BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

DIE NUWE BYBEL - MY Anker van Verlossing vir alle mense op hierdie Aarde. Aan almal met `n menslike aangesig

1 Dit is die eerste keer op hierdie Aarde dat die LIEFDE se oorspronklike beginsel aan die mens geopenbaar word deur MY, JULLE ELOHIM EN SKEPPER van ewigheid tot ewigheid sodat julle kan weet wat die LIEFDE werklik is, waar en hoe LIEFDE onuitputlik uitvloei en dat julle kan opstaan en loop na die LIEFDE, sodat elkeen wat 'n menslike aangesig het, nog steeds in die laaste oomblik gered kan word, voordat hy in uiterste duisternis verval.

2 Tog is dit nie die enigste ding wat nodig is om julle te red van die nag en angs nie, nee, MY HEILIGE WIL, wil ook dat julle kinders, wat afkomstig is van die ALLERHEILIGSTE VAN MY VADERLIKE HART, opgewek word uit die helse vlaktes van julle wese en dat julle gelei word na MY huis in MY Hemele.

3 Hierdie NUWE BYBEL is dus van uiterste belang vir julle, o mensdom, ongeag julle ras en kleur, of watter volk julle aan behoort en die land waarin julle woon, ongeag watter geloof julle bely.

4 Inderdaad, hierdie NUWE BYBEL sal julle anker van verlossing word wat EK DIE SKEPPER EN MEESTER van alle lewe, uitgooi na julle, die mensdom van hierdie Aarde, as 'n gawe van MY GENADE, MY MEDELYE EN MY EWIGE, ONEINDIGE LIEFDE.

5 Julle moet dus hierdie HEILIGE ANKER VAN VERLOSSING van julle ELOHIM inderdaad aangryp, want EK kan nie en behoort dit nie vir julle te doen nie. Julle moet dus self hierdie ANKER VAN REDDING VAN JULLE ELOHIM EN MEESTER aangryp, en vasklou DAARAAN, en terwyl julle julle oë oprig na MY, JULLE VERLOSSER, laat julle uitgetrek word uit hierdie dwarreling van julle eie skepping, wat julle by die rand van die gapende afgrond van die hel gebring het, - want julle sal met geweld in daardie inferno gesleep en ingesluk word, as julle nie hierdie HEILIGE ANKER aangryp om redding nie.

6 As EK JAHWEH, julle so te sê, met MY Mag vasgemaak het aan hierdie ANKER VAN MY GENADE, MEDELYE EN LIEFDE - en werklik, niks sou vir MY makliker gewees het as dit nie – sou daar geen sin daarin gewees het om julle te skep nie, daar sou geen behoefte gewees het om Lewe en `n Siel in julle te blaas nie, of om MY ERFLATING VAN EWIGHEID in julle hart te plaas nie.

7 Want, as EK julle aan hierdie HEILIGE ANKER VAN VERLOSSING vasgemaak het, sou julle mense niks anders as stukke vrot dryfhout gewees het en nie mense toegerus met alles uit MY nie, met wat EK IS, JULLE ELOHIM, MEESTER EN SKEPPER, en wat EK AS JULLE ELOHIM VAN EWIGE LIEFDE VAN EWIGHEID TOT EWIGHEID, het nie.

8 Probeer tog om te verstaan wat EK van weleer gesê het as JAHSHUA, naamlik dat julle die KONINKRYK VAN DIE HEMELE met krag na julle moet aantrek, dit wil sê, klou aan hierdie ANKER VAN VERLOSSING deur MY HEILIGE HAND uitgegooi, sodat julle gered kan word van die maalkolk van die hel. En as julle dit nie wil doen nie, sal EK julle nie dwing om die ANKER VAN DIE REDDING VAN MY GENADE, MEDELYE EN LIEFDE te neem nie. Julle moet en sal julle vrye wil wat heilig is, hou, aangesien dit uit MY spruit, want julle is meer as verrotte hout en moet vry besluit, hetsy vir MY, ELOHIM DIE MEESTER, of vir die hel.

9 MY LIEFDE verbied MY om te peuter met julle Ewige vrye wil. Slegs deur die beoefening van julle vrye wil kan julle MY HEMELE bereik, op geen ander manier nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205