BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die tweesnydende swaard

13 MY kinders van hierdie Aarde, kan daar 'n wonderliker belofte wees as dat EK JAHWEH saam met julle 'n Hemel op Aarde sal bou? Wie se hart sal nie met volle ywer van Liefde klop vir MY DIE MEESTER, in MY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE nie? Wie kan hierdie waarlik HEILIGE BELOFTE, in die duidelikste werklikheid gemaak deur SY ELOHIM EN SKEPPER, betwyfel, en nog sy eie weë najaag onder misleidende ideologieë en slagspreuke? Wie verkies die weë geplavei met moord, onderdrukking, slawerny en die ergste skuim van die hel teenoor die weg van innerlike bekering, waar hy hom met MY DIE ELOHIM VAN EWIGE LIEFDE EN BARMHARTIGHEID kan koppel?

14 Aan die einde van julle menslike weë is daar selde enigiets anders as vernietiging en totale uitwissing van die individuele bestaan! Maar aan die einde van DIE HEILIGE WEE VAN JULLE ELOHIM EN MEESTER is daar die lewende werklikheid van DIE NUWE JERUSALEM.

15 En soos wat julle nou weet uit vorige openbarings,

Is 'N GEDAGTE VAN ELOHIM

alreeds 'n heilige werklikheid in al sy volmaaktheid.

16 Is julle, o mensekinders, so swaar vasgevang deur die verlokking van die hel dat julle nie meer nugter kan dink en MY HEILIGE WEE kan betree nie?

17 EK JAHWEH bied julle kinders van hierdie Aarde, nie net hierdie HEILIGE OPENBARINGE in die oorvloedigheid van MY GEDAGTES VAN VOLMAAKTHEID nie, maar EK gun hulle voortdurend aan elke KIND VAN MY LIEFDE as hy MY toelaat om 'n permanente woning in sy hart te maak.

18 Gaan nou diep in julle hart in en hou gemeenskap met MY, JULLE MEESTER, ELOHIM EN SKEPPER, om `n vaste besluit te maak, indien julle nie reeds weet wat om te doen in die lig van hierdie NUWE BYBEL nie!

19 Want EK JAHWEH sê: MY NUWE BYBEL met sy duidelike belofte ten opsigte van die NUWE JERUSALEM is vir elke mensekind op AardeDIE TWEESNYDENDE SWAAR en in die proses sal jy kwalifiseer deur jou eie toedoen as die bekende "koring" of "kaf en jy behoort te weet wat dit beteken! EK kan net byvoeg deur te sê dat wanneer hierdie sifting voltooi is, daar nooit weer enige kaf opnuut sal uitspruit in MY HEILIGE NUWE JERUSALEM nie! Dit sal gegooi word in die oond van geestelike suiwering wat nog steeds LIEFDE is, maar tog 'n LIEFDE van strenge erns soos in die WET VAN SONDE EN VERSOENING, - hierdie tipe Liefde sal diegene tref wie doelbewus kies om nie te luister nie!

20 Julle behoort te weet dat almal op Aarde, voor 'n datum wat EK reeds bepaal het, sal weet dat EK JAHWEH met hierdie NUWE BYBEL vir elke menssesiel 'n anker van verlossing uitgegooi het wat enigiemand kan vang, sodat hy nie 'n prooi word vir die magte van die duisternis nie, om dus so stewig geanker te word in MY HEILIGE GEES VAN EWIGE ALMAGTIGE LIEFDE. En niemand sal ooit kan argumenteer dat hy nie gehoor het van hierdie HEILIGE ANKER VAN VERLOSSING nie.

21 Elkeen wat hierdie Heilige anker van verlossing gryp en dit vashou, sal daardeur geneem word tot in die HEILIGE REDDINGSARK VAN MY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE, en dit sal alle gewillige kinders van MY LIEFDE veilig deur die dae van Oordeel terugbring tot in die NUWE JERUSALEM.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205