien dit verander moet word, dan sal MY GENADE met julle wees. Maar nie solank julle julleself by MY Teenpool skaar nie!

264 Dit is absoluut noodsaaklik om hierdie Vyfde Gebod te vervul, om die Heilige Erns in sy volle omvang en gevolge aan te neem tot en met die laaste asemteug van julle menslike liggaam, as julle voor MY, JULLE SKEPPER wil bestaan en MY SEEN EN GENADE wil ontvang! Want voorwaar, EK DIE MEESTER sê vir julle: Die heiligste erns van MY EWIGE LIEFDE is instrumenteel in die handhawing, redding en terugbring huistoe, na die volmaakte saligheid van MY KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE!

265 Daarby word julle ook in elke opsig die

Heiligste Erns!

266 In hierdie toestand van Heiligste Erns sal julle mensekinders geleidelik meer bedoelings van MY HEILIGE EIENSKAPPE leer en bemeester, waarsonder julle beslis lankal tot 'n prooi vir MY Teenpool sou geval het, met geen hoop op redding deur middel van verlossing en barmhartige LIEFDE EN GEDULD nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205