BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die opstanding in DIE NUWE JERUSALEM

232 Julle kan daardeur sien dat die HEILIGE WEE VAN JULLE ELOHIM EN MEESTER volmaak is vir elke siel en dat niemand uitgesluit word van MY NUWE JERUSALEM op Aarde nie, nie eens laaste minuut bekeerlinge deur hierdie NUWE BYBEL nie, na 'n lewe saam met MY in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, vertrouend op MY REDDENDE ARM VAN VERLOSSING! Geen kastige geloof kan voor MY bestaan nie, maar slegs die uit die bodem van julle hart. Onthou dit, wie ookal bereid is om MY te volg! Onthou dit ook, elkeen wat klop aan die deur van MY HEILIGE LIGSIRKEL met ander bedoelings as die suiwer en ernstige wil om volmaak te word! Verseker sal elke siel noukeurig ondersoek word tot aan die bodem van sy hart, en geen geheime gedagte sal MY oog kan ontsnap nie.

233 Groot dinge gaan binnekort op Aarde plaasvind waarvan julle nou nog skaars kan droom, en dit sal so oorweldigend wees, dat julle na julle asem sal snak!

234 En almal wat nog nie tot dusver aan MY ALMAG in die huidige sake van hierdie wêreld gedink het nie, sal gou besef dat die verloop van die gebeure nie meer gestuur kan word sonder ELOHIM SE HEILIGE RAADSBESLUIT nie.

235 MY NUWE BYBEL sal dien as 'n ANKER VAN VERLOSSING, ook vir daardie voormalige skeptici, en uit hul geledere sal vele siele die weg na MY LIGSIRKEL VAN DIE GESALFDE vind.

236 Dit sal dus nie so lank wees voordat baie vertalings sal uitspruit vanuit hierdie eerste volume van MY HEILIGE NUWE BYBEL nie, terwyl 'n tweede volume, "DIE BOEK VAN WYSHEID", wat EK JAHWEH sal skenk aan MY gewillige mensekinders in MY ALOMGENADIGE LIEFDE, binnekort sal volg.

237 Intussen sê EK vir almal wat hierdie eerste volume, "DIE BOEK VAN LIEFDE" in hand het: Neem hierdie "BOEK VAN LIEFDE" as julle daaglikse brood in die vomaakte oortuiging van julle gloeiende LIEFDE VIR MY, JULLE SKEPPER, en van julle bestendige bereidwilligheid om volmaaktheid te bereik. Julle sal daardeur die voorvereiste vir toelating as MY WARE KINDERS skep, tot die OPSTANDING IN MY NUWE JERUSALEM.

238 Hierdie opstanding in die NUWE JERUSALEM op Aarde sal die einde van die "laaste dae" wees, dit is daardie dae op Aarde, wanneer, deur MY HEILIGE WIL "die sifting van die kaf van die koring" bereik sal word;

239 die opstanding in die NUWE JERUSALEM is die finale slag voor die tydperk van die nag en droefheid op hierdie Aarde van verlossing;

240 hierdie opstanding in die NUWE JERUSALEM sal elke skepsel se groot sug van verligting wees oor die einde van sy onderwerping aan MY Teenpool en die koms van die HEILIGE VOLMAAKTE LIG van ewige styging omhoog;

241 vir hulle wat by verre die oorgrote meerderheid sal wees en gelei sal word as "die kaf", na hul onderskeie rypwordingsfere, sal dan nie meer slawe van MY Teenpool wees nie, maar bevry vir ware rypwording en, net soos MY WARE KINDERS, sal hulle toegedraai word in MY EWIGE LIEFDE en sal sulke leiding van MY GOEDENTIERENHEID ontvang om steeds meer LIG te ontvang om hul sig duideliker te maak! Die "geween en gekners van tande" is maar die onontbeerlike oorgang vanaf die verstoktheid van die donker sfere van slawerny, na die verhewe sfere van MY LIG, waartydens die swaar skuldbelaaide siele die verlies van hul aardse ballas sal voel as "die dood" van hul duister siele; die skeiding van die wêreld van die dood maak dat hulle "pyniging van die hel" ervaar, wat self toegedien is, op grond van hul hardnekkige weiering om die wêreld van MY Teenpool te verlaat. Tog sal die Oordeel 'n opskorting bring by die hierdie hoogtepunt, deurdat hulle byna dadelik gewaarword van die GOEDAARDIGHEID VAN MY GENADIGE LIEFDE en hulle `n sug van verligting kan gee by die besef dat hulle bevry is van hul selfopgelegde voetboeie deur MY GENADE.

242 want die OORDEEL is ook 'n GENADE, 'n buitengewone GENADE! Sonder OORDEEL sou MY Teenpool sekerlik alle lewe na Ewige dood bespoedig het.

243 Die enigste slawerny wat vir "eenduisend jaar" sal oorbly, sal MY Teenpool  sinne wees, tesame met diegene in haar naaste kragsfeer; nog net "eenduisend jaar ", dit is soos EK DIE MEESTER reeds verduidelik het, totdat die MAG VAN LIEFDE Haar WARE EWIGE KRAG bewys het.

244 Almal kan meehelp om hierdie "duisend jaar" te verkort, almal, sê EK JAHWEH!

245 Bygevolg jy ook, MY kind, wat hierdie HEILIGE WOORDE van MY lees, deel daarin om 'n ware KIND VAN MY LIEFDE te word en help om daardie "duisend jaar" te verkort, eerder as om dit te verleng!

246 Hierdie "duisend jaar" sou nie nodig gewees het as MY kinders op Aarde aan hulself gewerk het en alles in die volmaaktheid van MY EWIGE WIL gevolg het deur die vermanings van die Ou Bybel en die aanvulling in hierdie NUWE BYBEL nie.

247 Hierdie "duisend jaar" is uitsluitlik `n gevolg van julle swakheid, o mensekinders, om dadelik verlok te word deur die Slang se staar en gespoeg te word deur sy vorm van proteinegif wat al julle lewensweë besmet, en wat julle dwaas genoeg is om graag te sluk, sodra dit vir julle aangebied word as `n betowerende bril, in plaas van om MY ELOHIM DIE MEESTER binne-in jou hart te vra, om uit te vind oor waar en hoe die waarheid gevind kan word.

248 MY HEILIGE VOLMAAKTE WOORDE van hierdie NUWE BYBEL stel julle in staat om die brandpunttoets toe te pas op alles wat julle omgewe of opvang en om alles in sy ware lig te herken. Julle hoef net opleiding te kry in die korrekte gebruik van hierdie lens, dan kan niemand julle meer in `n strik vang nie.

249 Julle sal dan nie meer om die bos gelei word deur daardie woorde wat as aas gebruik word, wat julle dan volg en julle siel en julle hele bestaan verkoop aan MY Teenpool se oorlopers nie. Hoe waar inderdaad is die storie nie oor die oorloper wat 'n hele klomp kinders in die duisternis gelei het deur die klank van sy betowerende fluit nie; hierdie gelykenis pas ook die meeste van julle, want oor en oor word julle bedrieg deur die verlokking van duisternis en EK JAHWEH kan nie anders as om julle maar te laat gaan deur julle eie vrye wil nie, aangesien EK nie Self MY HEILIGE WETTE ongeldig kan maak nie, want as EK met julle vrye wil moet peuter, sal EK Self MY WETTE moet omkeer en nooit kan julle, o mensekinders, toeneem as BEELDE VAN MY-SELF nie! Dit is waarom EK JAHWEH julle maar uitsluitlik moet leer met MY HEILIGE STEM en op geen ander wyse nie, en sal julle slegs direkte leiding gee as dit julle eie wil is en julle MY, JULLE HEMELSE VADER JAHSHUA daarvoor vra!

250 EK, JULLE ELOHIM EN MEESTER het 'n toegewing gemaak aan julle, o mensekinders, sonder om die HEILIGE WET VAN VRYE WIL af te skaf, deur na die Aarde terug te keer in MY ALLERHEILIGSTE en MY bereid te verklaar om julle sigbaar en direk te lei, as dit julle wil is.

251 Hierdie is die begin van die NUWE JERUSALEM as `n soort inleiding, MY onmiddellike teenwoordigheid onder julle, wat alles uitdeel van MY ELOHIM DIE MEESTER, in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, vir julle beskerming teen die mag van die duisternis en julle leiding na die EWIGE LIG VAN DIE NUWE JERUSALEM!

252 Voorwaar kan die tyd op julle Aarde dadelik begin wat EK as JAHSHUA duidelik afgebaken het in

MY BERGPREDIKASIE

"Geen mens kan twee MEESTERS dien nie, want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, óf anders sal hy vashou aan die een en die ander verag. Jy kan nie ELOHIM en Mammon dien nie. Daarom sê EK vir julle, moenie bekommerd wees oor julle lewe nie, wat julle sal eet of wat julle sal drink, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? Kyk na die voëls van die Hemele: Hulle saai nie nie en hulle maai nie en maak nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie meer werd as hulle nie? Daarom moet julle julle nie kwel en sê: "Wat sal ons eet?", of "Wat sal ons drink?". of "Wat sal ons aantrek" nie? Want die heidene soek na al hierdie dinge, en julle Hemelse Vader weet dat julle dit alles nodig het. Maar soek eers die KONINKRYK VAN ELOHIM en SY Geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal na homself kyk. Elke dag het genoeg van sy eie probleme."

253 Julle weet dat EK DIE MEESTER reeds gesê het dat julle nie moet toelaat dat julle deur die letter doodgemaak word nie! En as julle die dieper geestelike betekenis van hierdie woorde van MY JAHSHUA sal begryp, sal julle weet dat al julle probleme opgelos sal word wanneer

"julle eers die KONINKRYK VAN ELOHIM soek

en

SY GEREGTIGHEID",

want dan sal MY HEILIGE WETTE so effektief word dat MY LIEFDE EN GENADE die regte gedagtes sal verwek, sodat julle mensekinders nie meer sal kan dwaal nie.

254 Is julle regtig gereed daarvoor, MY kinders van hierdie wêreld? Of is die slang se sensuele gif nog meer aantreklik vir julle as MY HEILIGE STEM in MY NUWE BYBEL?

255 Besluit, sê EK JAHWEH, aan die einde van hierdie eerste volume van MY NUWE BYBEL! Kan jy wetens aanvaar dat MY Teenpool "Satana", die "Prins van hierdie wêreld" smalend verheug sal wees dat jy beter sal voel in Satana se voetboeie, as in die ware vryheid van MY EWIGE LIEFDE? Kan jy die vooruitsig aanvaar van haar heerskappy oor jou en om by haar aan te sluit in die "duisend jaar" van slawerny?

256 Voorwaar, kinders van hierdie wêreld, julle het by die kardinale punt gekom om `n besluit te maak:

257 OF VIR MY

ELOHIM DIE MEESTER

IN MY HART SE OERGRONDPOOL

VAN EWIGE LIEFDE

Of teen MY

258 Eerder vir

DIE NUWE JERUSALEM

op hierdie Aarde

of vir die "duisend jaar" slawerny met

SATANA

die "Prins van hierdie wêreld"

259 Voorwaar,

EK ELOHIM DIE MEESTER herhaal

hierdie besluit is die besluit van alle besluite

vir julle

KINDERS VAN MY LIEFDE

op hierdie ster van verlossing,

"Aarde"

  Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205