BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die vierde Gebod vir `n Ware Geheiligde Huwelik

161 DIE VIERDE GEBOD van die ELOHIM-georiënteerde Orde vir 'n ware geheiligde huwelik volgens MY HEILIGE WIL.

162 Sonder die wet van MY GODDELIKE ORDE werkend en behoudend waar julle ookal kyk, kan niks op die langtermyn voortbestaan of verder en hoër ontwikkel nie; op soortgelyke wyse kan LIEFDE nie geleef word sonder WYSHEID, sonder die HEILIGE WIL of sonder die HEILIGE ORDE nie.

163 Die uitstaande beginsel van MY HEILIGE ORDE met betrekking tot `n ware, geheiligde huwelik dateer vanaf die allereerste begin van die menslike ras, toe EK JAHWEH

een menslike paar

een egpaar

uit een vlees, een siel en een gees gemaak het, wie in gehoorsaamheid en met verwysing na MY, nie deur hul inkarnasie net hier was om weer tot een siel en een gees saam te smelt deur middel van 'n ware huwelik nie, maar ook om deur hulle gehoorsaamheid aan MY, 'n gelykenis van MY HEILIGE DRIE-EENHEID te word deur MY DIE SKEPPER in te sluit in die heilige verenigde gemeenskap van die huwelik, om daardeur deel te neem in die oorvloedigheid van MY ONUITPUTLIKE GENADEGAWES.

164 Die Paradys op Aarde was bedoel om voort te kom deur die heilige kreatiewe beginsel van MY DRIE-EENHEID te verplaas na die aardse vlak om so verlossing op die eenvoudigste manier te bereik van die Val van weleer vanuit MY Hemele, want deur gehoorsaamheid, wat die kern van LIEFDE is en wat MY ALLEEN HEILIGE EN VOLMAAKTE WIL vervul, die Edense eenheid van die eerste menslike paar, sou die begin van heilige, verlossende egtelike eenhede vir die volgende geslagte van die menslike ras gewees het. Die huwelike van die mensekinders sou verlossende huwelike gewees het in 'n voortdurende paradys op Aarde - die Hemele op Aarde - deur hulle ELOHIM, SKEPPER EN HEMELSE VADER altyd teenwoordig te hê, wat die trekke van moedswilligheid wat die Val van die Geeste van die Hemele veroorsaak het, geleidelik in die mees liefdevolle, doeltreffende en heilige manier op te los. Paradys sou 'n hemelse en voortplantende bestendigheid op Aarde geword het, tot die effek dat hierdie "Ster van verlossing" baie gou sy doel sou vervul het, dit is om daarin te slaag om die hele gevalle wêreld terug te bring na MY Hemele.

165 Wel, soos julle weet, het die ongehoorsaamheid van die eerste menslike egpaar hul skorsing uit die Paradys tot gevolg gehad deur hul eie skuld, wat gelykstaande was aan die onwilligheid van ELOHIM, DIE EWIGE VOLMAAKTE om 'n nuwe tydperk van verlossing te begin of 'n nuwe mensdom te maak met ongehoorsame mense, sodat die gevolge van ongehoorsaamheid altyd aanvaar sal moet word, hoe bitter dit ookal is. Dit is ELOHIM SE GEREGTIGHEID, soos geopenbaar in die onpartydige WET VAN SONDE EN VERSOENING, die wet wat moet verhoed dat MY Skepping in onvolmaaktheid sal vasval.

166 Niemand mag ooit kla oor sy onregverdige lyding vir die ongehoorsaamheid veroorsaak deur die val van die eerste menslike paartjie nie; want julle ELOHIM EN SKEPPER is heilig, vir ewig heilig deur SY EWIGE VOLMAAKTHEID, terwyl onreg 'n eienskap is wat nooit binne VOLMAAKTHEID gevind kan word nie, selfs nie eers 'n spoor nie!

167 Tog, in die eerste mense wat toegerus was met `n vrye wil, met al die trekke van eiewil en moedswilligheid, dieselfde wat voorheen tot die eerste afvalligheid gelei het en die Val vanuit MY Hemele veroorsaak het, was 'n opstapeling van al die onderskeie trekke van alle gevalle geeste, dit is die gevalle kinders van MY VADERLIKE HART, waartoe jy, leser van hierdie reëls, ook behoort!

168 Daarom, deur MY HEILIGE WIL, moes die eerste man op Aarde wat met 'n vrye wil toegerus was, gekonfronteer word met 'n eerste gehoorsaamheidstoets om sy vermoë te toets, om in 'n Paradys te lewe wat afgebring is na hierdie Aarde, as 'n gehoorsame kind in die lewende gemeenskap van sy metgesel wat gemaak was uit sy eie liggaam, siel en gees, - die vrou -, en om te bewys dat DIE GENADE VAN 'N LEWE onder die MY bestendige beskerming, erken was en MY HEILIGE WIL vervul is deur deel te neem aan MY EWIGE LIEFDE.

169 Julle mense van hierdie tyd beleef nou, op sterkte van MY NUWE BYBEL, 'n OOMBLIK VAN GENADE soortgelyk aan dié van weleer, toe Adam en Eva, die eerste getroude paartjie op Aarde, in die Paradys was; nou moet julle bewys of julle ernstig is omtrent julle bydrae om deur MY HEILIGE WIL 'n nuwe mensdom op Aarde te bewerk, en of julle bereid is om weereens MY GENADE te verloor, soos tydens die eerste keer, met die somber vooruitsig om onder die wiele van Oordeel te beland.

170 Maar dinge is vir julle makliker as vir die eerste menslike paartjie; want EK DIE MEESTER, deur middel van MY AARDSE LEWE IN JAHSHUA DIE GESALFDE en MY DOOD AAN DIE KRUIS VAN GOLGOTA, het julle Oersonde uitgewis wat gelei het tot die Val van MY Hemele, om sodoende die swaarste skuldlas van julle af te neem, sodat julle net een ding moet doen, naamlik om julle volgende sondes op te los deur die vervulling van MY HEILIGE WIL in 'n ware, geheiligde huwelik, en om met MY GENADE EN BARMHARTIGE HULP, daardie paradys op Aarde te skep waaruit die eerste getroude paartjie geskors moes word, as gevolg van hulle ongehoorsaamheid.

171 MY HEILIGE LIGSIRKEL VAN HEMELE EN AARDE en hierdie NUWE BYBEL VAN MY GENADE is hierdie hulp wat julle in staat sal stel om so maklik en so vinnig as moontlik hierdie doel van die Paradys op Aarde te bereik.

172 Begin nou met 'n ware huwelik wat deur MY geheilig word vir sover hierdie GEBOOIE VAN MY LIEFDE EN GENADE vervul sal word. EK DIE MEESTER het die basiese beginsel van MY ORDE vir julle duidelik gemaak, naamlik dat `n ware, geheiligde huwelik slegs monogame kan wees. Dit is waar dat hierdie beginsel ingesluit is in die wetgewing van die sogenaamde Christelike nasies, maar julle weet maar al te goed deur ervaring wat die werklike situasie in hierdie verband is; julle laat nie eens blyk om op die verdediging te wees teen die strikke waarin MY Teenpool julle so styf vasgevang het, dat die basiese beginsel van MY HEILIGE ORDE aangaande ware, geheiligde huwelik, dit is monogamie deur MY HEILIGE WIL, op die punt is om heeltemal weggekalwe te word deur julle misdade, o mensdom van hierdie tyd!

173 Alles wat vanuit MY, JULLE ELOHIM EN SKEPPER VAN HEMELE EN AARDE uitgegaan het, is volmaak, en alles wat sal voortkom uit of deur MY, sal vir ewig volmaak wees.

174 Wanneer hierdie EWIGE HEILIGE WAARHEID toegepas word op julle, o mensekinders, en in julle getroude lewe, moet dit vir julle tuisbring dat die volmaakte orde van die huwelik slegs deur MY herkenbaar is, en dat net EK ELOHIM DIE MEESTER aan julle kan openbaar op watter manier julle huwelik regverdig is BINNE MY VOLMAAKTE ORDE.

175 Alhoewel EK reeds `n goeie paar dinge aan julle geopenbaar het in hierdie NUWE BYBEL, met soveel helderheid soos wat nog nooit voorheen op Aarde gebeur het nie, sal EK steeds meer doen vir julle redding en vir julle terugkeer na MY KONINKRYK VAN VOLMAAKTHEID.

176 Die feit dat EK DIE MEESTER julle dikwels "MY kinders" en selfs "Kinders van MY Liefde" noem, behoort dit vir julle duidelik te gemaak het dat julle geskape en gebore is deur MY DIE MEESTER. Maar hoe en met wie?

177 Laat EK julle vertel: EK JULLE ELOHIM het julle in MY EWIGE LIEFDE verwek! EK het ook aan julle geopenbaar dat LIEFDE MY EWIGE OERTOESTAND is, dat MY EWIGE LIEFDE ook 'n OERGRONDPOOL het, en dat sonder hierdie OERGRONDPOOL, geen Liefde uit MY VADERLIKE HART kan vloei van ewigheid tot ewigheid nie.

178 EWIGE VOORTPLANTING is alleen moontlik in MY SKEPPING deur die absolute en ewige eenheid van JULLE HEMELSE VADER met SY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, wat vir elke ontwaakte verstand beteken dat JULLE EWIGE HEMELSE VADER in HOMSELF SY rustende en aktiewe "vroulike" deel bevat.

179 Wanneer EK ELOHIM DIE MEESTER - vir Wie alles moontlik is, want LIEFDE EN WYSHEID vorm die mees volmaakte eenheid in MY - MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE buite MYSELF vir 'n gegewe skeppende doeleinde plaas, lei dit tot redding met en deur HAAR, WIE MY ALLERHEILIGSTE IS.

180 Let wel dat EK DIE MEESTER EN SKEPPER, aan die begin van MY Skepping vanuit MY VADERLIKE HART, deur MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, Geeste soos EK, of eerder soos ONS voortgebring het, wie- langs MY EERSGESKAPE GEES SATANA - geskape is as OER-AARTSENGELE aan die begin van MY GEESTELIKE SKEPPING! Hierdie openbaring gooi 'n nuwe lig op die ou Bybelteks wat skrifverklaarders nog altyd verbyster het.

181 Hierdie Oergeeste, wat MY HOOF OEREIENSKAPPE beliggaam het in `n volmaaktheid soortgelyk aan MYSELF, is as OER-AARTSENGELE die grondpole van MY WIL SE EIENSKAPPE, en lê sodoende die grondslag van MY Skepping vir alle ewigheid.

182 Tog, wou EK DIE MEESTER en EWIGE HEMELSE VADER ook kinders van MY eie hê - KINDERS VAN MY EWIGE LIEFDE - wat uit hul eie vrye wil, en deur hul LIEFDE vir MY, ewebeelde van MYSELF wou word.

183 Daarom, uit MY en MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE het ontelbare kinders in die skepping voortgekom - KINDERS VAN ONS LIEFDE - almal van hulle ENGELE VAN EWIGE LIEFDE. Tog moes elkeen van hierdie KINDERS VAN ONS LIEFDE ontwikkel vanuit sy waarlik aktiewe LIEFDE, tot 'n BEELD EN GELYKENIS VAN MYSELF vir beide van ons en hulle eie vreugde. Dit het gelei dat hulle in gelyke verhouding gegee is, om mekaar te voltooi, die "manlike" beginsel van ELOHIM EN VADER en die "vroulike" beginsel van die ewige voortbrengende OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE. Dit het beteken dat deur voortbrenging, hierdie HEILIGE SKEPPENDE BEGINSELS, MY ONEINDIGE SKEPPING vir ewig sou laat toeneem. Dit is maklik om te begryp dat hierdie proses plaasgevind het, en vir ewig sal aanhou, met die enigste verskil dat dit in MY HEMELSE KONINKRYK VAN DIE EWIGE GEES bereik word op 'n ander wyse as op julle materiële Aarde.

184 Hierdie openbaring toon ook dat MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, terselfdertyd DIE MOEDER IN MY, DIE MOEDER VAN ELOHIM is, - en ook in die huidige tyd JULLE MOEDER VAN VERLOSSING deur MY besluit om deur MY GENADE, MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE op julle Aarde van verlossing te plaas, sodat julle teruggebring kan word na MY Hemele.

185 EK JAHWEH moes dit alles so duidelik aan julle openbaar sodat julle mensekinders van hierdie tyd, wat so radikaal van MY HEILIGE WIL afgewyk het, die ware, heilige betekenis van julle huwelikseenheid ten volle sal erken en verstaan.

186 Nou kan julle verstaan waarom die ware huwelik slegs geleef en geheilig kan word in `n enkelvoudige huwelik (monogamie), maar nie slegs deur die letter van die wet nie, maar vir ewig in die HEILIGE GEES VAN JULLE ELOHIM EN SKEPPER EN VAN SY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE!

187 Wat reeds in MY Hemele na vore gekom het van MY as wesenlik verskillend, óf "manlike" of "vroulike", en wat sou moes saamsmelt in BEELDE VAN MYSELF, is op julle Aarde as "man en vrou" geplaas; maar DIE VOLMAAKTE BEELD VAN MYSELF kan slegs bereik word deur die EENHEIDSVERBINTENIS as een vlees, een siel en een gees te heilig, en nooit anders nie!

188 Die wil en die verlange vir hierdie prestasie is in elkeen van julle geplaas, geliefde kinders van julle Hemelse Vader, gebore uit SY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE. Wie nie so 'n verlange voel nie, behoort baie dikwels op te kyk na MY, en MY met al sy LIEFDE te smeek om in hom hierdie suiwer begeerte van MY Hemele en hierdie heilige vasberadenheid te laat ontwaak; want hierdie hemelse eienskappe lê slegs in hom geblokkeer as gevolg van vele verskillende redes. In wie hierdie hemelse verlange ookal te sterk, buite die regte verhouding is, sodat hy nie in staat is om homself te beheer nie en dwaal op die paaie van suiwer Liefde, of sy huwelik verbreek ten spyte van plegtige verklarings van goeie bedoelinge of kort daarna, moet weet dat hy in besonder behoefte het aan MY GENADE EN HULP om van hierdie moeilike posisie onthef te word; en vir hierdie tipe kind moet MY NUWE BYBEL inderdaad sy daaglikse brood word.

189 Daarom moet ware monogame huwelike met sy heilige gevolge die hoogste doel van julle aardse bestaan word, as daar weer lig op die Aarde moet bestaan en 'n menslike ras gebore moet word wat nie meer onderdanig sal wees aan MY Teenpool en haar hel hier onder nie. Selfs die volke op hierdie Aarde wat nie eens die beginsel van die heilige monogamie gewettig het nie, behoort van nou af hulle wette in alle opsigte aan te pas volgens die voorskrifte van hierdie NUWE BYBEL.

190 Baie dinge moet nog waargeneem en vervul word om die volmaakte vlak van monogamie deur MY HEILIGE ORDE te bereik, sodat EK die betrokke huwelik kan heilig.

191 Die jonger geslag mag nou vra, wanneer sal dit die regte tyd vir ons wees om volgens U ORDE te trou? EK DIE MEESTER het reeds gesê dat julle 'n direkte leiding van MY sal kry, insoverre julle daarna sal streef om 'n TEMPEL VAN MY HEILIGE GEES te word. Neem dus MY leiding, wanneer julle julleself ingestel het op hierdie heilige onderneming. Maar neem dadelik kennis daarvan dat dit in teenstelling met MY ORDE sou wees om `n huwelik af te dwing, sonder om die minimum middele van bestaan te hê wat benodig word vir 'n ordentlike lewe op hierdie Aarde van verlossing. Dit is waar dat EK in MY menslike kleed as JAHSHUA DIE GESALFDE eenkeer gesê het dat julle nie bekommerd moet wees oor die dag van môre nie, tog beteken dit nie dat julle moet sit en speel nie; want die geestelike sin van hierdie JAHSHUA-WOORD moet dieper gesoek word, of andersins sou dit die Bybelwoord weerspreek het wat sê dat julle julle brood in die sweet van julle aangesig sal eet.

192 Daarom moet julle manne 'n ambag aanleer, net soos EK DIE MEESTER in MY aardse lewe gedoen het, en dit beoefen met Liefde en sorg en met bestendige verwysing na MY, ten einde 'n getroude lewe te lei waarin julle werklik geseën sal word; net soos wat julle, o vroue, 'n heilige besorgdheid behoort te hê om alles te leer wat nodig is om 'n sorgsame ma en huisvrou te wees in 'n geseënde huwelik. Indien dit gedoen word, hoef julle inderdaad nie bang of bekommerd te wees oor die dag van môre nie, want dan, en slegs dan, sal EK DIE MEESTER teenwoordig wees as die EEN WIE julle verstandig lei, sonder dat julle ontneem sal word van dit wat julle nodig het om van te lewe.

193 Aan die ander kant behoort julle te weet dat 'n slordige huwelik nooit voor MY HEILIGE AANGESIG geregverdig kan word nie en sal nooit MY seën of leiding kan ontvang nie. Wanneer die strewe om regverdig volgens MY ORDE te lewe egter herkenbaar is, sal die bronne van MY GAWES van MY onuitputlike EWIGE OORVLOED voortdurend vloei.

194 MY KINDERS VAN LIEFDE sal alles hê wat hulle nodig het, insoverre hulle MY met die brandendste LIEFDE sal volg en in alle opsigte aan MY HEILIGE EN VOLMAAKTE WIL voldoen!

195 So kan julle inderdaad sonder aardse bekommernisse leef, met dien verstande dat julle julleself slegs bekommer oor een ding, naamlik om volmaak te word volgens MY ORDE en MY HEILIGE WIL.

196 Met betrekking tot die liefdeseenheid in 'n ware, geheiligde huwelik, beteken dit om die Liefde te laat styg tot by MY VLAK in MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE. Dit beteken om julle nie te verlustig in die begeerlikheid van die vlees nie, maar om verenigende LIEFDE te heilig deur sintuie wat deur MY gesuiwer is. Soos alreeds uitgewys, moet die ware huwelik bevorderlik wees vir die bou van 'n TEMPEL VIR MY HEILIGE GEES volgens MY HEILIGE WIL.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205