BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die komende Heilige Stryd van die Gees op Aarde

32 Wie ore het om te hoor sal deur hierdie HEILIGE WOORD van MY gewaarword watter HEILIGE STRYD VAN DIE GEES in voorbereiding is op julle Aarde; let op om nie aan die verkeerde kant te veg nie! Want MY HEMELSE LEGIOENE sal selfs die ergste magte van die duisternis oorwin, tensy laasgenoemde verkies om te kniel voor MY DIE MEESTER VAN DIE HEELAL, om te bely en te smeek om Genade.

33 Gestel julle kon die bodem van die "Dooie See" sien, waar die sondige gevolge van Sodom en Gomorra vandag nog sigbaar is, sal julle ten aanskoue sidder, en soveel te meer as julle 'n duidelike blik kon kry van al die skakels van julle huidige wêreldgeskiedenis met die Groot Vloed en so 'n blik op die bodem van die see kon kry van wat oorgebly het van die vloed! Dit sou 'n openbaring vir julle wees om die resultate van aanhoudende sonde te sien wat ophoop in 'n see van ongeregtighede, in die golwe waarin sondigheid self verdrink het!

34 Julle kan nou verstaan watter kolossale skouers nodig is om sulke en soortgelyke laste van sonde te dra totdat hulle verlos word, en dat die karakter van 'n rots nodig is om te staan teen die storms van sondigheid. So EK sê dus weer: Wie ore het om te hoor, sal luister na MY HEILIGE STEM en besef waarom in die grootste en moeilikste tyd van verlossing MY HEILIGE WERK VAN VERLOSSING slegs bereik kon word met die sterk skouers van die "VROU VAN ALLE VROUE" WIE die swaarste las van verlossing dra saam met die "ROTS VAN DIE MEESTER"; daarom het EK DIE MEESTER, reeds gewys dat die "KONINGIN VAN LIEFDE" terselfdertyd die "MAN VAN ALLE MANS"is! Dit sal duidelik word wanneer die Nuwe Jerusalem op Aarde ingelui sal word!

35 Tot dan moet elke bereidwillige siel wie onwrikbaar aan MY HEILIGE KANT wil staan, probeer om in sy eie hartsentrum die VUUR VAN MY HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES aan die brand te steek en om dit op te wek tot 'n permanent brandende HEILIGE VLAM, wat elke steeds bestaande swakheid sal verteer en waarvan alle ander siele in die nabyheid nie net sal opwarm nie, maar self aan die brand sal raak en op hul beurt die brandendste, barmhartigste, en selfverterende LIEFDE word.

36 Die vuur van MY HEILIGE JAHSHUA-MIRIAM-GEES verteer alles wat nie volmaak, hemels, in kort, dit wat nie onberispelik suiwer is nie! Om daardie rede is EK DIE MEESTER ook die EWIGE VUUR van MY VOLMAAKTE HEILIGE GEES en moet vir ewig so wees, want andersins sou daar geen suiwer HEMELE in MY KONINKRYK VAN VOLMAAKTHEID gewees het nie.

37 Omdat MY SKEPPING oneindig is en Haarself van ewigheid tot ewigheid in stand hou, kan julle julleself indink dat EK in MY OERVUUR VAN DIE EWIGE LIEFDE ondenkbaar sal wees vir julle aardse begrippe, en EK dus ook buite die sig is van selfs die meeste van MY geeste en engele. Julle behoort te weet dat die skynende uitstraling en glans van die son geen bron van sy eie het nie, maar is bloot 'n weerspieëling van die SENTRUM VAN MY HEILIGE OERVUUR VAN LIEFDE en dat dit ook geld vir al die ander nog groter sonne van MY SKEPPING. Julle sal later meer hieroor hoor.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205