BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

- Hoofstuk 6 -

Die Vergifnis van Sondes / Die Liefdeswet van Sonde en Versoening

1 Daar is inderdaad 'n groot vreugde in MY Hemele wanneer 'n KIND VAN MY LIEFDE in ware Liefde elke siel vergewe vir alles wat die laasgenoemde aan hom gedoen het in die verharding van sy hart. Want julle weet nie, MY kinders, - ja juis julle wat hier lees - die lyding wat julle veroorsaak het aan 'n ander siel in lewens voor hierdie nie! Julle kan dit onmoontlik nie weet in hierdie sondige menslike gewaad nie!

2 Veroordeel nie

en julle sal nie geoordeel word nie!

3 Let daarop dat die hoogste LiefdesGebod van MY Hemele slegs vervul word wanneer 'n mensekind `n ander vergewe deur waarlik te bely

om ELOHIM bo alles lief te hê

en sy naaste soos homself!

4 Deur die vervulling van hierdie HEILIGE GEBOD word julle genadegawes tot 'n mate toegestaan wat onsigbaar bly vir julle vleeslike oë.

5 Graveer dit diep in jou hart dat slegs vergewende Liefde jou verlos en al diegene wat saam met jou gebonde is deur die diamantharde

LIEFDESWET VAN SONDE EN VERSOENING

6 Niemand kan sê: Ek is nie skuldig aan hierdie of daardie toestande nie, laat die ander een dus kom om MY te vra vir MY vergifnis. Indien jou gedagtes so is, MY mensekind, dan is jy nog baie ver van ware LIEFDE, want hoogmoed is nog steeds in beheer van jou siel! Brandende LIEFDE weet van geen bevoorregting vir enige siel nie.

7 Gestel julle het te doen met mensekinders, julle broers wat nie in die minste gereed is om hulle skuld te sien of om julle te vergewe as julle hulle aanstoot gegee het nie; omvou hulle met dieselfde woorde wat Ek geuiter het in JAHSHUA DIE GESALFDE, hangend aan die Kruis en besig om dood te bloei, toe EK uitgeroep het na MY moordenaars en folteraars en al diegene wat teen MY gesondig het:

VADER, vergeef hulle,

want hulle weet nie wat hulle doen nie!

8 Hierdie woorde, indien uitgespreek met die volle krag van julle liefdevolle barmhartigheid, bring 'n effense krakie in die kors van blindheid en verstoktheid wat stadig, duim vir duim, gaan padgee.

9 Maak los julle kettings wat julle weer in julle dwaasheid gebind het; ontbind dit deur LIEFDE, sodat julle mag terugkeer na MY SALIGE KONINKRYK as vry geeste van MY Hemele.

10 In MY KONINKRYK sal 'n siel se ontwaking bitter wees as sy nie deur LIEFDE dit opgelos het wat maklik in hierdie aardse lewe gedoen kon gewees het nie!

11 Daarom roep MY, as julle ernstig is om vir ewig ontslae te raak van julle verkeerdhede, sodat EK DIE MEESTER IN MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, dit met en onder julle deur MY GENADE kan regstel!

12 Laat Liefdesstrome vrylik vloei uit julle hart in die mees vurige Liefde vir elke siel, sonder uitsondering, sodat vergifnis 'n opregte vergifnis kan wees; want om te vergewe, MY kinders, beteken om te vergeet vir tyd en ewigheid! Skryf dit met vurige letters in julle hart:

13 Om te vergewe beteken om te vergeet!

14 Trouens, na vergifnis, moet nie 'n enkele negatiewe gedagte meer daaroor ontstaan nie, om nie eers te praat van 'n negatiewe woord wat oor julle lippe mag kom nie, want dan eers sal vergifnis opreg wees!

15 Julle weet nou dat 'n mensekind nooit vergewe kan word nie, tensy hy met 'n onbuigsame wil,

Die wet van vergewende Liefde sal volg.

16 Dit beteken om jou vyande lief te hê, goed te doen aan diegene wat julle haat en julle vervolg en om vriendelik te wees met dié wat julle seermaak, want slegs dan is jy 'n ware kind van jou ELOHIM EN MEESTER, JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA!

17 EK DIE MEESTER herhaal deur weer te sê dat nooit, nooit sal 'n siel op Aarde sy onreg vergewe word as hy nie met die sterkste standvastigheid MY HEILIGE GEBOD VAN LIEFDE implementeer nie:

18 om ELOHIM bo alles lief te hêen jou naaste soos jouself!

19 Slegs volle implementering van hierdie MEES HEILIGE GEBOD VAN LIEFDE sal MY Genade beweeg om van die WET VAN SONDE EN VERSOENING afstand te doen, sodat die skuld van so 'n gehoorsame kind verwyder sal word uit sy "Boek van die Lewe", insoverre hy nie meer terugkeer na sy vroeëre weë nie. Hoe kan dit moontlik anders wees!

20 DUS IS EK HY

WIE ALLEEN SONDES VERGEWE

BEIDE IN DIE HEMELE EN OP AARDE

EK DIE MEESTER

JAHSHUA DIE GESALFDE

DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA

21 Die SON VAN MY GENADE sal dan op julle skyn, as julle LIEFDE geword het, die vurigste BARMHARTIGE-JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE, wat van niks anders weet nie, as om maar net LIEFDE vir elke siel te wees.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205