BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Evolusie van 'n Sfeer van Skepping vir Redding

70 Om hierdie uitgebeelde eieliefde, wat veroorsaak was deur die eiewillige ongehoorsaamheid van MY EERSGESKAPE GEES SATANA, om te keer, te ontbind en te verdryf, - om sodoende MY skepping van die geestelike infeksie te reinig, wat ongehoorsaamheid bewys het, moes 'n ander skeppingsfeer gemaak word van die duisternis, waarin al die ongehoorsame Kinders van MY LIEFDE hulleself in moedswil opgesluit het, sodat voorsiening gemaak kon word vir hul bevryding vanuit hierdie toestand van selfgekose gevangenskap.

71 'n Wet het nodig geword as 'n voorvereiste vir hierdie verlossende sfeer, ten einde elke gees te gradeer in verhouding tot die selfveroorsaakte skuld, soos bewys deur die val van die LIG VAN MY SKEPPING VAN EWIGE LIEFDE, en dit weer te laat opstaan en terugkeer na MY HEMELE VAN EWIGE LIEFDE, DIE KONINKRYK VAN JULLE ELOHIM, SKEPPER en MEESTER, deur die toepassing van die GEREGTIGHEID VAN MY LIEFDE.

72 En hierdie wet is gesmee vanuit die VOLMAAKTHEID VAN MY ONTASBARE WYSHEID, LIEFDE EN BARMHARTIGHEID, as

DIE WET VAN SONDE EN VERSOENING

73 Hierdie wet ken geen letters of paragrawe nie, aangesien sy suiwer geestelik is. Sy het geen verklaring nodig nie, ook kan sy nie op verskillende maniere toegepas word nie; sy benodig geen aansoek nie, want sy werk volmaak vanuit MY HEILIGE GEES.

74 Soos julle vandag sou sê, werk sy ten volle outomaties. Aangesien julle nog nie in MY HEILIGE GEES wedergebore is nie, kan julle dit skaars verstaan, net soos julle nog nie die oorsaaklike wet of so baie ander wette van MY VOLMAAKTHEID ten volle kan begryp nie, waarvoor geen prokureurs, of howe van geregtigheid, en geen wetskrywers nodig is nie, want in die geval van nood is EK DIE MEESTER ook 'n volmaakte Regbank.

75 Die uitspraak sal egter nie uitgespreek word deur die Regbank van MY VOLMAAKTHEID nie, maar eerder deur die skuldige self.

76 MY GENADE EN MY BARMHARTIGHEID streef altyd daarna om die skuldige sy eie selfgekose oordeel te spaar, waarvoor EK DIE MEESTER hom onderrig, vermaan, en poog om in te trek in MY HEILIGE WEE met die mees onvermoeide LIEFDE EN GEDULD, selfs al sou dit vir eeue aangaan, soos wat dit in die geval van MY EERSGESKAPE GEES SATANA gebeur het! 'n Selfveroorsaakte oordeel sal slegs werk in die uiterste geval, maar dan volg MY BARMHARTIGHEID onmiddellik. Want EK IS ABSOLUTE LIEFDE EN EWIGE LEWE en red almal eerder as om wat ookal of wie ookal te veroordeel!

77 Daarom, Kinders van MY LIEFDE, pasop om 'n uitspraak oor julleself te vel onder hierdie VOLMAAKTE WET, of om die oordeel oor julleself te vel; want hierdie WET VAN SONDE EN VERSOENING, wat suiwer geestelik is, is hoogs sensitief, mens kan selfs sê, hipersensitief. Dit ontsteek met die geringste oortreding teen die LIEFDE en onderwerp die oortreder onmiddellik. Hierdie onderwerping kan slegs verlig word deur `n selferkenning van 'n mens se skuld, 'n opregte berou en 'n ernstige nakoming van MY LIEFDESGEBOOIE; maar die volle vrystelling van hierdie Wet van Sonde en Versoening sal slegs werk deur MY GENADE.

78 Daarom moes dit nou al by julle ingesink het waarom julle aardse lewe niks anders as nag en angs is nie; want julle maai net wat julle gesaai het! Noudat julle weet dat hierdie WET VAN VOLMAAKTHEID hipersensitief is en dat enige oortreding teen die LIEFDE, selfs die geringste, aangeteken word en die oortreder bind, behoort julle te besef dat 'n misdryf teen die HEILIGE GEES VAN ELOHIM hard slaan.

79 Dit beteken nie dat julle moet bang wees vir hierdie hipersensitiewe en onontwykbare WET VAN VOLMAAKTE LIEFDE nie, hoegenaamd nie, sê EK DIE MEESTER! Inteendeel behoort dit julle te verhoog tot op daardie vlak van WARE LIEFDE, waar volmaakte LIEFDE uit LIEFDE poog om niks anders as LIEFDE te wees nie, waardeur dit nie versoek kan word om te oortree teen die LIEFDE TOT ELOHIM en alle medeskepsels nie, en die effek van DIE WET VAN SONDE EN VERSOENING te vermy.

80 Maar elkeen, wat ten spyte van hierdie leer, nie die suiwerste LIEFDE word nie, het net homself te blameer as hy gebind word deur hierdie volmaakte werkende wet, wat vir die graad van sy reiniging nodig is en selfs, indien nodig, vir die ontsteking van die OORDEEL VAN MY LIEFDE as 'n onvermydelike gevolg van sy hardkoppigheid. Tog is MY GENADE EN BARMHARTIGHEID in staat om selfs die mees verstokte hardkoppigheid uit te wis deur die OFFER VAN VERGEWENDE LIEFDE.

81 Toe EK DIE MEESTER die fisiese dood oorkom het aan die Kruis van Golgota, het die oomblik aangebreek waar die heftigste hardkoppigheid in MY Skepping gebreek sou word, naamlik die tot nou toe onwrikbare hoogmoedige geloof van MY Teenpool Satana om "die meester van hierdie wêreld" te wees! Tot op die laaste oomblik van MY Lyding aan die Kruis van Golgota in MY menslike kleed, het sy versterk gevoel in haar verstoktheid en hoogmoed, deur die gedagte dat sy MY, ELOHIM, DIE MEESTER EN SKEPPER IN JAHSHUA DIE GESALFDE op MY knieë gedwing het; maar 'n paar oomblikke later het DIE KRAG VAN MY HEILIGE GEES IN JAHSHUA DIE GESALFDE haar die waarheid getoon van WIE eintlik die MEESTER van hierdie ster "Aarde " is, wat nou waarlik in die aangesig van MY teenstander die "ster van verlossing” vir die hele gevalle skepping geword het deur die feit dat EK DIE MEESTER oor lewe en dood, die bande van die dood gebreek het, en sodoende die poorte van die hel wyd oopgegooi het, die koninkryk van MY Teenstander, waarin geblyk het dat almal wat aan haar oorgegee was, blykbaar vasgevang was vir alle ewigheid.

82 Maar nou het MY LIG VAN OPSTANDING die dood en materie deurboor tot in die diepste hel, en sodoende aan almal wat blootgestel was, bewys dat WARE LIEFDE alle boeie kan afbreek en dat MY Teenstander verplig was om toe te gee aan die MAG VAN LIEFDE, aangesien LIEFDE, in absolute gehoorsaamheid tot ELOHIM, niks anders doen as om ELOHIM SE ALLEEN HEILIGE WIL te vervul nie, waardeur LIEFDE EN GEHOORSAAMHEID, LIEFDE BO ALLE LIEFDE word.

83 Die mag en die hardkoppigheid van MY Teenstander was nou gebreek, sodat elke gewillige siel uit haar heerskappy kon kom!

84 Deur MY OPSTANDING VAN GOLGOTA, sou MY EERSGESKAPE GEES EN TEENPOOL SATANA voortaan gestroop word van haar troefkaart "dood", tot op hede die sterkste teenkrag tot EWIGE LEWE. Op Golgota is haar krag afgegradeer na 'n skadukrag,- slegs in stand gehou deur diegene wat onwillig is om in 'n ELOHIM VAN EWIGE LEWE te glo, WIE in JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE MAG VAN SY LIEFDE oor die dood en materie gedemonstreer het, sodat SY KINDERS VAN LIEFDE Hom kon volg en terugkeer na SY KONINKRYK VAN LIEFDE EN EWIGE LEWE. Dood en materie, die twee belangrikste bates van die ongehoorsame en gevalle Gees, is op Golgota van hul mees misterieuse krag gestroop deur DIE KRAG VAN DIE GEES, WIE EEN IS MET ELOHIM DIE ALMAGTIGE.

85 EK DIE MEESTER wou die wêreld van materie skep vir MY EERSGESKAPE GEES SATANA, om haar van haar vaste idee te bevry dat sy self Almagtig is; maar tog het EK hierdie wêreld grootliks saamgestel met haar eie eienskappe van ongehoorsaamheid en hoogmoed waarin sy dit as materiële goedere herwin wat haar ontroue en ongehoorsame Gees eens voortgebring het, met die groot verskil vir haarself dat EK VADER EN MEESTER VAN EWIGE LIEFDE, MY ONEINDIGE LIEFDE geplaas het in al die vorms wat deur die gevalle Gees veroorsaak is, waarsonder ook al haar innerlike skeppings heeltemal sou versteen het.

86 Kyk byvoorbeeld na die verskillende lewensvorme van die gewelddadige Gees in die veelvuldige spesies van wilde roofdiere, wat ten spyte van die wilde kenmerke wat in hulle bevestig is, nie ontneem is van skoonheid nie en wat selfs voordeel trek uit die SEЁN VAN MY LIEFDE, met betrekking tot voortplanting, moederskap en gemeenskapslewe, om so te kwalifiseer - deur die LIEFDE - vir hoër vorms van lewe.

87 EK het alreeds aan julle verduidelik dat alles in MY Skepping LIEFDE is en sonder LIEFDE kan niks leef, bestaan of vermeerder nie; selfs die hel is toegerus met sekere kenmerke van die LIEFDE, anders sou alles van ongehoorsaamheid tot volledige verstening geval het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205