BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die Hoogste Genade van DIE MEESTER / Proewe voor Wedergeboorte in die HEILIGE GEES

12 In Waarheid gaan EK DIE MEESTER aan julle in hierdie hoofstuk die HOOGSTE GENADE wat EK kan gee aan 'n KIND VAN MY EWIGE LIEFDE openbaar: WEDERGEBOORTE IN DIE VUUR VAN MY HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES.

13 Laat MY dadelik daarop wys dat hierdie openbaring nie die louwarmes, die hardnekkige of die beneweldes aangaan nie; want hulle sal nie opgewek, onderrig, of verlig word deur die hoogste en heiligste werklikheid nie! Hierdie openbaring is gereserveer vir diegene wat bereid is om LIEFDE, vurigste en barmhartigste JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE te word, en om gehoorsaam te wees aan MY, om so aangesteek te word met die LIEFDE VAN ALLE LIEFDE. Dit is meer spesifiek bedoel vir hulle wie, groot geeste van MY Hemele, afgekom het na hierdie Aarde met die taak om groot dinge te bereik in die medeverlossing van alle gevalle lewe, maar wat dikwels tydens hulle inkarnasie verdwaal het, onbewus geword van hul hoë missie, en wie deur middel van hierdie NUWE BYBEL nou hulle voorheen self-aangeneemde taak en ware roeping sal terugvind.

14 Die aardse weg van 'n hemelse gees is nie maklik nie, anders sou dit nie 'n verlossende weg gewees het nie! EK DIE MEESTER, in die menslike gewaad van julle VERLOSSER, JAHSHUA DIE GESALFDE, het die beste voorbeeld in hierdie verband gestel. En net soos MY aardse loopbaan as die Seun van die Mens sy kroning in die opstanding uit MY fisiese liggaam gehad het, net so kan aan elke gees van MY Hemele ook die hoogste genade gegee word: die Wedergeboorte in die vuur van MY HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES.

15 Maar tog sê Ek onmiddellik vir julle dat die blote vervulling van MY GEBOOIE by verre nie genoeg is om hierdie hoogste Genade te verkry nie, en dat veel meer nodig is as 'n heilige erns; 'n HEILIGE VUUR in die hart van 'n KIND VAN MY LIEFDE is inderdaad noodsaaklik, om so die kroon van die wedergeboorte in MY HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES te verkry! Hierdie brandende HEILIGE VUUR sal ook die laaste oorblywende boeie van onderdanigheid aan MY Teenpool wegsmelt en ontsteek in 'n reuse vlam wat die siel sal dra tot die uiterste en wat die HEILIGE GEES VAN MY EWIGE LIEFDE EN VOLMAAKTHEID aan die brand sal steek en laat uitstraal waar dit ookal gaan.

16 Die eerste ding wat gedoen moet word daarvoor, is om jou te begeef op die pad na die siel se wedergeboorte deur MY HEILIGE WIL met die heiligste erns. Dit beteken om so deurtrek te wees met MY HEILIGE OEREIENSKAPPE – soos reeds aangedui - dat enige swakheid afgegooi sal word en watter risiko van terugval daar ookal is, onmiddellik in die kiem gesmoor word; dit beteken gelyktydig nie net om dit alles te bereik nie, maar ook om MY HEILIGE WIL deeglik te vervul in alle dinge, wat ookal EK DIE MEESTER mag vereis. Dit is die toetse en proewe wat geslaag moet word, sodat 'n siel nie in gebreke sal bly om die laaste hindernis oor te gaan om die grootste doel te bereik nie.

17 Tree julle nie ook so op nie, o mensekinders, wanneer dit kom by die nastrewing van julle eie doelwitte, of om masjiene of toerusting te bou nie? Julle ondersoek ook alles met goeie beredenering, want sonder so 'n toets kan niks ernstigs bereik word, of sal niks vir die benodigde tyd hou nie.

18 Daarom moet MY toetse en proewe ongelooflik hard, moeilik en omvattend wees, om so 'n siel in staat te stel om op te styg vanuit haar materiële slawerny tot in ware vryheid, en nog groter is die proewe wat 'n Gees moet lei tot absolute meesterskap oor materie en siel, en oor haarself in die HEILIGHEID VAN MY JAHSHUA-MIRIAM-GEES om as kroning die wedergeboorte in MY HEILIGE GEES tot gevolg te hê.

19 Die toetse en beproewinge wat aan `n vleesgeworde Gees opgelê word, is dikwels so swaar en onbegryplik dat hy kan begin twyfel of daar 'n ELOHIM, 'n SKEPPER, of 'n VOLMAAKTE WESE bestaan. Dit is gloeiende vuurproewe wat veronderstel is om aan die een kant, alle verbindings met hierdie wêreld tot op die laaste atoom weg te smelt, terwyl aan die ander kant, hulle 'n deeglike tempering in die HEILIGE WIL VAN MY HEILIGE GEES behels. Onthou die toetse en beproewinge van al die groot Bybelse figure en jy sal die relevantste voorbeelde hê. EK DIE MEESTER het ook nie 'n uitsondering met MYSELF gemaak tydens MY vleeswording nie, en ook nie MY HART SE-OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE in MY MOEDER VAN WELEER MIRIAM nie, en as jy kyk na MY EN HAAR AARDSE LEWE in die lig van Bybelse rekords - en veel beter in MY openbaring deur MY reeds genoemde skryfkneg - kan julle maklik begryp dat ONS AARDSE WEЁ nie uitgemerk is deur 'n lot aangewys deur MY Teenpool nie, maar ook deur beproewinge en verdrukking wat EK aan MYSELF en die ALLERHEILIGSTE uitgedeel het onder die gekonsentreerde aanslag van hel, en wat alleenlik uiteindelik VERLOSSING EN OPSTANDING kon bereik.

20 Trouens, elke beproewing van siel en gees onder die moeilikste omstandighede van hierdie Teenpoolwêreld sal talle vasgevange potensies verlos en vrystel, watter syfer julle nie kan bereken nie, en die minste van almal kan die blinde van gees, die hardnekkige en die louwarm begryp in hoeveel GENADE hulle deel deur die verlossende lewe van hoë en hoogste Geeste wat geïnkarneer is en beproewinge met verreikende gevolge moet ondergaan! Maar nadat die KONINKRYK VAN MY HEILIGE GEES bereik is, sal die voorgenoemde met ontsag sidder oor hul misdade wat veroorsaak is deur hul onmeetbare blindheid en hulle sal in waarheid onophoudelik in diepste berou tot MY bid en teen al daardie teen wie hulle gesondig het, om vergewe te word; want die onbreekbare WET VAN SONDE EN VERSOENING sal onuitwisbaar alles opteken in die geestelike boek van elke lewe, veel beter as in julle bederfbare films, en sal dit so lank behou totdat dit vergewe of versoen is.

21 Elke Gees sal deur die toetse en beproewinge wat deur MY LIEFDE EN GENADE op hom geplaas is, sy voorheen verkreë vermoëns ontgroei, en slaag hy deur die gloeiende vuurproewe in die VUUR VAN MY HEILIGE GEES, sal hy deur die beeld van MY SEWE HEILIGE OEREIENSKAPPE 'n GEESTELIKE SON IN MY EWIGE EN ONEINDIGE SKEPPING word; want hy sal wedergebore word in MY HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES, en dit beteken dat hy- deur die pad van toetse en beproewinge - MY EWIGE VOLMAAKTHEID teruggevind het, van waar hy eens uitgegaan het as 'n KIND VAN MY LIEFDE.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205