BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

DIE SEWENDE GEBOD vir `n ware geheiligde huwelik lees daarom:

Wees BARMHARTIG in jou huwelik!

288 EK sê: Wees barmhartig soos EK, tot op die laaste vesel van jou siel! Want jy kan jou volwassenheid inderdaad self herken, slegs wanneer jou liefde kan ontwikkel tot barmhartigheid om daardeur die vurigste, ware LIEFDE te word, in staat om te vergewe en kwyt te skeld, net soos wat EK aan die Kruis van Golgota gedoen het!

289 Liefde is nog steeds koud en nader aan eieliefde as ware LIEFDE, wanneer sy nie barmhartig is en gereed vir selfopoffering nie!

290 Slegs deur Barmhartigheid word LIEFDE die ware, brandendste en vurigste LIEFDE - ter wille van die LIEFDE - en kan dan absoluut enigiets dra! Hierdie ware en barmhartigste LIEFDE kan nie net enige verlossende las op haarself neem nie, maar kan ook haarself offer vir die foute en tekortkominge van die ander vennoot, egter ook vir alle ander mensekinders. Hierdie hoogste lyn van LIEFDE deur Barmhartigheid is verlossende LIEFDE.

291 EK DIE MEESTER het hierdie Liefde aan julle bewys, o mensekinders van hierdie Aarde, sowel as aan alle engele en hemelse geeste in MY KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE, net soos MY MOEDER VAN WELEER MIRIAM dit nou aan julle bewys, deur dieselfde graad van opoffering.

292 Slegs deur so `n verlossende barmhartigheid kan die ergste van die onvermydelike Oordeel van julle afgeweer word, mensekinders van hierdie Aarde ; want die gruwels van die huidige tyd is so groot, dat hulle nie deur die mens afgeweer en opgelos kan word nie, maar slegs deur MY DIE MEESTER, met die hoogste Engele van MY Hemele. Dit is waarom EK DIE MEESTER weer teruggekom het in MY ALLERHEILIGSTE, ten einde, met die grootste genade, die swaarste skuld te verlos deur MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE.

293 Aanvullend is daar die LEERSKARE VAN MY HEMELE wat na hierdie Aarde toe gekom het om te help om alles te verlos wat moontlik is. Die meerderheid van hulle moet eers ingelig word in MY LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE oor die harde werklikheid van hierdie sondige wêreld, en meer dikwels moet hulle gered word deur die verlossingswerk van MY MOEDER VAN WELEER van die skuldlas van hul eie foute wat in hulle menslike kleed gepleeg is, sodat die HEMELSE KERN VAN MY LIGSIRKEL OP AARDE ferm kan staan wanneer die Oordeel hierdie Aarde sal laat sidder soos nog nooit tevore nie.

294 Kinders van MY Liefde, word mede-lossers deur die beoefening van die vurigste barmhartigheid! Dit moet neerkom op 'n oneindige kruin van ware LIEFDE in julle net soos in MY, JULLE SKEPPER!

295 As dit waar word, sal julle uitstyg bo julleself, ook in julle huwelik; want met barmhartigheid kan julle alles wat groot opdoem in julle lewe en onmoontlikheid lyk, maklik bevry. Julle weet nou dat julle in julle MOEDER VAN VERLOSSING en KONINGIN VAN MY HEMELE die helderste kalklig van Barmhartigheid het, SY WIE in HAAR huidige menslike kleed die bloedvergieting van alle tye uit Barmhartigheid dra; want so 'n skuld kan slegs verlos word deur die HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE; want die bloedskuld van die mensdom het reeds in MY Hemele begin, met die val van ware Liefde in eieliefde en vir dieselfde ek-georiënteerde geestelike rede vervolg is op die Aarde, as die misdaad van Golgota; maar dit het nie daar geëindig nie, maar het ook verwoesting onder al die Apostels en alle ware kinders van MY Liefde bewerk; inderdaad, hierdie bloedvergieting van MY Teenpool, met haar ook aardse gewortelde drie-eenheid van die selfvergoddelikte egotisme (selfgenoegdoening), sou nooit geëindig het nie, as EK DIE MEESTER in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE nie hier die streep van verlossing getrek het om weg te doen met die bloedvergieting van alle tye nie! Dit is wat bedoel word met die profesie wat sê dat die Slang se kop vermorsel sal word - wat beide geestelik en op Aarde verstaan moet word.

296 Maar hierdie grootste daad van genade van universele wonder, wat in afsondering aangaan, weg van julle menslike oë - wat uit nuuskierigheid net `n risiko sal wees vir die uiteindelike resultaat - sal slegs openbaar gemaak word in verdere volumes van hierdie NUWE BYBEL, wanneer dit bereik word en julle harte in staat sal wees om dit te begryp!

297 MY vroeë aankondiging van hierdie gebeurtenis aan julle het ten doel om julle te stimuleer, Kinders van MY Liefde, om te werk as mede-lossers in julle werksfere deur die hoogste voorbeeld, wat deur julle HEMELSE VADER JAHSHUA in sy HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE gestel is, ten einde op julle skaal te bereik wat julle MOEDER VAN VERLOSSING bereik in die grootte.

298 Uiterste Barmhartigheid alleen kan die mensdom red en verlos wat vasgevang is in die strikke van MY Teenpool in die springgety van hoogmoed en ydelheid. Dit dien geen doel om die selfgemaakte kettings af te skud met die duurste materiële middele nie; want sulke middele, wat gevorm is uit eieliefde vir self-handhawing oor die medemens, kan daardie kettings maar net nog stywer vastrek.

299 Die enigste uitweg word voorgestel deur die HEILIGE GEES VAN EWIGE LIEFDE, WIE, verhogend tot absolute Barmhartigheid, enigiets kan doen en in is staat om die hardste ys, sowel as die mees getemperde staal op te los, of - wat nog harder is as beide - selfs `n versteende hart van 'n duister siel.

300 Indien jy 'n eenheid met MY HEILIGE GEES sou bereik in die stilte van jou hart en deur middel van 'n lewe volgens MY HEILIGE GEBOOIE, sal jy in staat wees om tot jou voordeel die energie van genoemde Barmhartigheid stadig los te laat, wat nie net veel sterker as kernenergie is nie, maar dit plaas julle selfs in 'n posisie om die geeste, wat gevange is in die besonder digte materie, te bevry en om hulle op die weg na MY KONINKRYK VAN DIE GEES te plaas, terwyl kernenergie wat gebonde gehou word in die atomiese struktuur van materie, julle leed sal aandoen. Op daardie manier kan julle as ware Kinders van MY Liefde inderdaad werklik behulpsame mede-lossers word.

301 Danksy julle diep betrokkenheid in materie, waarvoor julle, o mensekinders, gewoond is om met mekaar te veg, om voortdurend mee te ding vir rykdomme van materie, en oorloë te veg met moorddadige wapens wat gemaak is uit hierdie materie, met die oog op die beheer van daardie rykdomme, sluit julle aan by die geeste wat gebonde is in materie en daarom is julle in vir 'n verskriklike ontwaking!

302 Daarom versoek EK JAHWEH, WIE DIE MEESTER VAN DIE SKEPPING is deur EWIGE LIEFDE EN BARMHARTIGHEID, jou met al die erns VAN MY HEILIGE STEM:

Neem hierdie NUWE BYBEL van nou af as jou daaglikse brood en word sodoende die hoogste en suiwerste LIEFDE: BARMHARTIGHEID!

303 So sal jy met MY HULP bevry word indien dit jou wil is; ook sal almal, insluitend jouself, van die selfgemaakte kettings van materie bevry word!

304 Begin deur die beoefening van volmaakte Barmhartigheid in jou huwelik, straal haar uit op jou hele gesinslewe en dra haar oral uit onder jou naaste! Jy sal weer asemhaal, sê EK DIE MEESTER, terwyl jy sal agterkom dat jou daaglikse vryheid toeneem; jy sal in vervoering wees oor die wyse waarop alle beperkings van jou doelwit geleidelik sal ontknoop en begin oplos, en dit sal nie lank duur voordat jy sal besef hoe alles, selfs in die buitesfeer van jou aardse lewe, besig is om te verander nie.

305 Tog moet julle hierdie werk van hartstogtelike en liefderyke genade doen met die diepste erns en sonder om buitengewone dinge te verwag; want die wonderlike ding is eenvoudig net dat julle MY HEILIGE STEM volg, en dat die STROME VAN MY GENADE julle kan help om ontslae te raak van julle kettings.

306 Wanneer EK JAHWEH dus die toevlug neem tot sulke buitengewone wonderwerke deur MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, soos wat EK een keer bereik het in JAHSHUA DIE GESALFDE, sal dit te laat wees vir 'n hele klomp van julle! Want as EK DIE MEESTER julle, o mensekinders, slegs op sterkte van wonderwerke kan oortuig dat

EK weer teruggekeer het na hierdie Aarde,

en dat

EK IS WIE EK IS,

dan sal julle in julle gees in 'n groot mate reeds onder die Oordeel wees en belemmer in julle vrye wil. Dan kan julle nie meer die direkte roete deur die smal POORT VAN DIE HEMELE NA MY KONINKRYK kan neem nie, maar sal gewerp word op die taamlik pynlike lang kronkelende sypad waar julle deur stap vir stap bitter swaarkry in staat sal wees om julle blindheid stadig af te werp, wat julle verhoed het om MY te herken in MY NUWE BYBEL en MY op die nippertjie van tyd gevolg het.

307 Voorwaar, met hierdie NUWE BYBEL is die pad van verlossing nou maklik vir julle en so duidelik voor julle oë gekarteer dat julle daarvoor moet gryp! Of wil julle uit pure louheid en blindheid aan julle selfgemaakte kettings vashou? Wat anders kan EK DIE MEESTER vir julle doen, as om maar net weer `n beroep op julle te doen, as 'n afsluiting van die HEILIGE SEWENDE GEBOD vir 'n ware geheiligde huwelik:

Word die vurigste genadigste Liefde

sodat

MY GENADE oor julle kan kom,

en julle weer kan word:

VRYE KINDERS VAN MY LIEFDE!

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205