BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die Derde Gebod vir `n Ware Geheiligde Huwelik

131 DIE DERDE GEBOD vir 'n ware geheiligde huwelik volgens MY HEILIGE WIL volg uit beide die eerste en die tweede: Vir 'n ware suiwer LIEFDE van volmaaktheid met haar begeerte om 'n TEMPEL VAN MY HEILIGE GEES te word, vereis die vurige Heilige wilskrag om dit met alle mag te bereik en mag nie langer huiwer of iets anders begeer as die HEILIGE DOEL nie; dit is om 'n VOLMAAKTE HUWELIK so gou as moontlik te bereik, sodat nie 'n enkele dag op Aarde vermors word en as die wins van MY Teenpool verkwis word nie.

132 Ruk dus julle hart reg, MY aardse kinders wie so vas in die boeie van MY Teenpool vasgevang is, ja byna hopeloos in so baie gevalle; ruk julleself reg deur MY HEILIGE STEM gedurigdeur in julle hart te beweeg! Daardeur sal julle versterk word in die HEILIGE WILSKRAG om die eerste twee gebooie na te kom vir 'n ware geheiligde huwelik.

133 Laat MY HEILIGE WIL gloeiend in julle word as julle eie wilskrag, gefokus op niks anders as die bereiking van volmaaktheid nie, en om die vurigste, onderlinge LIEFDE en 'n TEMPEL VAN MY HEILIGE GEES te word!

134 Hierdie WIL van MY in jouself moet uitdrukking vind daarin dat jy nie langer daarteen sal optree nie. En dit beteken om nie meer terug te val in enige swakheid nie. Maar julle het geen idee wat swakheid in die aangesig van JULLE ELOHIM EN MAKER is, of hoe om dit raak te sien nie!

135 Die maklikste identifisering van enige swakheid wat in 'n siel kan opkom, is om jouself af te vra: MY ELOHIM EN MEESTER IN JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA, WIE ook SY HEILIGE BLOED vergiet het vir MY, sou HY in my plek opgetree het soos wat ek dikwels in my blindheid opgetree het, en sal HY nou optree op die wyse wat ek nou van plan is om te doen? Die antwoord in jou hart sal sekerlik onmiskenbaar duidelik wees!

136 En as julle verder vra: Sou MY MOEDER VAN VERLOSSING, DIE MOEDER VAN DIE MEESTER, in my plek optree soos wat ek so dikwels gedoen het? Sou SY, ELOHIM SE HEILIGE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE optree, selfs net met 'n vae gedagte, op die wyse waarop ek, 'n sondige aardse kind, steeds geneig is om te doen? Kan die antwoord in jou hart ooit enigsins afwyk van wat reg en geskik is voor MY HEILIGE AANGESIG?

137 Met hierdie wenk het julle, Kinders van MY LIEFDE, die maklikste resep hoe om julleself te beskerm teen die val in enige swakheid en hoe om vas te hou in die HEILIGE WIL om nooit weer te sondig nie, hetsy in woord of in daad. Want as jy jouself hierdie vrae vra in enige ongemaklike situasie of versoeking, sal EK DIE MEESTER onmiddellik optree deur MY HEILIGE GEES binne-in jou hart, deur in te fluister wat reg is voor MY HEILIGE AANGESIG en, vir jou welsyn en geluk, jou in staat sal stel om al die probleme wat jy mag teëkom, te oorwin en jou daardeur stap vir stap ophef na MY KONINKRYK VAN VOLMAAKTHEID.

138 So sal op julle manlike siele neerdaal - as julle opreg begeer om 'n Nuwe Aarde te skep met 'n Nuwe Mensdom, MY HEILIGE WIL wat sal verhoed dat julle voortplantingskrag uit MY vir nuwe potensiële lewe, ewiglik vermors word in die riole van voorhuwelikse- of buite-egtelike sondigheid, want hierdie voortplantingskrag is heilig en was nog nooit aan 'n siel gegee om as `n vlietende vervoering en 'n ontugtige sondigheid te dien nie!

139 Ook julle, vroulike siele, as julle soos hierbo aangedui vra, en met 'n suiwer hart MY WONDERLIKE LEIDING wil hê, sal julle ook so gevul word met die HEILIGE WIL vanuit MY om 'n HEILIGE HOUER vir MY EWIGE VOORTPLANTINGSLIEFDE te word.

140 EK DIE MEESTER het hierdie gebooie vir 'n heilige huwelik ingestel op die basiese beginsel waarby die ware huwelik nie hoef te wag vir sy formele sluiting om te begin nie. Trouens het dit reeds begin met 'n siel se heilige vasberadenheid, nadat sy bewus geword het van haar Goddelike erfenis om na volmaaktheid te streef, met haar tweeledige komplement wat nog saamgevoeg moet word, deur MY, DIE EWIGE MEESTER VAN ALLE SIELE.

141 Dit beteken baie duidelik dat 'n siel wat na so 'n volmaaktheid streef, reeds geestelik getroud is met die sielsvennoot wat deur MY gekies is voor sy hom of haar eers gesien het! Hierdie suiwer geestelike eg het volle vertroue en onwrikbare geloof in MY, HULLE MAKER EN HEMELSE VADER, waardeur volmaakte saligheid slegs direk uit MY HANDE kan kom; so 'n houding sal van die begin af so 'n geestelik gekontrakteerde huwelik seën, veral as al die gebooie vir 'n heilige eenheid nageleef en vervul word.

142 Vanaf sy ontstaan sal so 'n geestelik gekontrakteerde huwelik absoluut in getrouheid wees. 'n Siel volwasse genoeg vir 'n geestelike eenheid sal haar vennoot se siel met haar geestelike oë sien en reeds onwankelbaar saam met hom of haar lewe, haar visualiseer en in die hart verlang na volmaaktheid en eenwording met die sielsvennoot deur MY verleen, om so tesame 'n TEMPEL VAN MY HEILIGE GEES te vorm! Dit sal bereik word in elke siel wat volwasse is vir 'n geestelike eenheid, hetsy manlik of vroulik.

143 Aangesien tydens so 'n volwassewording van 'n siel, haar gedagtes gesuiwer is kragtens die eerste gebod vir 'n ware, geheiligde huwelik, word selfs die idee van ontrouheid ondenkbaar; egtelike getrouheid is uit die staanspoor van die geestelik gekontrakteerde eenheid die mees klaarblyklike fondament van 'n ware huwelik wat deur MY geheilig is en kan nie meer daarna tydens die wettige eg ontheilig word deur enige vorm van ontrouheid nie.

144 EK DIE MEESTER sê: Inderdaad is die sogenaamde "owerspelige liefdesverhoudings" wat so wyd geduld word in julle wêreld, duiwelstrikke wat deur MY Teenpool ingestel is vir daardie moedswillige siele vir wie niks heilig is nie, nie hulle gade nie, nóg MY HEILIGE WOORD!

145 Die vermoë om die geestelik gekontrakteerde eenheid in reinheid en heiligheid te lewe, selfs voordat EK DIE MEESTER die gekose siele byeengebring het, word toegestaan deur MY deur MY HEILIGE GEES vir wie ookal daarna streef en MY smeek om aan hom of haar so 'n hemelse eenheid te skenk. Beide manlike en vroulike siele kan maklik op daardie stadium getrou bly aan mekaar, op grond van hul geestelike binding, voor die tande van hierdie wêreld se sterk versoekings; as hul agting ingestel is op MY, ELOHIM, SKEPPER EN HEMELSE VADER WIE na hierdie wêreld in SY HART SE OERGRONDPOOL MIRIAM teruggekgeer het, want alle kragte van Suiwer denke bring waarlik suwer geseënde vrugte voort.. –


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205