BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die hoogtepunt van GENADE is die Liefdesoffer van Barmhartigheid / die Genade van Barmhartigheid deur die MEESTER se geboorte en die werking van die LIEFDE op Aarde.

11 Liefde is die grootste Krag, het EK DIE MEESTER gesê en Genade is 'n addisionele geskenk van MY LIEFDE.

12 Genade bevat nou 'n toprang, 'n toppunt wat die onmoontlike moontlik maak.

13 Hierdie hoogtepunt van GENADE is BARMHARTIGHEID en Barmhartigheid kan in sigself uitgeput word in die vervulling van die uiterste in die hoogste LIEFDE wat OFFER is. Daarom is OFFER UIT LIEFDE die Liefdesoffer van BARMHARTIGHEID ter wille van LIEFDE.

14 Hierdie OFFER VANUIT LIEFDE raak slegs moontlik wanneer LIEFDE die mees brandende barmhartige Liefde is. Liefde wat nie gereed is vir of in staat is tot selfopoffering nie, het nog nie die hoogste graad van Liefde bereik nie.

15 Julle sal miskien nou geleidelikaan beter verstaan watter diep waarheid en noodsaaklikheid in MY DIE MEESTER SE HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE lê Wie julle gedurig vermaan:

16 Word die brandendste en barmhartigste LIEFDE! Let wel, 'n tyd sal aanbreek vir almal wat MY volg in MY HART SE OERGRONDPOOL MIRIAM om 'n offer te maak indien die mensdom gered moet word.

17 Toe EK DIE MEESTER 'n menslike gewaad aangeneem het deur MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, was dit die eerste barmhartige stadium van MY GENADE.

18 Die tweede fase van MY BARMHARTIGHEID op Aarde was MY LIEFDESWERKING IN MY HEILIGE GEES aan julle, o mensekinders, SUIWER LIEFDE VAN MY HEMELE, om julle te onderrig en bewys te lewer, sodat julle bevry kan word van die blindheid om aan te sukkel in swakheid, van foute en julle skuld, en om in staat te wees om op te vaar na MY Hemele, DIE KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE.

20 Die onvolmaakte erfenis van MY HEMELSE ONDERRIG EN AARDSE LEWE het 'n geweldige verskerwing van MY ONDERRIG teweeggebring, 'n tendens, wat, nadat die suiwerste Liefde wat EK van MY Hemele na die Aarde gebring het, verdraai is tot louter bespotting, wat die mees misplaaste afwykings en innerlike twis veroorsaak en het en wat 'n vreeslik mismaakte JAHSHUA-LIEFDE tot gevolg gehad het, in vergelyking met die oorspronklike een. Daarom het EK nog altyd deur alle tye van julle menslike ras gesien, deur aankondigings met steeds nuwe gereedskap van MY GEES EN LIEFDE, die ware Gees van MY LIEFDE, deur dikwels van die hoogste engele te kies wat vrywillig 'n menslike gewaad geneem het om hierdie taak volgens MY HEILIGE WIL uit te voer. Tog het net 'n paar bewuste menslike siele hierdie nuwe openbaringe aanvaar, want as gevolg van hulle geestelike traagheid, het die grootste deel van MY aardse kinders gewoond geraak aan die botsing van godsdienstige interpretasies. Sodat hierdie gewoonte kon dien as 'n grondslag vir hul krag, het diegene wat die leierskap en krag ingepalm het in MY JAHSHUA ONDERRIG deur slim interpretasies van MY WOORDE, hierdie godsdienstige mengelmoes in onbuigbare vorms gewerp en aan julle opgedis as "heilige waarhede” in "rigiede dogma”.

21 Maar wie, ten spyte van hierdie onbuigbare vorme van geloof, die SUIWER LIEFDE van MY Onderrig in hul hart gehou en in die diepste nederigheid geleef het, naamlik die Liefde en barmhartigheid vir hul naaste – was dikwels beloon deur MY met die GAWE VAN DIE INNERLIKE WOORD vanuit MY HEILIGE GEES – maar sou onmiddellik die donder van MY Teenpool in die aanmatigende kerkinstellings van dwangdogma uitlok, en sou ly onder bedreiging, vervolging, aanklag en oordeel om dikwels op die brandstapel of aan die galg te eindig.

22 Julle mag vra, vandag se kinders van MY LIEFDE, waarom MY ALMAGTIGE LIEFDE nooit by sulke geleenthede ingemeng het nie, dan sê EK DIE MEESTER: Dit sal ook aan julle geopenbaar word in hierdie NUWE BYBEL; maar huidig kan julle dit nie in 'n paar woorde verduidelik kry nie. Wag nog 'n rukkie tot na julle opleiding in die suiwer denkwyse volgens MY Heilige Gees.

23 In die ongeskrewe, maar onmerkbare werkende Wet van Sonde en Versoening, is daar 'n tendens van geregtigheid wat dikwels weerspieël word in baie betekenisvolle digterlike uitdrukkings soos: "Die waarheid sal seëvier", "Die kruik gaan te water totdat hy breek", "ELOHIM se meule maal stadig maar fyn en deeglik".

24 In hierdie strekking van geregtigheid lê die taak van die een engel wat, volgens MY HEILIGE WIL, 'n tyd gelede geïnkarneer is as MY skryfkneg, om die moeisame werk van skryf onder die voorspraak van MY HEILIGE GEES, die volledige verhouding van die grondbeginsels van MY skepping en van MY lewe op Aarde ongeskonde neer te pen. EK het hierdie engel laat grootword onder daardie godsdienstige gesag op Aarde, wat nog altyd verkondig het om die uitsluitlike besitter van die enigste waarheid te wees, sodat die krake van hierdie kruik van geloof wat so ooglopend is, deur die DIE LIG VAN MY SON VAN WAARHEID beskyn sal word sodat dit onherstelbaar sal raak. Dit sal bereik word wanneer hierdie DIE NUWE BYBEL van MY deur baie aardse kinders as die hoogste skat van MY LIEFDE erken sal word.

25 Dit sal dan duidelik word waarom die tweede fase van MY BARMHARTIGHEID alleen nie die nodige verandering en verbetering van die mensdom kon bring nie. Dit sal ook duidelik word waarom MY GEDULD op MY ONDEURGRONDELIKE HEILIGE WEE nodig gehad het om juis in hierdie tyd neer te lê onder die voete van MY MOEDER VAN WELEER MIRIAM as die 19 Baie is geskryf en oorgedra rakende MY AARDSE LEWE EN DADE in JAHSHUA DIE GESALFDE, deels deur MY dissipels en apostels wat dit in MY Naam gedoen het, maar ook deur godsdienstige gelowiges, en later deur fanatici; tog was niks volledig en volmaak aangeteken en oorgedra rakende MY AARDSE LEWE nie. Een rede daarvoor was dat heelwat omstandighede nie gunstig daartoe was nie, nog 'n rede was dat selfs 'n paar dissipels en apostels van MY nie in MY HEILIGE GEES MY WOORDE EN MY DADE begryp het nie, dus nie in staat was om die tradisie in alle volmaaktheid te begin en dit deur te gee aan hul huidige en toekomstige geslagte nie. Dit het die deur oopgemaak vir die deurmekaar weergawes en wanvoorstellings, sodat gou na MY AARDSE LEWE in JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE MESSIAS, VERLOSSER EN GEDRUISIGDE VAN GOLGOTA, daar geen volmaakte erfenis van MY HEILIGE WERKE VAN LIEFDE gelaat is nie.

MOEDER VAN VERLOSSING van alle aardse kinders", die verlossende en versoenende proses vir alle oortredings teen MY ONDERRIG VAN EWIGE LIEFDE. Wag en kyk!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205