BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die Wonder van alle Wonders – Die geheim van MY Menswording

46 Bedroef in HAAR HEILIGSTE OERWESE, het die OERGRONDPOOL van MY LIEFDE sterk gedruk om voort te gaan in die wêreld van die mensdom om haar teentoestand van "hel" die hoof te bied. Dit het beteken dat ELOHIM HOMSELF die grootste opoffering sou maak vanuit LIEFDE, om hierdie teentoestand van "hel" te oorkom en te ontbind.

47 Soos genoem, kan ELOHIM enigiets doen vanuit LIEFDE, en dus was HY in staat om voort te gaan om so 'n opoffering deur die wonderlikste, fundamentele beginsel van SY EWIGE LIEFDE, die selfopofferende TOTALE BARMHARTIGHEID VAN SY LIEFDE, wat almal en alles uiteindelik sou teruglei na HOM.

48 'n Skudding, tot nou toe `n onbekende in MY HELE SKEPPING, het die hele ruimte van MY ONEINDIGE SKEPPING gevul toe EK, ELOHIM, die ALMAGTIGE MEESTER toegegee het aan die drang van MY HART SE OERGRONDPOOL - die OERGRONDPOOL van EWIGE LIEFDE - om voort te gaan en te tree op die ster van die sondige mensdom, as HY wat alle MAG in die Hemele soos op Aarde het, sodat die mens, as 'n kind van MY VADERLIKE HART, MY kon herken as EWIGE LIEFDE en voortaan sy lewe sou rig deur MY enigste voorbeeld, deur weg te draai van die Teenpool van MY EWIGE LIEFDE, aan wie hierdie Aarde toegewys is vir haar lossing tot aan die tyd wanneer al die wesens gered sal wees.

49 Maar hoe kon dit moontlik wees? Omdat dit onmoontlik gelyk het, het MY Teenpool nooit verwag van ELOHIM DIE ALMAGTIGE om haar sigbaar te konfronteer op "haar Aarde" nie. Sy was dus baie seker dat sy stil-stil kon aangaan om die kinders van MY EWIGE LIEFDE vir ewig weg te lok. Inderdaad, hoe sou dit moontlik kon wees dat EK, DIE ALMAGTIGE GEES VAN HEMELE EN AARDE, in 'n sigbare en tasbare vorm direk onder `n kleingeestige mensdom kon instap, wat niks anders as die brute materie kon onderskei nie? - As die ALLESDEURDRINGENDE ALMAGTIGE GEES, die alles in alles van die EWIGE KRAG- slegs vir iemand met 'n geleidelik ontwaakte geestelike oog waarneembaar en herkenbaar - sou dit vir ewig onmoontlik gewees het om MY ten toon te stel as 'n mens aan die mensdom in die totale ALMAG VAN MY WESE; want niemand sal ooit die ALMAG in MY, ELOHIM DIE MEESTER EN SKEPPER kon verdra het nie.

50 Tog het die drang van MY HART SE OERGRONDPOOL volgehou om redding en verlossing te bring aan die sondige aardse kinders, weg vanaf die Teenpool se krag, deur die mees barmhartige daad van EWIGE VADERLIKE LIEFDE: Deurdat EKSELF neergedaal het op hierdie ster van alle sondes.

51 So moes hierdie pad van redding en verlossing geneem word deur die GROOTSTE VAN ALLE WONDERWERKE; 'n raaisel in MY SKEPPING wat beide die hoogste WYSHEID van MY HEILIGE GEES en die grootste GENADE uitgeput het: Naamlik dat EK, ELOHIM, DIE MEESTER EN ALMAGTIGE SKEPPER VAN ALLE BESTAAN, MYSELF sou inkarneer in 'n aardse menslike kleed, om sigbaar te wees aan die mensdom en om draaglik te wees vir sy aardse krag.

52 Gevolglik moes 'n geboorte op Aarde voorberei word, sodat EK DIE MEESTER menslike vlees kon aanneem, om dus sigbaar te word as ELOHIM en daarby in staat om op te tree vir die redding van alle aardse kinders.

53 Dit is dus vanselfsprekend aan almal wat MY wou volg en hoor, dat so 'n geboorte nie die normale weg van aardse voortplanting kon volg nie, maar op `n ander wyse moes voortgaan.

54 So het EK JAHWEH deur MY naaste dienaars aangekondig, wie julle aartsengele noem, deur dit wat julle tans van hulle af weet, dat EK DIE ALMAGTIGE vir 'n beperkte tyd sigbaar sou verskyn aan die sondigste wesens van MY Hemele, naamlik diegene wat eens weggedraai het van MY EWIGE KONINKRYK VAN DIE GEES en nou die inwoners is van 'n klein ster van MY skepping, 'n ster wat deur MY GENADE EN MEDELYE geskep is om te dien vir hul verlossing van hul ou sonde van afvalligheid.

55 Saam met hierdie aankondiging het EK JAHWEH 'n vraag gestel aan al MY hoër engele of enigeen van hulle 'n oplossing gehad het hoe hierdie edel en die grootste werk van genade bereik moes word: 'n Hemelse toets, so te sê, vir MY hoogste diensknegte om te sien hoe ver hulle self gevorder het in die GEES VAN MY ALMAGTIGE WYSHEID.

56 Tog het EK, die ELOHIM VAN HEMELE EN AARDE, WIE nog nooit eers vir MY engele van die naaste sfere permanent sigbaar was nie, baie goed geweet dat deur hierdie vraag, die hemelse geeste gekonfronteer was met heeltemal nuwe bodem in die Hemele; ja, hulle het hulself afgevra hoe ELOHIM, WIE selfs nie eers ten volle sigbaar aan hulle verskyn nie, duidelik sigbaar en waarneembaar kon verskyn in 'n wêreld waarvan die inwoners nie eens die geringste mate van hemelse geestelikheid kon bemeester nie. Want het ELOHIM DIE MEESTER nie aan sy grootste profeet op Aarde, Moses, gesê nie:

"Jy kan MY aangesig nie sien nie, want die mens kan MY nie sien en bly leef nie" (Eksodus 33:20)!

57 Verbystering het al MY engele getref, hoewel hulle geweet het dat EK JAHWEH 'n oplossing het die oomblik wanneer EK belowe of iets aankondig, maar hul ontsteltenis was eerder `n gevolg van hul diepste nederigheid en 'n brandende Liefde vir MY, wat julle, o mensekinders, nie die vaagste benul van het nie, want julle weet nog nie wat vurige Liefde kan wees nie!

58 Maar in hul brandende Liefde en mees salige nederigheid was hulle in besit geneem deur `n tot nou toe onbekende hartseer deur die vreeslike gedagte dat hulle ELOHIM se nabye WET VAN GENADE vir die redding van die sondige menslike ras op Aarde, hulle kon ontneem van HULLE ELOHIM SE ASEM wat hulle gevul het met permanente geluksaligheid. En 'n geweeklaag het opgegaan in byna nimmereindigende hemelse klaagsange; die droewige engele het verenig in enorme, ontelbare kore, smekend dat EK nie MY hemele sou verlaat nie en om eerder 'n ander manier te kies om die menslike ras van die klein ster "Aarde" weer terug te bring in die HEMELSE KONINKRYK VAN LIG EN LIEFDE in. Soos nimmereindigende, dreunende orkane, het die klaende kore regdeur alle hemelse sfere weerklink en het MY bereik; - die hemele het in 'n geweldige geweeklaag verander vir hulle ELOHIM EN SKEPPER.

59 EK JAHWEH kan nie aan julle bekend maak hoe lank hierdie geweeklaag in MY hemele aangegaan het nie, want julle kan dit weens julle huidige aardse begrip van tyd nie verstaan nie.

60 Omdat dit gelyk het asof daar geen einde aan hierdie wanhoop van MY engele sou kom nie, het EK JAHWEH een vraag, die vraag bo al die vrae, regdeur MY hemele gefluister, en wat niemand kon antwoord, tensy hy LIEFDE was soos EKSELF van ewigheid tot ewigheid nie. En hierdie vraag wat deur die hemele vibreer het, wat alle geeste aangespreek het wat vanuit MY HEILIGE GEES voortgekom het, was:

61 Wat is ware LIEFDE - volmaakte LIEFDE? - Is ware en volmaakte LIEFDE nie meer bedag oor alles as oor Haarself nie? Sal SY nie graag vanuit LIEFDE HAARSELF wil offer vir almal nie? Dit het as 'n eggo geklink teenoor die sleutelvraag van alle vrae deur MYSELF gestel!

62 MY engele se treurende kore het bedaar en het vir 'n baie lank stilgebly, `n baie lang tyd –


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205