BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

ELOHIM se grootste Offer

122 Besef julle nou, MY aardse kinders, waarom hierdie NUWE BYBEL geskryf moes word? Vir geen ander rede as om julle byna dooie geestelike oë na die werklike wêreld te draai nie, sodat julle nie die risiko sal loop om ten volle blind te word aan die einde van julle aardse lewe en bestaan voor MY EWIGE LIG nie! Bevry julleself dus op grond van die krag van MY OPENBARINGS vanaf die onvrugbare gewoontes van hierdie blinde wêreld, wat julle wegtrek van ware geluk wat EK DIE MEESTER gereed hou vir julle, in soverre as wat julle begin luister na hierdie HEILIGE WOORD VAN MY!

123 Moet nie ly deur wat EK as JAHSHUA DIE GESALFDE gesê het oor die ongehoorsames nie, wat ook op julle van toepassing is, naamlik:

"... Want hulle kyk sonder om te sien, luister sonder om te hoor of te verstaan." (Matthèüs 13:13).

124 Julle hedendaagse mense is so gretig om as vooruitstrewende denkers bekend te staan. Dink julle dit is so vooruitstrewend om dag na dag die hoer van hierdie wêreld se basuin te blaas en net soos die "bou van die toring van Babel" alewig nuwe torings van egomanie vir hierdie kortstondige bestaan op te rig, sonder om na te dink oor die volgende dag van die EWIGE LEWE nie?

125 Solank as wat julle nie bereid is om julle siel, soos sy was, 'n heilsame stoot te gee om uit die vlak groef van hierdie wêreld te kom nie, sal julle mensdom geslag na geslag verstrengel raak in die strikke van gebeurtenisse. Julle noem dit geskiedenis; maar EK JAHWEH, sê: Voorwaar, al julle wêreldse geskiedenis is die grootste gruwel voor MY, JULLE ELOHIM VAN EWIGE VOLMAAKTHEID! En as dit nie 2000 jaar gelede die mees ontsettende gruwel geword het nie, sou EK JAHWEH nie nodig gehad het om in te tree in die aardse bestaan as JAHSHUA DIE GESALFDE nie! Maar EK het vir julle as die MESSIAS VAN DIE GEES gekom, want - soos voorheen gesê - MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE was diep ontsteld deur die verskriklike dwaasheid van MY kinders op die Aarde.

126 En kyk, MY aardse kinders, EK MYSELF was gehoorsaam aan MY EIE SELF! EK JAHWEH het geluister na die HEILIGSTE STEM van MY OORSPRONKLIKE BRON VAN EWIGE LIEFDE en het die grootste offer ter wille van julle gemaak, deur te inkarneer in die vlees van julle Aarde, sodat aan julle bewys kon word waartoe LIEFDE EN BARMHARTIGHEID in staat is, en julle terselfdertyd vrygestel kon word van die OEREWIGE WET van MY Goddelike Orde, naamlik die Ewige Wet van Geregtigheid van Sonde en Versoening. EK JULLE ELOHIM EN SKEPPER, het hierdie taak reggekry deur julle ou skuld op MY te neem, julle Oersonde van julle afvalligheid van MY, deur die totaliteit van hierdie Oersonde as MY SIEL in MY HEILIGE JAHSHUA-LIGGAAM te plaas, 'n liefdesproses van skepping ter wille van die LIEFDE, ten einde nie MY kinders aan die ewige dood af te staan nie.

127 Slegs EK, MEESTER EN SKEPPER VAN HEMEL EN AARDE, kon hierdie DAAD VAN GENADE EN BARMHARTIGHEID bereik deur middel van MY BRANDENDE LIEFDE vir alles wat geskep is vanuit MY ALLERHEILIGSTE, DIE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE.

128 EWIGE LIEFDE het MY, ELOHIM EN SKEPPER egter vooruitgegaan, en die grootste WERK VAN GENADE, BARMHARTIGHEID EN REDDING van die hele Skepping ingelei. EWIGE LIEFDE het die pad vooruit gelei na julle Aarde soos DIE MOEDER VAN MYSELF hier onder - inderdaad, die MOEDER VAN ELOHIM, soos wat soveel mense onwetend met eerbied van HAAR sê; - want slegs hier in hierdie NUWE BYBEL word vir die eerste keer geopenbaar hoe hierdie GEBEURTENIS VAN BARMHARTIGHEID EN GENADE werksaam geword het.

129 Julle het deur MY openbaring tot dusver geleer dat in MY skepping MY HEILIGE GEES die volle werklikheid is en nie 'n onwerklike godsdienstige illusie, soos wat die oorslim wêreldse wyse mense dikwels meen nie.

130 Dit was dus die HEILIGSTE VLOEI VAN MY GENADE wat die heiligste noodsaaklike deel van MY EWIGE LIEFDE - MY HART SE OERGRONDPOOL in staat gestel het om geïnkarneer te word in die suiwerste, nog bestaande genelyn op Aarde - die raarste genelyn wat afgesonder was, spreek EK JAHWEH - om dus gebore te word in 'n menslike gewaad as die EEN WAT SY VAN EWIGHEID AF WAS, MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE wie EK JAHWEH benoem het met die mooiste klinkende naam op die Aarde: MIRIAM.

131 HEMELE in HAAR OERGRONDPOOL het dus na die sondige Aarde gekom en hierdie HEMEL moes suiwer bly om die HEILIGSTE HOUER te word vir HOM WIE na julle Aarde moes kom om te bereik wat onmisbaar was vir julle redding. Hierdie HEMEL moes beskerm word teen alle versoekings en aanvalle aangevoer deur MY Teenpool op Aarde en dit het so gebeur dat, na aanleiding van die eerste beskerming deur die voorbeeldige heilige liefde van HAAR ouers, SY onder die voogdyskap van MY uitverkore volk se tempel geplaas is, tot tyd en wyl EK ELOHIM, DIE MEESTER MYSELF sou inkarneer deur MY HEILIGE GEES in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, in die suiwerste menslike gewaad.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205