BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

DIE KONINGIN VAN LIEFDE IN DIE GLORIE VAN MY HEMELE

63 Toe word die geestelike harte van MY engele, woonagtig in die hoogste sfere van MY hemele, stadig gevul met die HEILIGE GEES van MY LIEFDE, wat hulle in 'n wonderlike toestand van hemelse blydskap geplaas het, waarvoor julle mensdom geen woorde het nie.

64 In hierdie wonderlike toestand van hemelse geluksaligheid, het die hemelse sfere skielik verhelder in hul reeds glinsterende kleure in soortgelyke onbeskryflike kleure en skakerings van harmonie wat slegs engele ken.

65 En gedurende hierdie pragtige vertoning van kleure, waarteen die mooiste reënboog op Aarde maar 'n swak vergelyking is, het daar die wonderlikste ligte geflits, heeltemal onbekend aan die mens, en wat selfs vir die engele van MY hoogste hemele as 'n ongewone wonderwerk verskyn het.

66 In hierdie wonderlike vertoning van alle hemelse kleure het 'n gesig van allesdeurdringende skoonheid, genade en lieflikheid uitgesprei verskyn, en tog met edele erns, wat die hoogste saligheid en prag uitgestraal het, watter lig en glorie daar ookal in MY Hemele was, uitgestraal het, 'n gesig wat geen engelgees, nie eens die hoogste engel in sy heerlikheid, sy eie kon noem nie.

67 Want dit was

MY HEILIGE WEERKAATSING

vanuit die mees geheime uithoeke van

MY HART SE OERGRONDPOOL

VAN EWIGE LIEFDE:

DIE KONINGIN VAN LIEFDE EN VAN ALLE HEMELE!

68 En sonder dat HAAR pragtige gelaatstrekke beweeg het, sonder dat die HEILIGE MOND VAN MY HEILIGE LIEFDE geopen het, sonder die geringste waarneembare beweging in die ALLERHEILIGSTE, het daar 'n geruis van hemelse klanke vanuit hierdie HEILIGE AANGESIG gestroom, wat beide musiek en woorde was: Hemelse musiek van waarneembare woorde, wat nie net deur die geestelike ore van MY hemelse geeste ontvang is nie, maar wat ook die harte van al die engele met 'n geluksalige trillende opgewondenheid gevul het, en gesê:

"MY HEILIGSTE OERLIEFDE

sal gebore word op die ster van alle sondes deur MY JULLE KONINGIN, om die ALLERHEILIGSTE GEWAAD VAN JULLE ELOHIM EN VADER aan te neem.

69 Hy sal eers `n baba wees, nie anders as die van ander mense van die sondige Aarde nie, maar ELOHIM SE HEILIGE GEES VAN WYSHEID sal in Sy ALMAGTIGHEID gebore word en binne-in hierdie baba groei op so `n wyse dat Hy in die keur van Sy lewe die grootste verlossende offer sal bring, tesame met Sy terugkeer na die Hemele. Tog sal die dinge wat daardeur opgelos word, 'n raaisel bly vir so lank as wat dit die HEILIGE WIL VAN ELOHIM is.

70 Laat die LIEFDE VAN JOU ELOHIM EN MEESTER dus uit Sy OERGRONDPOOL optree in SY ALLERHEILIGSTE WYSHEID en wees DIT WAT SY vir ewig is en sal bly: DIE ONPEILBARE WYSHEID VANUIT DIE LIEFDE vir alles wat vanuit SY LIEFDE gekom het.

71 EK, MYSELF AS DIE EWIGE IN SY MEES INNERLIKSTE VADERLIKE HART sal voortgaan volgens SY HEILIGE WIL IN ALLE WYSHEID as EWIGE LIEFDE BO ALLE LIEFDE om HOM en MY EIE SELF te gehoorsaam vir ewig ter wille van DIE MEES VOLMAAKTE LIEFDE!

72 So en slegs so sal WARE LIEFDE vir ewig wen, en wie ookal van SUIWER LIEFDE geval het in die nag van MY Teenpool, sal teruggelei word huistoe. Oorwin met MY, as julle wil wees soos EK, LIEFDE BO ALLE LIEFDE! "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205