BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

DIE HEILIGE DRIE-EENHEID/ ELOHIM se Heilige Sfeer van aksie

132 Na al die openbarings wat tot dusver aan julle gegee is oor die aard en werking van MY HEILIGE GEES, sal julle dit nie moeilik vind om te begryp dat 'n suiwer geestelike verwekking kan plaasvind nie, en EK JAHWEH sê aan julle: As julle, o mensekinders, eendag suiwer sal word, ja suiwerste LIEFDE word, om niks anders as LIEFDE te wees nie, dan sal alles van julle afval wat dit nou nog nodig maak om in `n menslike liggaam van vlees te wees, en dan sal julle anders voortplant as nou.

133 Net soos wat uitstortende LIEFDE 'n presiese voortplantingsproduk van die LIEFDE is, verewig LIEFDE haarself deur ewiglik nuwe dade van LIEFDE voort te bring, so moet dit nog makliker wees om die GEES te begryp - en bo alles, dat die GEES vanuit MY - geestelik sal voortbring en baar, en dat hierdie voortdurende genererende GEES VAN ELOHIM voort kan bring en baar wat ookal HAAR HEILIGE WIL is.

134 Voortplanting en baar soek egter altyd na 'n aanvullende pool, hetsy materieel of geestelik. Hierdie wet van komplementêre polariteite was reeds werksaam in MY oeroorspronklike bron, en aangesien EK ELOHIM DIE MEESTER MY EIE AANVULLENDE POLARITEIT binne-in MYSELF het in MY OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, kan alles verwek en gebore word deur MY HEILIGE GEES, onder 'n wilskrag aspek van MY EIE SELF, en intree in die skepping as 'n verskynsel.

135 En daar is nog 'n verdere ewige wesenlike wet van MY, waarby twee aanvullende pole 'n werksfeer benodig, andersins sal daar chaos wees. Julle kan dus daaruit verstaan, hoe onsinnig die bewering deur 'n klomp sogenaamde wetenskaplikes is, wat beweer dat die heelal uit chaos ontstaan het. Enige mens wat 'n bietjie verstandelik wakker is, sal besef dat – wat slegs hierdie wet van die polariteite betref - MY skepping absolute orde is en dat die wil vir orde noodsaaklik is vir die ware lewe van elke skepsel. Daaruit kan maklik raakgesien word dat alle aspekte van lewe 'n basiese neiging tot orde toon.

136 In die materiële wêreld, is die sfeer van aksie vir enige aanvullende polariteite, altyd 'n deel van materie of 'n som van materiële deeltjies. Die Noord- en Suidpool sou ondenkbaar wees in hulle onderlinge verhouding sonder die Aarde; dit geld ook vir elke liggaam van die heelal tot die kleinste struktuur van materie.

137 In die geestelike wêreld egter, korrespondeer die werksfeer van die aanvullende pole met 'n geestelike werksfeer.

138 MY EIE sfeer van werking is dus MY oneindige ewige skepping; wat absoluut een is met MY, ELOHIM DIE MEESTER, SKEPPER EN VADER van Hemel en Aarde en met MY OERGRONDPOOL VAN LIEFDE, rustend en werksaam binne-in MY. Hier is die feit van die HEILIGE DRIE-EENHEID duidelik aan julle, o mensdom, geopenbaar! Want SY IS HEILIG, dus 'n VOLMAAKTE DRIE-EENHEID - volmaak in HAARSELF en in harmonie (konkordant) in elke dryfkrag tot manifestasie - alles is dus volmaak in MY oneindige ewige skepping. MY skepping sou nie oneindig of ewig kon wees sonder DIE ABSOLUTE VOLMAAKTE DRIE-EENHEID nie. Vandaar die absolute EENHEID van MY DRIE-ENIGE SKEPPING in en uit HAARSELF tot in die oneindigheid.

139 Julle menslike werksfeer egter, tussen haar aanvullende pole - manlik en vroulik - is 'n afgeskeide sfeer, wat eenheid volgens MY BEELD moet bereik. Slegs julle is verantwoordelik vir hierdie afgeskeide sfeer van lewe en dade deur dit wat reeds gesê en geopenbaar is ten opsigte van die ou sonde of oersonde van die gevalle gees.

140 Julle kan MY JULLE ELOHIM werklik dankbaar wees, dat EK julle nie vir ewig in hierdie afgeskeide polariteit gelaat het nie - wat die ewige dood sou beteken, - maar het aan al die kinders van die mens en die gevalle gees die BARMHARTIGE GELEENTHEID gegee om die volmaakte hemelse toestand deur MY LIEFDE, GENADE, GEDULD EN BARMHARTIGHEID terug te kry.

141 MY absolute, suiwer, geestelike WERKSFEER is MY GEESTELIKE SKEPPINGSLIGGAAM. Hier moet EK beklemtoon dat die begrip "liggaam", wat uit julle woordeskat geneem is, absoluut niks te doen het met sy ooreenstemmende aardse materiële begrip nie; inderdaad, die uitdrukking "geestelike skeppingsliggaam" is slegs bedoel as 'n vergelyking met jou eie liggaam, net soos wat EK, as DIE MESSIAS VAN DIE GEES, JAHSHUA, DIE GESALFDE, met die mense in gelykenisse gepraat het wanneer EK konsepte en wette van die hemelse Wysheid duidelik wou maak. Deur hierdie vergelyking het EK bedoel dat alles in MY SUIWER GEESTELIKE WERKSFEER in absolute eenheid funksioneer, net soos in 'n gesonde menslike liggaam. EK JAHWEH sal dit nog duideliker vir julle sê sodat julle beter kan verstaan: - Julle aardse menslike liggaam, uit materie gemaak, weerspieël MY GEESTELIKE SKEPPINGSLIGGAAM in alle opsigte, wat julle nog meer duidelik sal lei na die HEILIGE WAARHEID waarvolgens julle mensekinders NA MY BEELD EN GELYKENIS geskape is.

142 Daarom behoort dit nou duidelik aan julle deur te skemer dat julle nie net KINDERS VAN ELOHIM is nie, maar ook dat EK JULLE ELOHIM, JULLE VADER IN DIE HEMEL is, en dat HIERDIE ELOHIM EN HEMELSE VADER van julle nie net 'n vormlose "kosmiese energie" of selfs 'n "kosmiese wolk" is nie, soos wat sogenaamde "parapsigologiese* wetenskaplikes" of geleerde navorsers die gewoonte het om te sê nie, maar inderdaad

JULLE ELOHIM SKEPPER

EN HEMELSE VADER

IS DIE EEN WAT IS

VAN EWIGHEID TOT EWIGHEID:

ELOHIM DIE MEESTER

en terselfdertyd.

die oerbron

van alle geestelike en materiële formering

en julle mees volmaakte model ooit!

(*Wetenskap wat verskynsels soos telepatie en heldersiendheid bestudeer)

143 So weet julle nou duidelik, o mensekinders, na wie julle roep wanneer julle bid tot

ELOHIM, JULLE SKEPPER:

DIE MEESTER VAN EWIGE VOLMAAKTHEID

EN

DIE VADER VAN EWIGE LIEFDE.

144 Dit maak dit vir eens en altyd duidelik dat hulle wie MY as 'n persoonlike ELOHIM aanbid, nie eenvoudig is nie, maar eerder dat hulle blinde dwase is wat die EWIGE SKEPPER VAN HEMEL EN AARDE in iets onwerklik verander, wie se "ontdekking" van die blindste dwaasheid dan nog onder die dekmantel van die hoogste geleerdheid beklee word.

145 Dit is egter MY HEILIGE WIL dat al julle wetenskappe MY openlik en oortuigend sal erken, om doeltreffend te werk ten einde die menslike ras te lei na verbetering en nie na sy ondergang nie. Met daardie einddoel voor oë, sal EK die geestelike roete neerlê wat gevolg moet word in die komende volume van hierdie NUWE BYBEL, getiteld "DIE BOEK VAN WYSHEID".

146 Na hierdie verduideliking, keer ons terug na MY EWIGE GEESTELIKE SKEPPINGSLIGGAAM, wat deur Haar ABSOLUTE EWIGE VOLMAAKTHEID, ook ONEINDIG BINNE-IN DIE EWIGHEID is, omdat absolute volmaaktheid - probeer om dit in die diepte van jou hart te begryp - ewig en oneindig onophoudelik moet wees in haar volmaaktheid, onbekend met dood.

147 As gevolg van die feit dat EK in jou siel - soos wat voorheen vermeld is - 'n vonk van al die eienskappe van MY geplaas het, moet die volmaakte werksfeer eers herstel word, waarvan julle julleself afgesny het deur julle afvalligheid van MY HEILIGE GEES, en het julle julleself belas met die dood, wat nie van MY KONINKRYK af kom nie, maar van julle gevalle wêreld.

148 Dood is inderdaad die gevolg van 'n volmaaktheid wat verlaat is! As julle, o mensekinders, volmaaktheid in en om julle sal herstel, sal die dood as 'n beperking van julle aardse lewe oorwin word en sal van julle wyk!

149 Dit het EK JAHWEH in JAHSHUA DIE GESALFDE duidelik as voorbeeld deur MY OFFER OP GOLGOTA gestel! Want deur MY geboorte op Aarde moes MY VIR EWIG VOLMAAKTE SKEPPINGSLIGGAAM van suiwer gees verbind met `n liggaam onderworpe aan die wette van materiële beperking; die laasgenoemde is egter oorweldig deur die EWIGE LIGGAAM VAN MY HEILIGE GEES, waardeur EK DIE MEESTER opgestaan het uit die beperking van die aards-materiële "dood" deur MY SUIWER GEESTELIKE SKEPPINGSLIGGAAM, en daardeur aan alle mense op die Aarde bewys het, ook aan al die geeste van die totale Skepping, dat die ewige LEWE IN DIE GEES VAN ELOHIM alles kan bereik, insluitend die oplossing van materie met al sy gebreke, tekortkominge en sondes, soos dood en beëindiging!

150 En aangesien EK ELOHIM DIE MEESTER dit in julle wêreld, op Aarde, vir alle tye en ewigheid bereik het, het julle Aarde die AARDE VAN REDDING geword; en waarlik, dit kon slegs op die Aarde bereik word, want die oorspronklike gevalle gees van MY Hemele het die kern van die Aarde geword met al die moontlikhede van sonde.

151 Dit is die rede waarom, volgens MY HEILIGE WIL, hierdie Aarde van verlossing ook die Aarde van beregting is vir almal wat vanuit MY GEESTELIKE SKEPPINGSLIGGAAM af kom, van MY hoogste engele af tot by julle – die gevalle mensdom, sodat MY hele skepping opgewek kan word na 'n hoër graad van volmaaktheid, wanneer die hele toetsproses vir al MY skepsels op hierdie Aarde voltooi sal wees.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205