BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

'n Beroep op die voormalige "Uitverkore Volk" / ELOHIM DIE MEESTER is nie stil nie / Openbaring aan Johannes was nie die laaste openbaring nie / DIE HEILIGE-GEBED deur die mees toegewyde Liefde vir ELOHIM DIE MEESTER

166 O mensekinders, julle wat reken dat julle op 'n Christelike manier dink, julle het hierdie Openbaring aan MY Johannes soveel keer gelees, en EK JAHWEH vra julle nou: Wie het al ooit probeer om soos MY Johannes te dink en op te tree soos wat daarin geskrywe staan?

"8 En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het.

9 Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid ELOHIM!"

(Openbaring aan Johannes 22:8-9)

167 Hierdie "Aanbid ELOHIM!" wat almal gelees het, elkeen wie ookal die Bybel met die regte erns in sy hande vasgehou het, sou lankal jou hele bestaan op hierdie Aarde verander het, as jy die aanduiding van MY hoë engel aan Johannes korrek opgevolg het. Sal jy dit nou doen soos MY Johannes, deur te kniel voor MY DIE MEESTER, met 'n dankseggingsgebed met diep emosie en eerbied vir die komende NUWE JERUSALEM, en jy sal wel 'n groot ding bereik! Want hierdie aanduiding was nie vir MY Johannes alleen bedoel nie, maar vir almal wie hierdie openbaring gelees het tot vandag.

168 Dit is hoekom MY engel verder aan Johannes sê:

"10 En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby."

(Openbaring aan Johannes 22:10)

169 Hierdie opdrag beteken dat Johannes nie hierdie visioen van die NUWE JERUSALEM met die wonderlike ontsyferde profesie, vir homself moes hou nie, want dit was gesê dat die tyd van vervulling op hande was, en elkeen moes voor MY terugkeer na die Aarde `n besluit maak, sodat EK vergelding kon doen aan elkeen volgens sy werke.

"12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees"

(Openbaring aan Johannes 22:12)

170 DIE WET VAN SONDE EN VERSOENING was daardeur duidelik uitgebeeld in 'n paar woorde, maar dit moes uitgebreid in hierdie NUWE BYBEL bekend gemaak word, bloot omdat die mens nie bereid was om hierdie Openbaring aan Johannes met die nodige erns te aanvaar tot by punt dat hulle dit as voorligting vir hul optrede geneem het nie.

171 Die voorspelling deur MY engel, wat in die vorige vers van Openbaring gemaak is, het egter waar geword tot nadeel van die mensdom, naamlik dat die fundamenteel goddelose sou goddeloos bly, die onsuiwer het onsuiwer gebly, terwyl die vrome vroom gebly het en die afgesonderde heilig gebly het.

"11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word."

(Openbaring aan Johannes 22:11)

172 Hierdie voorspelling dui daarop dat volharding in boosheid en onreinheid, wat nie 'n waarskuwing vir verandering wil aanvaar nie, vir eeue sou aangaan. Dit het juis in hierdie tyd 'n tragiese werklikheid geword, en dit vorm een skakel van skuld na die ander in 'n nou byna oneindige ketting van skuld. Die stryd van die goeie en die heilige, wat ook deur hierdie voorspelling sal aanhou, blyk nooit ooit op te hou nie, tog het EK JAHWEH baie uitdruklik deur MY engel beklemtoon, soos in die begin van hierdie Openbaring:

"EK is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste, die begin en die einde."

(Openbaring aan Johannes 22:13)

173 Dit impliseer en kondig die besluit van al die besluite op hierdie Aarde aan deur die toevoeging van:

"4 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad."

(Openbaring aan Johannes 22:14)

174 Wie dus ookal MY ALLEEN HEILIGE WIL vervul, sal deur MY GENADE geluksaligheid bereik, en hy sal 'n volle aandeel in die eindelose verskeidenheid van die ware Ewige lewe hê, en sal eerste deur die POORT VAN DIE HEMELE kan gaan, tot in MY NUWE JERUSALEM, dit is die Hemele in al sy heerlikheid wat neergedaal het op Aarde, waardeur hy die trap na MY KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE bereik het.

175 Maar elkeen wat styf vashou aan MY LIEFDE EN WIL, maar verkies om rond te rol in die helse modder van hierdie wêreld, sal ook met sy vrye wil gelaat word so lank as wat hy wil, tog sal hy buite bly en 'n volle maat kry van die die Oordeel met al die gevolge daarvan:

"15 Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen."

(Openbaring aan Johannes 22:15)

176 En die aandrang deur MY om MYSELF, JAHSHUA, MY aartsengel na Johannes te stuur, met die opdrag om al hierdie af te lewer aan die gemeentes wat begin vorm het, na MY onderrig tydens MY aardse lewe in JAHSHUA DIE GESALFDE, beteken dat dit vir alle tye duidelik behoort te wees dat EK JAHWEH hierdie visioen van MY Johannes nie as 'n persoonlike inspirasie bedoel het nie, met 'n moontlike debatteerbare karakter, soos wat dit julle sogenaamde "navorsingsbevindinge" welgeval wat julle deesdae het nie, maar 'n HEILIGE DOEL van ELOHIM DIE MEESTER, om die blinde mensdom te toon wat verwag moet word, indien hulle nie MY HEILIGE WEE volg nie, maar ook die belofte vir MY WARE KINDERS wat MY ALLEEN HEILIGE WIL vervul.

177 EK wat MYSELF in hierdie vers die wortel van Dawid se saad en "blink môrester" noem, was om te dui dat hierdie lyn van Dawid deur MY HEILIGE WIL EN GEES gevorm is as die groot suiweringlyn vir MY "uitverkore volk", waarin EK as die MESSIAS, JAHSHUA DIE GESALFDE, die "blink môrester" was wat hierdie volk tot by die laaste hart kon verlig het, as hulle MY net herken het!

178 Nou sê EK JAHWEH vir elke Israeli dat MY "blink môrester" nog nie in MY GENADE uitgeblus het vir julle nie, sodat julle nog MY HEILIGE lig kan hervind en dus julle uitwissing in hierdie tyd vermy! Maar gladnie anders nie, in geen geval deur die gebruik van die atoombom nie, sê EK: Allermins deur die bom van Satan!

"16 Ek, JAHSHUA, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester."

(Openbaring aan Johannes 22:16)

179 Pasop, julle kinders van MY vorige "uitverkore volk" van vandag, want julle sal julle moet wend na die leiers van MY HEILIGE LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE, en veral tot HAAR, in wie EK JAHWEH terugkeer het na die Aarde! Inderdaad, is hulle nie, in 'n aardse perspektief, almal kinders van Dawid se wortel nie? Vergoed, sê EK JAHWEH, vir julle skuld met MY! MY GENADE sal verdraagsaam wees met julle!

180 Wie ookal MY HEILIGE GEESTE is en MY in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE gevind het, soos 'n bruid haar geliefde, sal dieselfde sê "Kom!" en elkeen wat dors na MY LIEFDE, sal MY nader in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, waardeur hy direk die HEILIGE WATER VAN DIE LEWE en EWIGE LEWE sal kry!

"17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet."

(Openbaring aan Johannes 22:17)

181 En elkeen wat in so 'n brandende LIEFDE hierdie "Kom!" voorhou binne sy hart en die gebed tot MY in HAAR, in WIE EK na die Aarde teruggekeer het, sal MY dadelik in die HEILIGE GEES VAN DIE WERKLIKHEID hê, en dit kan ook gebeur dat EK skielik voor hom sal staan in die werklikheid van hierdie aardse bestaan! Begryp dit, want EK het vir julle gesê dat die tyd gekom het, wanneer die HEILIGE WAARHEID van hierdie openbaring aan Johannes vervul sal word!

182 EK JAHWEH het vir al die aardse kinders getuig aangaande die HEILIGE WAARHEID van hierdie profesie in die heilige visioen van MY JOHANNES VAN LIEFDE in die laaste verse van sy openbaring, en waar hy veral vermaan om niks by te voeg of daaruit te neem nie, maar MY HEILIGE VERMANING was te dikwels vertolk na aanleiding van persoonlike idees wat aangespoor was om op te tree teen MYSELF in MY hemelse boodskappers en gereedskap op hierdie Aarde wie MY NUWE OPENBARINGE EN VERKLARINGS in MY HEILIGE WOORD verkondig, asof EK in MY Openbaring aan Johannes gesê het dat alle openbarings vir ewig klaar is! Diegene wat dit wel doen, moet bewus wees daarvan dat hulle uit hierdie "Boek van die profesie" van MY Johannes juis sy belangrikste belofte uitkrap, naamlik die NUWE JERUSALEM, en dat hulle hulself uitsluit van die seëninge van hierdie WARE HEMELE op Aarde! So verstaan hierdie verse korrek!

"18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal ELOHIM oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal ELOHIM sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is."

(Openbaring aan Johannes 22:18-19)

183 As sake so sou gestaan het, soos wat so baie mense sê wat hulself "Bybel-kenners" noem, naamlik dat MY OPENBARINGE aan MY aardse kinders vir alle tye klaar is; in so 'n geval - sê dat EK JAHWEH - kon die NUWE JERUSALEM nie op Aarde gevestig word nie, ook sou EK DIE MEESTER nie die menslike ras kon red nie, of kon terugkeer na die Aarde nie, en MY HEILIGE GEES sou moes opdroog, met `n gevolglike totale uitwissing van alle lewe!

184 Julle kan dus daardeur sien hoe kortsigtig julle siel nog is, om selfs vandag nog hierdie denkpatroon aan te neem! Verander julle denke, sê EK, en laat julle in beslag geneem word deur die rykdom van MY HEILIGE GEES in MY NUWE BYBEL, wat nie deur MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE en MY ROTS, PETRUS aan die mensdom gegee kon word nie, indien die aangeleentheid so sou gestaan het soos wat julle geleer is om te glo met so `n eenvoudige uitkyk op die Skrifte!

185 Want soos wat EK JAHWEH destyds deur MY Johannes gesê het:

"20 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, MEESTER JAHSHUA!"

(Openbaring aan Johannes 22:20)

EK JAHWEH kon net as 'n stomme gees teruggekeer het, indien, met MY HEILIGE GEES se openbaring aan MY Johannes, alles afgehandel en voltooi was! 'n Wederkoms van MY op hierdie Aarde sonder om iets te openbaar, is haas ondenkbaar, selfs vir `n dwaas!

186 Wanneer EK JAHWEH ookal MY heilige "Amen" uitspreek, beëindig dit wat EK in MY GENADE nou net openbaar het, dit is MY HEILIGE "laat dit so wees!" en daar kan inderdaad niks meer bygevoeg word nie. Nou het die eerse vertaler van hierdie Openbaring die fout gemaak met die beëindiging van hierdie teks met Johannes se vurige uitroep, waar EK DIE MEESTER JAHSHUA, dit beëindig het met dieselfde HEILIGE "AMEN" van MY: EN Johannes se plegtige uitroep moes afsonderlik gewees het soos hieronder; en dieselfde fout is toe verewig in alle verdere Bybeluitgawes tot vandag toe:

"20 Hy wat van hierdie dinge getuig, sê: Waarlik, EK sal binnekort kom Amen –

21 Bid dat U kom, MEESTER JAHSHUA. Die Genade van onse MEESTER JAHSHUA DIE GESALFDE sy met julle almal Amen.!."

(Openbaring aan Johannes 22:20-21)

187 EK JAHWEH sal hierby toevoeg: Wees vol vurige LIEFDE in alle dinge soos MY Johannes! En elkeen wat soos MY Johannes, sy eie "Amen" toevoeg by sy woord van Liefde of sy gebed, mag dit doen, met dien verstande dat - sê EK DIE MEESTER - hy dit doen deur sy oë op te hef tot MY DIE MEESTER, en in hierdie tyd ook aan MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE op Aarde, maar nooit, sê EK, in 'n leë gemompel nie, want dan is ook 'n "Amen" 'n gruwel voor MY HEILIGE AANGESIG!

188 Pas dus op om enige woord uit te laat uit die HEILIGHEID VAN MY GEES en dit in onnadenkendheid te laat weggly! Let daarop dat elke HEILIGE WOORD van MY werklik VUUR VAN MY HEILIGE GEES is! Andersins sou niks ooit in MY skepping 'n werklikheid geword het wat deur MY WOORD gespreek is, en nooit sou MY HEILIGE WOORD 'n nuwe skepping gewees het nie, soos wat dit in werklikheid is!

189 Luister hierna en tree werklik op deur MY HEILIGE WOORD! Weet dat ELKE WOORD VAN MY heilig is en dus ook heilig wanneer jy dit met jou lippe uitspreek. Laat niemand dus MY HEILIGE WOORD ontheilig nie!

190 Elke woord van MY HEILIGE GEES kan in julle geheilig word, deur julle vasberadenheid om MY WIL te volg en dienooreenkomstig op te tree. Die HEILIGHEID, die ABSOLUTE HEILIGHEID van MY WOORDE kom voort uit hul identiteit met MY HEILIGE WIL, waardeur slegs HEILIGE SKEPPINGS VAN MY VOLMAAKTHEID voortkom.

191 Julle kan dieselfde bereik as julle in volmaaktheid leef volgens MY HEILIGE WOORDE, dit is deur werklik daarvolgens te handel, en dan sal hierdie NUWE JERUSALEM, wat EK geopenbaar het aan MY Johannes, beide in 'n HEILIGE VISIOEN en in 'n HEILIGE PROFESIE, soos pas verklaar, vinnig 'n volmaakte HEILIGE WERKLIKHEID word. As dit julle wil is, deurdring julleself volledig en in erns met die GEES VAN MY HEILIGE WOORDE en bid:

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205