BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

DIE HEILIGE DRIE-EENHEID / Die Orde van ELOHIM se Heilige Sewe Oerkwaliteite en van die aangewese sewe Oergeeste

47 Daar is twee heilige kardinale getalle wat alles in die EWIGE ORDE VAN MY SKEPPING regeer: Die "drie" en die "sewe".

48 As enigiets vorm en lewe moet aanneem, moet hierdie heilige rangskikkende en vername getalle inherent wees in wat ookal gaan voortkom as vorm en lewe. Die "3" is primêr en ewiglik onafskeibaar, soos in MY HEILIGE DRIE-EENHEID; die "7" is vir ewig geanker in MY HEILIGE OEREIENSKAPPE en moet dus ook vir ewig geanker word in alles wat poog om soos EK te word, naamlik 'n BEELD VAN MYSELF.

49 Wie hy ookal is, óf 'n Gees van MY suiwer geestelike hemelse sfere, of 'n siel in 'n aardse menslike kleed met 'n vonk van MY HEILIGE GEES, hy plaas homself opsetlik in 'n toestand van skeiding van MY, ELOHIM DIE EWIGE SKEPPER, indien hy geen ag sal slaan op wat gesê is, en veral as hy dit goeddink om heeltemal op sy eie weg te gaan, terwyl hy grootliks MY EWIGE OORSPRONKLIKE ORDE ignoreer. Hou dit in gedagte, julle jong mense van hierdie Aarde, wat in die onverskillige blindheid van julle skyn-ideale aanstorm, sonder om aan MY ORDE aandag te skenk, waardeur julle `n prooi word vir die chaos van die hel, dikwels saam met baie van julle maats.

50 Ewemin sou EK DIE MEESTER ELOHIM of die HEILIGE DRIE-EENHEID kon bestaan of sou enigiets kon lewe en voortbestaan, as EK nie in MYSELF vir ewig hierdie HEILIGE ORDE was nie; ook sou MY HEILIGE LIGSIRKEL VAN HEMEL EN AARDE nie bestaan het of na die Aarde gebring kon word in hierdie tyd nie, as die HEILIGE GRONDBEGINSEL VAN MY ORDE nie 'n absolute werklikheid was deur MY WEDERKOMS IN MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE nie, saam met die ROTS VAN MY ONEINDIGE WERKSFEER, en MY HEILIGE STEM deur MY MOEDER VAN WELEER MIRIAM nie. MY EWIGE ROTS PETRUS sou nie onvermoeid al MY aardse kinders kon onderrig in MY HEILIGE SEWE OEREIENSKAPPE nie, veral hier deur hierdie NUWE BYBEL.

51 Dit was noodsaaklik in MY GEESTELIKE OERSKEPPING om aan MY EERSGESKAPE GEES SATANA, in aanvulling tot die twee OERGEESTE reeds genoem, om te voldoen aan die beginsel van MY DRIE-EENHEID, verder sewe OERGEESTE toe te wys wat toegerus is met dieselfde eienskappe as MY SEWE HEILIGE OEREIENSKAPPE, wat is en vir ewig sal bly:

LIEFDE, WYSHEID, VRYE WIL,

ORDE, ERNS, GEDULD,

en BARMHARTIGHEID

52 Sit die meer bekende konsep van "OER-AARTSENGELE" in die plek van hierdie sewe OERGEESTE en die hemelse verborgenheid oor hulle sal begin lig.

53 Alle verdere ontwikkeling van MY SKEPPING sou dan bepaal word deur die vrye besluit onder die HEILIGE VRYE WIL van MY EERSGESKAPE GEES SATANA; want, soos reeds aangedui, in haar aanhoudende selfaanskouing, sy vir haar eie krag en heerlikheid geval het, wat sy as haar eie almag beskou het, en het geweier om MY, DIE EWIGE SKEPPER as DIE VADER VAN ALLES WAT IS, te aanvaar: Haar egotisme (ekkerigheid), haar eieliefde, het die drie-eenheid sfeer wat EK haar geskenk het, so sterk deurtrek, dat selfs die twee OERGEESTE wat EK aan haar toegeken het, `n prooi geword het vir die uiters gevaarlike Liefde en verlore was vir DIE WEG VAN VOLMAAKTHEID IN MY SKEPPING; - tog was dit nie al nie.

54 Soos wat MY EERSGESKAPE GEES SATANA - en haar twee bygevoegde OERGEESTE – wat die nuwe DRIE-EENHEID VIR MY VOLMAAKTE SKEPPING gevorm het - die hoedanigheid van die Ewige OERSKEPPING geskenk is om die oneindigheid van MY skepping te vul, in nimmereindigende heerlikheid, met al die werke van EWIGE LIEFDE, het daar nou 'n oneindige sfeer van self-verheerlikte, eieliefde ontwikkel.

55 Wat moontlik was vir MY, ELOHIM VAN EWIGE LIEFDE EN ALLE VOLMAAKTHEID, in MY werke van Ewige Liefde, het nou ewe moontlik geword vir MY EERSGESKAPE GEES SATANA - as werke van eindelose eieliefde: Want aan haar is die krag gegee vir ewigdurende werke van skepping vanuit MY, DIE EWIGE, die krag wat sy egter gebruik het, maar geskoei op eieliefde, en het daardeur geleidelik in MY aangesig 'n Teenpoolsfeer gebou wat uiteindelik verander het in `n teenpoolwêreld.

56 Maar EK DIE MEESTER het glad nie ledig gesit en kyk hoe hierdie skeppingsproses ontwikkel nie; nie in die minste nie!

57 Die OERGEESTE VAN MY SEWE OEREIENSKAPPE het intussen hulleself, deur hul eie vrye wil, herken as KINDERS VAN EWIGE LIEFDE, en het daarom besluit om DIE EWIGE LIEFDE in alle volmaaktheid te dien en om DIE VADER te volg WIE hulle al die mag, krag en heerlikheid vergun het.

58 Aangesien MY SEWE OEREIENSKAPPE die GRONDSLAG VAN EWIGE LEWE is, kan niks permanent voortbestaan naas MY KONINKRYK VAN EWIGE LEWE wat gekies het om die weë van MY VOLMAAKTHEID te laat vaar nie; dit kan net so lank bestaan as wat MY LIEFDE, GEDULD EN BARMHARTIGHEID tesame met MY GENADE, 'n addisionele geskenk van MY LIEFDE, dit sal toelaat. En EK DIE MEESTER sal altyd alles toelaat om te bestaan tot tyd en wyl dit nodig sal wees om na MY terug te keer, waarvoor MY LIEFDE alles sal laat vaar, selfs as 'n opperste offer benodig sou word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205