BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Ware denke / Die ware hart se denke / Die stem van die gewete

20 EK JAHWEH weet presies dat julle, o mensekinders van hierdie Aarde, wie eens in MY Hemele gewoon het voordat julle moedswillig van MY, JULLE ELOHIM EN SKEPPER weggedraai het, nou in julle swaar aardse vlees is en uitsluitlik julleself te blameer het dat julle baie stadig en onhandig is in denke van Waarheid, veral wanneer julle moet besin oor die betekenis van Ware Geestelike Lewe wat julle eens verlaat het! Nou is julle afgestomptheid maar die gevolg van jul voorheen vrye gees wat homself ingedruk voel in die styfpassende onderbaadjie van die gevalle kragte wat julle materie noem, wat onmiddellik verlore gaan in die ondeurdringbare ruigte van julle grootliks verminderde geestelikheid, wat oor die algemeen sal terugval tot geestelike akrobatiek van "as" en "maars", maar nooit 'n sinvolle gevolgtrekking sal kan aanbied nie.

21 Julle, o mensekinders, het dus vergeet wat ware denke is, soos wat dit voortgebring word vanuit MY Hemele. Ware denke is om uit te gee vanuit die geestelike sentrum van jouself, naamlik die hart, en nie in die eerste plek van die brein as geheue en omsetter nie.

22 Daarom moet die denkproses nie in die brein ontspring nie, maar in die hart; hierdie korrekte proses koppel jou onmiddellik en direk met MY, JOU SKEPPER, WIE- soos julle weet – beheer oor julle geneem het in die klein deeltjie van die ERFLATING VAN MY VOLMAAKTE SELF vir julle redding. So gou as wat hierdie ware opregte hartsdenke voortreflik geword het in 'n aardse kind, begin EK DIE MEESTER meer en meer in te vloei in sy siel in en kan haar deur MY HEILIGE WIL lei tot volmaaktheid. Inderdaad, MY EIE DENKE - DIE DENKE VAN JULLE ELOHIM EN SKEPPER - sal geleidelik die oorsaak wees vir die suiwer denke in die siel se verstand; laasgenoemde sal dus geleidelik vrygestel word van die selfgemaakte strikke wat deur die vorige verkeerde denkprosesse veroorsaak was, die sogenaamde strikke van die noodlot sal begin uitrafel, persoonlike swakhede sal kragtig oorkom word en die weg sal oopgemaak word wat reguit opwaarts lei na MY VADERLIKE HART.

23 As julle bekende kundiges in anatomie, of julle hart- en breinspesialiste in staat was om die korrekte struktuur en funksies van die hart en brein te ontdek, sou hulle al lankal daartoe gelei gewees het om hierdie die voortreflikste en heiligste waarheid te herken wat EK JAHWEH nou aan julle openbaar het.

24 Die ware hartsdenke kan die beste gestimuleer word deur gloeiende Liefde vir MY, want om LIEF TE WEES VIR MY, volgens die hoofgebod: "Wees vir ELOHIM Lief bo alles en jou naaste soos jouself!", skeur die siel weg, nie net van die ou sukkeldraffie nie, maar dit maak die siel los en verfris haar heel onverwags, en beloon haar geleidelik met skatte van MY Hemele.

25 Streef dus daarna om so 'n hartsdenke aan te leer en te beoefen, waarvoor EK DIE MEESTER jou die wonderlikste advies gee deur MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE! En wanneer jy 'n bietjie meer geleer het hoe om daarmee om te gaan, sal dit vir jou duidelik word, waarom EK DIE MEESTER weer moes kom in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, al was dit dan net ter wille van die feit dat julle in die korrekte denkpatroon kom.

26 Want die ware en korrekte denke vanuit LIEFDE- vanuit die HEILIGE GEES – is onontbeerlik vir die redding van die gevalle wêreld, soos wat lig onontbeerlik is vir elke skepsel om te gedy!

27 Geleidelike rypwording van 'n menslike siel kan die beste bereik word indien die regte sleutel gedraai word om in te willig tot die wonderlikste funksionele stelsel wat EK, jou ELOHIM EN SKEPPER binne-in jou opgestel het om korrek te dink, om te kommunikeer met MY binne-in jou hart en om voorsiening te maak vir 'n voortdurende wisselwerking tussen hart en brein. So lank as wat die rypwordingsproses nog nie begin het nie, is die siel verskrompeld onder 'n kombers van louheid en traagheid, en gekniehalter deur haar oppervlakkige daaglikse roetine, bly sy onontvanklik vir enige lering van ELOHIM en van die Hemele. Dit is die hoofrede waarom die bose die goeie oorwin, waarom MY HEILIGE STEM altyd preek vir doelbewuste geslote ore en waarom - soos in hierdie hoofstuk - gehoorsaamheid nie onmiddellik aanvaar word as LIEFDE BO ALLE LIEFDE nie, onontbeerlik vir die redding van die hele menslike ras.

28 Dus moet EK DIE MEESTER weereens met onverfloude geduld en minsaamheid vir julle 'n deeglike verduideliking byvoeg deur MY ROTS VAN GELOOF van die HEILIGE WOORDE deur MY MOEDER VAN WELEER, MIRIAM, sodat hierdie BARMHARTIGE WOORDE VAN MY LIEFDE nie tevergeefs gespreek word nie en dat MY HEILIGE LIG uiteindelik sal skyn oor julle, kinders van hierdie Aarde!

29 MY HEILIGE WOORDE kan jou waarlik net in jou hart bereik en alleenlik vanuit jou hart kan dit uitreik en 'n lewendige en vrugbare daad word. As jy probeer om dit met jou verstand aan te gryp, sal jy mislei word na die blinde stegies van MY LIEFDE EN WYSHEID se Teenpool en jy sal oor hulle stry tot jou eie nadeel.

30 Die beste voorbeeld daarvoor is die twee heilige woorde wat ware geestelike vooruitgang van alle lewe bepaal:

"LIEFDE" en "GEHOORSAAMHEID."

31 Want as jy dink in terme van wêreldse liefde, het jy 'n verkeerde tree gegee, het jy in die ware hel getree. Dieselfde is waar rakende die beginsel van gehoorsaamheid: Wees gehoorsaam aan die wêreld en jy word dadelik gekonfronteer met die afgryslikste tirannie en geweld wat dag na dag duisende mense van hierdie Aarde in slawerny en gevangenskap plaas sowel as talle vorme van ongekende lyding.

32 Wat DIE LIEFDE VAN JOU ELOHIM EN SKEPPER VAN HEMEL EN AARDE beteken, is nou voldoende aan julle geopenbaar, sodat julle onmiddellik en sonder voorbehoud betrokke kan raak in ware Liefde. Owergesetsynde, as EK JAHWEH julle al die werke van MY EWIGE LIEFDE in MY ONEINDIGE SKEPPING wou wys, sê EK JAHWEH dat 'n duisend aardse lewens nie genoeg sal wees vir jou siel om hulle almal te sien nie, en daar is nie 'n toestel wat deur julle vindingryke denke voortgebring is wat alles sal kan opneem nie; tog is een van daardie wonderlike werke van MY inderdaad daartoe in staat, en EK, jou SKEPPER het dit selfs binne-in jou geplaas! Dit is jou hart: JOU HEILIGDOM VAN MY - waarin EK SELF IS as die GLOEIENDE VLAM VAN MY VOLMAAKTHEID, wat julle mense onwillig is om as sodanig te erken, ten spyte van MY dikwelse aanmoediging van daar om geen boosheid te doen nie! Oppervlakkig ignoreer julle hierdie STEM VAN DIE GEWETE, en vra julleself nie eers af of EK, ELOHIM, DIE MEESTER nie dalk HY IS WIE waarskuwend in jou klop om te voorkom dat jy verkeerd doen nie.

33 Daar sien julle weer hoe verkeerd julle denke is wanneer slegs die brein betrokke is! Selfs diegene wat behoort te weet en na wie EK reeds verwys het, wil nie, en hulle kyk na MY HEILIGDOM binne-in julle, dit is julle hart, om niks anders te wees as 'n funksionele orgaan vir die bloedsomloop van julle liggaam nie. O kortsigtige en tog hoogmoedige mense, ondeurdringbaar is julle vir die LIEFDE VAN JULLE ELOHIM EN SKEPPER!

34 Ons sal later terugkeer na die innerlike HEILIGDOM saak en eers die huidige hoofstuk deeglik ontbloot wat ingelei is deur MY HART SE-OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE. Met die eerste oogopslag lyk hierdie inleiding 'n bietjie kort, en tog, vanaf die volmaakte diepte van MY Heiligheid, dra dit alles oor wat nodig is om elke menslike siel in staat te stel om 'n geheel nuwe wêreld, DIE WERELD VAN VOLMAAKTE LIEFDE, te ontdek. Daarom is dit nodig om aan julle duidelik te maak wat EK bedoel deur gehoorsaamheid, maar dit sou so maklik vir julle gewees het om dit self uit te vind, as julle siel maar net met die regte Liefde vir MY gevul was!

35 Besef tog, MY aardse kinders, dat wat julle ookal doen, of julle baie intelligent is al dan nie, of julle Christen, Jood, Moslem, Hindoe, Boeddhis of ateïs is, vir julle blote natuurlike bestaan en welvaart kan julle nie anders as om maar te berus by MY HEILIGE GEES VAN ORDE nie en wat jy ookal onderneem, kan nie hierdie ORDE omseil nie, of julle daarvan bewus is of nie!

36 Geen menslike siel kan dit ontwyk nie, naamlik dat sy vir haar noodsaaklikhede die HEILIGE GEES VAN MY ORDE EN WYSHEID gehoorsaam moet wees!

37 Laat elkeen wat weier om hierdie feit te erken, MY VRAAG beantwoord: Kan jy leef sonder slaap? Kyk, jy kan nie "ja" sê nie! As jy probeer om beswaar te maak, sal jy gou vind dat dit maar 'n dwase eiewysheid is, want niemand kan hierdie vraag bevestigend beantwoord nie! Elke skepsel, sonder uitsondering, moet vir sy loutere lewensonderhoud bly by die basiese orde, waarvolgens 'n rus nodig is na die uitputting van liggaam, siel en gees. Niemand kan hierdie wesenlike wet van orde verander nie, of dit selfs tydelik vermy nie, en as hy sou probeer, sou hy

31 Want as jy dink in terme van wêreldse liefde, het jy 'n verkeerde tree gegee, het jy in die ware hel getree. Dieselfde is waar rakende die beginsel van gehoorsaamheid: Wees gehoorsaam aan die wêreld en jy word dadelik gekonfronteer met die afgryslikste tirannie en geweld wat dag na dag duisende mense van hierdie Aarde in slawerny en gevangenskap plaas sowel as talle vorme van ongekende lyding.

32 Wat DIE LIEFDE VAN JOU ELOHIM EN SKEPPER VAN HEMEL EN AARDE beteken, is nou voldoende aan julle geopenbaar, sodat julle onmiddellik en sonder voorbehoud betrokke kan raak in ware Liefde. Owergesetsynde, as EK JAHWEH julle al die werke van MY EWIGE LIEFDE in MY ONEINDIGE SKEPPING wou wys, sê EK JAHWEH dat 'n duisend aardse lewens nie genoeg sal wees vir jou siel om hulle almal te sien nie, en daar is nie 'n toestel wat deur julle vindingryke denke voortgebring is wat alles sal kan opneem nie; tog is een van daardie wonderlike werke van MY inderdaad daartoe in staat, en EK, jou SKEPPER het dit selfs binne-in jou geplaas! Dit is jou hart: JOU HEILIGDOM VAN MY - waarin EK SELF IS as die GLOEIENDE VLAM VAN MY VOLMAAKTHEID, wat julle mense onwillig is om as sodanig te erken, ten spyte van MY dikwelse aanmoediging van daar om geen boosheid te doen nie! Oppervlakkig ignoreer julle hierdie STEM VAN DIE GEWETE, en vra julleself nie eers af of EK, ELOHIM, DIE MEESTER nie dalk HY IS WIE waarskuwend in jou klop om te voorkom dat jy verkeerd doen nie.

33 Daar sien julle weer hoe verkeerd julle denke is wanneer slegs die brein betrokke is! Selfs diegene wat behoort te weet en na wie EK reeds verwys het, wil nie, en hulle kyk na MY HEILIGDOM binne-in julle, dit is julle hart, om niks anders te wees as 'n funksionele orgaan vir die bloedsomloop van julle liggaam nie. O kortsigtige en tog hoogmoedige mense, ondeurdringbaar is julle vir die LIEFDE VAN JULLE ELOHIM EN SKEPPER!

34 Ons sal later terugkeer na die innerlike HEILIGDOM saak en eers die huidige hoofstuk deeglik ontbloot wat ingelei is deur MY HART SE-OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE. Met die eerste oogopslag lyk hierdie inleiding 'n bietjie kort, en tog, vanaf die volmaakte diepte van MY Heiligheid, dra dit alles oor wat nodig is om elke menslike siel in staat te stel om 'n geheel nuwe wêreld, DIE WERELD VAN VOLMAAKTE LIEFDE, te ontdek. Daarom is dit nodig om aan julle duidelik te maak wat EK bedoel deur gehoorsaamheid, maar dit sou so maklik vir julle gewees het om dit self uit te vind, as julle siel maar net met die regte Liefde vir MY gevul was!

35 Besef tog, MY aardse kinders, dat wat julle ookal doen, of julle baie intelligent is al dan nie, of julle Christen, Jood, Moslem, Hindoe, Boeddhis of ateïs is, vir julle blote natuurlike bestaan en welvaart kan julle nie anders as om maar te berus by MY HEILIGE GEES VAN ORDE nie en wat jy ookal onderneem, kan nie hierdie ORDE omseil nie, of julle daarvan bewus is of nie!

36 Geen menslike siel kan dit ontwyk nie, naamlik dat sy vir haar noodsaaklikhede die HEILIGE GEES VAN MY ORDE EN WYSHEID gehoorsaam moet wees!

37 Laat elkeen wat weier om hierdie feit te erken, MY VRAAG beantwoord: Kan jy leef sonder slaap? Kyk, jy kan nie "ja" sê nie! As jy probeer om beswaar te maak, sal jy gou vind dat dit maar 'n dwase eiewysheid is, want niemand kan hierdie vraag bevestigend beantwoord nie! Elke skepsel, sonder uitsondering, moet vir sy loutere lewensonderhoud bly by die basiese orde, waarvolgens 'n rus nodig is na die uitputting van liggaam, siel en gees. Niemand kan hierdie wesenlike wet van orde verander nie, of dit selfs tydelik vermy nie, en as hy sou probeer, sou hy binnekort aan die einde van sy opstand kom weens 'n gebrek aan fisiese krag en sal hy moet buig onder MY ORDE.

38 Maar dink nou eers 'n bietjie in jou hart na oor al die wonderlike dinge wat EK DIE SKEPPER daar moes stel om dag en nag vir julle ondankbare mense te skep! En julle dink nie `n oomblik daaraan wanneer julle opkyk na die son, die maan en die sterre, om julle Liefde vir MY, DIE GEWER VAN ALLE GAWES uit te stort volgens die maat wat EK DIE MEESTER dit aanhoudend vir julle doen nie.

39 Dit gebeur met al MY WERKE VAN LIEFDE, waarsonder julle nie kan vooruitgaan of optree nie. In plaas daarvan om MY te oorweldig met julle Liefde daarvoor, het julle arrogant die reg aangeneem om willens weg te breek van die wonderwerke van die lewe en eerder die terugslae, wat deur julle roekelose optrede veroorsaak is, te aanvaar. Dit het julle van geslag tot geslag gedoen, mensekinders, om vanuit selfsugtige kortsigtigheid meer vir julle beperkte aardse bestaan te kry as wat deur MY VOLMAAKTE HEILIGE WIL voorsien is!

40 Inderdaad wil julle onverskillig die hande lê op alles waarmee EK DIE MEESTER die Aarde geseën het vir julle geestelike opwaartse styging, al MY GAWES VAN GENADE in die minerale-, plante - en diereryk - hoe meer, hoe beter - sonder om in die minste te dink om julle siel te verryk met MY LIEFDE wat onuitputbaar en gratis tot julle beskikking is!

41 So wil julle ook onder julle wellustige beheer, selfs die voortplantingsproses kry om slegs julle wellus te bevredig, sonder om te dink aan die vanselfsprekende, hoogsheilige skeppende betrokkenheid en sonder om te dink aan julle broers en susters op die Aarde, net soos in die Hemele.

42 Want jou naaste broers en susters loop nie net hier onder in die menslike kleed nie, maar woon in nog groter getalle in die mees verskillende sfere van rypwording tussen Hemele en Aarde en in die Hemele self, in afwagting vir 'n geleentheid om geïnkarneer te word vir 'n nuwe lewe van beproewing op Aarde, om so vrygelaat te word van die Wet van Sonde en Versoening, om in staat gestel te word om hul geestelike opwaartse styging voort te sit. Hulle is julle broers en susters sedert julle val van MY KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE, aan wie julle gekoppel is volgens julle opgehoopte skuld in vorige lewens.

43 In plaas van om in julle harte te bepeins oor wat EK hier in hierdie aardse lewe aan julle gegee het, naamlik 'n lewe van verlossing van al julle skuld, tekortkominge en swakhede, en - met die barmhartige voortplantingsvermoë - selfs die voorreg van medeverlossing van al julle verwante siele tot by die finale verlossing van julle Ewige skuld teenoor alle wesens, maar deur julle willekeurige dade, wil julle julle saak selfs buite die aanvanklike skuld van julle eerste val van MY KONINKRYK VAN VOLMAAKTHEID druk!

44 Voorwaar, sê EK JAHWEH aan julle almal: Hou op om nog dieper in die sonde te val! Hou op om in te meng met die heilige groeiproses van MY Skepping, voordat julle die beker met julle skuld laat oorloop en MY dwing om, ten spyte van al MY LIEFDE vir julle, voort te gaan met die oordeel soos in die tyd van die Groot Vloed!

45 So kan julle reeds vanuit hierdie paar voorbeelde sien hoe vinnig julle denke dwaal tot julle nadeel wanneer julle optree vanuit die sterkte van julle breingolwe alleen, deur MY DIE MEESTER te ignoreer en nie MY advies in julle hart in te neem nie.

46 As EK JAHWEH julle sou toelaat om vrylik oor die gebied van julle basiese lewensnoodsaaklikhede te besluit soos wat julle wil, in plaas van die basiese en belangrikste funksies van julle liggaam vas te maak aan die VOLMAAKTHEID VAN MY HEILIGE WIL, sê EK JAHWEH met oortuiging, dat die mensdom binne een jaar sal uitsterf!

47 Dus behoort julle geleidelik te besef dat julle in die vernaamste velde van die lewe nie anders kan as om MY VOLMAAKTE WIL te gehoorsaam nie, want julle wysheid kan nie met MYNE vergelyk word nie en sulke wonders van die lewe, wat gedurig in julle liggaam plaasvind en wat vir julle lewe noodsaaklik is, kan nooit julle maaksel wees nie.

48 Dit behoort dus nou na julle, MY aardse kinders, deur te skemer dat julle MY DIE SKEPPER gehoorsaamheid skuld, al is dit slegs om julle eie onthalwe! En as julle geleidelik daarvan bewus raak, dan behoort julle MY ook bo alles te begin liefhê, terwyl julle ten volle verstaan dat

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205