BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

- Hoofstuk 8 -

DIE koningin van die Hemele en die Werklikheid van DIE NUWE JERUSALEM op Aarde

DIE DIE NUWE JERUSALEM

DIE WERKLIKHEID VAN

DIE NUWE JERUSALEM

1 DIE NUWE JERUSALEM sal 'n lewende werklikheid op Aarde word so gou as wat EK JAHWEH, die kaf van die koring geskei het, dit beteken duidelik dat EK JAHWEH deur die onafwendbare OORDEEL van hierdie Aarde, al die van MY kinders sal wegneem wat onwillig is om MY DIE MEESTER te volg in gehoorsaamheid wat maar net LIEFDE is, die mees vurige barmhartige JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE aan elke siel. Hoe anders kan EK so 'n pragtige gebou op Aarde oprig waarin haat onbekend sal wees en waar almal mekaar in ware Liefde sal dra?

2 Julle, kinders van MY LIEFDE, word goed aangeraai om onder diegene te wees wat EK gemerk het met die HEILIGE SEEL VAN HULLE ELOHIM EN MEESTER, JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA! Want die gruwel van die Oordeel gaan geen effek hê op daardie kinders van Myne nie en hulle sal die verheerlikte pioniers vir die WARE TEMPEL VAN HULLE ELOHIM EN MEESTER in SY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE op Aarde wees.

3 Laat niemand egter sê dat hierdie 'n blote fantasie is en niks te doen het met die konkrete werklikheid nie. Verwys net na die "Boek van boeke" wat sê dat 'n duisend jaar en nie heeltemal 'n duisend jaar nie, sal verbygaan voordat EK JAHWEH hierdie Aarde sal laat bewe in sy fondamente. En EK voeg by: Julle sal daardeur geraak word, as julle nie dadelik begin verander en verbeter om sodoende gespaar te word!

4 Waarlik, julle wat onder die eerste is om hierdie NUWE BYBEL VAN MY in julle hande te hou, het nou die middel om met die grootste geskenk van MY die pad skoon te maak vir hierdie gelukkige verandering op hierdie Aarde, as julle daarmee omgaan met die diepste erns en al julle krag!

5 Aan julle magshebbers van hierdie wêreld, spreek EK JAHWEH: Pasop vir die loslaat van 'n kernoorlog, want die geween en gekners van tande op die Aarde sal `n vlak bereik wat julle skaars vir julleself kan indink! En die outeurs wat hierdie sataniese krag sal loslaat, sal in so 'n geval vergaan onder sy impak in `n ongekende onheil!

6 Want jy weet nie watter sataniese magte jy daardeur vrylaat nie, hulle ontsnap jou beheer deur middel van 'n kettingreaksie van onvermoede proporsies. Pas dus op vir die druk van die knoppie wat die vernietiging van julle ster "Aarde" sal veroorsaak, tensy EK JAHWEH ingryp! Want enige krag op Aarde bestaan net so lank as wat dit deur MY DIE MEESTER geduld word.

7 Julle magtiges van hierdie wêreld word dus vermaan om julle aan MY ALLEEN HEILIGE WIL te onderwerp vir die geestelike welsyn en redding van die mensekinders waaroor julle beheer voer en om ware regeerders te word van MY kinders op die Aarde, want slegs so kan die Brug van Liefde gebou word wat die Hemele en Aarde sal koppel.

8 Daar is geen doel om te strewe na mag en oorheersing oor die ander nie, omdat EK JAHWEH genoeg van MY kosbare skatte tot die beskikking van elke land vir sy eie gebruik en welstand geplaas het, en verder is julle so dikwels moderne teorie dat hierdie Aarde nie genoeg kos het om al MY kinders voldoende te voed nie, ongegrond.

9 O, julle dwase, EK DIE MEESTER kan maar net sê! Is EK DIE MEESTER nie die gewer van alle gawes nie?

10 EK JAHWEH sê vir julle: Hierdie Aarde het meer as genoeg om nie net vir julle te voed nie, maar nog meer ontelbare kinders van MY - as julle dit maar net doelmatig gebruik het vir die welstand van almal!

11 Julle is goed in kennis gestel om MY DIE MEESTER te raadpleeg in MY HOOFKWARTIER op Aarde, maar julle sal slegs reaksie vind as EK JAHWEH die ware erns sal sien in die konsultant. Maar pasop om met duiwelse gedagtes te kom, want die reaksie sal dienooreenkomstig wees!

12 Want

EK IS HY WIE EK IS

VAN EWIGHEID TOT EWIGHEID

JAHSHUA DIE GESALFDE

DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA

DIE SKEPPER VAN HEMELE EN AARDE

AAN WIE

ALLES HOM MOET ONDERWERP

BEIDE IN DIE HEMELE EN OP AARDE

WANNEER DIT OOKAL MY WIL IS!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205