BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die Sentrum van die NUWE JERUSALEM op Aarde / Die nuwe Heilige Alliansie van ELOHIM DIE MEESTER met SY ware kinders

22 Die NUWE JERUSALEM is die HEILIGE DOEL VAN DIE SKEPPING op hierdie Aarde van Verlossing, wat verleen word deur MY LIEFDE, GENADE EN BARMHARTIGHEID, die ware HEILIGE BETEKENIS BINNE DIE HELE SKEPPING.

23 Die NUWE JERUSALEM is op beide die geestelike en die aardse vlak die voleinding van MY idee van volmaaktheid op hierdie ster van verlossing aangaande die redding en terugkeer van almal wat eens van MY Hemele geval het.

24 Die NUWE JERUSALEM het reeds binne-in MY, JULLE SKEPPER VAN HEMELE EN AARDE 'n geestelike werklikheid bereik tot op die laaste jota, en, op die regte tyd van volwassenheid, soos alles in MY skepping, sal dit 'n HEILIGE WAARHEID word vir almal wat van MY uitgegaan het of wat nog steeds moet gaan.

25 Dit is dus sinneloos om hierdie werklikheid van die NUWE JERUSALEM te ontken en geen wêreldse mag kan verhoed dat sy vorm aanneem nie. Wie ookal so 'n poging sal aanwend, sal onmiddellik onder die invloed kom van die Ewige WET VAN SONDE EN VERSOENING versus MY HEILIGE GEES.

26 Die NUWE JERUSALEM het vandag niks meer in gemeen met die ou Jerusalem in Palestina nie, ondanks die aanvanklike bestemming van die Bybelse Jerusalem om die kern en die SPIL VAN MY HEILIGE WIL vir hierdie Aarde te word; MY "uitverkore volk" het hierdie Genade vir ewig verbeur deur MY, HUL OU TESTAMENTIESE WARE ELOHIM, JAHWEH EN SKEPPER VAN EWIGHEID TOT EWIGHEID, HUL MESSIAS IN JAHSHUA DIE GESALFDE op die kruis van Golgota vas te spyker, en het deur hierdie blinde daad die SONDE VAN ALLE SONDES TEEN MY HEILIGE GEES gepleeg, en het hul verlossing uitgestel tot die laaste dag van GENADE vir alle gevalle geeste van MY KONINKRYK.

27 Die NUWE JERUSALM van hierdie tyd sal altyd sy hoof spilpunt hê waar EK JAHWEH is IN MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE op die EWIGE ROTS VAN MY HEILIGE GEES.

28 Trouens, die NUWE JERUSALEM is deur MY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE in hierdie sluitingstyd van verlossing MY GEESTELIK VOLMAAKTE AKSIESFEER vir hierdie Aarde en al sy mensekinders, en hulle sal MY HEILIGE DOEL VAN SKEPPING wat aan hierdie ster toegeken is, besef.

29 En hierdie NUWE BYBEL is alreeds

DIE HEILIGE BOEK VAN BOEKE

vir

Die NUWE JERUSALEM!

30 Dit is dus duidelik dat

MY HEILIGE OPENBARINGS

met hul HEILIGE GEBOOIE slegs

DIE WET VIR DIE NUWE JERUSALEM is!

31 En net soos EK JAHWEH eens `n verbond gesluit het as die ELOHIM VAN ISRAEL met MY uitverkore volk - deur sy grootste profeet Moses - 'n HEILIGE VERBOND onder MY HEILIGE WETTE, sal EK JAHWEH dit ook sluit met alle mensekinders van hierdie Aarde, deur DIE WET VAN MY NUWE BYBEL, wat WARE KINDERS VAN MY LIEFDE wil wees,

'N HEILIGE VERBOND

IN

MY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE

en skep sodoende

die onverganklike fondament van die

NUWE JERUSALEM

op die Aarde!

32 Dit beteken dat EK JAHWEH, deur hierdie HEILIGE VERBOND in MY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE, 'n einde sal maak aan hierdie tydperk van duisternis van MY Teenpool, deur die totstandkoming van die NUWE JERUSALEM.

33 Die koms van die NUWE JERUSALEM op Aarde sal die magte van die duisternis laat verdwyn.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205