BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

Die MEESTER se oorvloed van Genade

22 Daar was van tyd tot tyd, o mensekinders, 'n paar oor-slim "wyses" onder julle wat gedink het om hul mening te verkoop dat dit heel moontlik was om hierdie Aarde in te dink sonder menslike wesens! Daaruit kan jy sien wat 'n gees wat aan homself oorgelaat is, kan produseer, want EK JAHWEH sê:

23 Sonder die mens sal MY HELE SKEPPING ondenkbaar wees vir MY ELOHIM EN SKEPPER, net soos die lewe sonder kinders ondenkbaar sal wees vir 'n egte vroulike siel.

24 Wat sou EK, ELOHIM DIE SKEPPER, MEESTER EN VADER, sonder MY kinders wees - sonder julle, MY aardse kinders?

25 Want julle mensekinders is MY EIE WEERKAATSING in 'n skepsel. Dit is waar dat julle julleself vir die oomblik omring met die nag van `n embrio, `n wesenlike waarheid wat julle denkbeeldige lewens nie kan oorsien nie, nietemin is julle, o mensekinders van hierdie wêreld, kinders van MY EIE SELF en EK JAHWEH EN SKEPPER is dus JULLE HEMELSE VADER WIE alles ter wille van julle geskape het.

26 Dit is vir julle wat MY SKEPPING sigbaar geword het as DIE SKEPPING VAN MY LIEFDE.

27 As julle, o mensekinders, begeer om dit te verstaan - EK JAHWEH sê weer ten sterkste "begeer om te verstaan", laat die eerste straal van MY LIEFDE in julle vrugte dra as ware lewe in MY HEILIGE GEES!

28 Julle was eens in MY HEMELE GEBORE, DIE KONINKRYK VAN EWIGE LIEFDE, as 'n gees uit MY HEILIGE GEES! Maar omdat julle deur julle eie vrye wilskrag, deur MY toegelaat, julleself met nag omring het, wat nie uit MY VOLMAAKTE GEES voortkom nie, maar die gevolg is van julle opsetlike val van MY HEMELE in hierdie selfgekose en selfgeskape nag, sal julle in MY HEILIGE GEES wedergebore moet word.

29 Julle weet nou wat dit beteken om wedergebore te word. Selfs Nikodémus, 'n leier van MY uitverkore volk van weleer, kon skaars verstaan wat dit beteken om wedergebore te word, alhoewel EK dit aan hom deur MY DIE SKEPPER, SE HEILIGE MOND verduidelik het! Dit kan julle ook toon in watter diepe nag die siele van MY uitverkore volk beland het, en waarom DIE VERLOSSINGSWERK VAN MY LIEFDE nodig was- waaroor die volgende hoofstuk van die Boek van Liefde meer inligting sal verskaf.

30 Hierdie nag heers nou nog, bykans twee duisend jaar later, onder die meerderheid van MY aardse kinders, soos wat EK alreeds in daardie dae voorspel het, en so het MY GROOTSTE GENADE tans op Aarde 'n onontbeerlike daad van MY EWIGE LIEFDE GEWORD: DIE WEDERKOMS VAN JULLE MEESTER, JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA, weereens in 'n menslike gewaad. En – soos wat alreeds duidelik geopenbaar is - in die menslike gewaad van geen ander as die EEN in WIE, soos MY HART SE OERGRONDPOOL VAN EWIGE LIEFDE, dit alleen moontlik was.

31 Tog sal MY GENADE nooit uitgeput word vir MY aardse kinders as die heilige doel van die skepping bereik moet word nie. Hoe ongelooflik dit ookal vir al MY engele gelyk het, dat tot by die publikasie van hierdie NUWE BYBEL van MY, MY terugkeer na hierdie Aarde in die menslike gewaad van die KONINGIN VAN DIE HEMELE skaars die dawerende gejubel gekry het wat hulle verwag het, was hierdie verloop van gebeure nie net deur MY DIE MEESTER verwag nie, maar volmaak toegelaat in MY BARMHARTIGE PLAN van redding vir hierdie blinde mensdom.

32 Want EK JAHWEH het goed geweet dat MY lot in die menslike gewaad van MY AARDSE MOEDER MIRIAM nie veel sou verskil van dié van die Seun van die mens, JAHSHUA DIE GESALFDE nie, en dat juis daardie aardse kinders wie se lippe nooit ophou om te roep "MEESTER, MEESTER! " en "o ELOHIM, hoe lief het EK U nie!" altyd voorgee om beter te weet as EK JAHWEH MYSELF, hoe EK MY HEILIGE WIL in beslissende optrede plaas.

33 Dit was hulle wat reeds in daardie dae van beter geweet het, wat gedink het dat DIE MESSIAS onder hulle met groot prag en praal as die Verlosser moes verskyn en nie in die skamelste armoedigheid van 'n stal gebore kon word nie. En vandag weet hulle weer van beter, deur te beweer dat EK JAHWEH verplig is om na die Aarde toe te kom met donder en weerlig op 'n wyse wat hulle dink. Die feit dat die voorspelde "weerlig" MY skielike teenwoordigheid kan wees op Aarde in MY ALLERHEILIGSTE, en die "donder" die KRAG VAN MY HEILIGE STEM, val buite die begrip van hierdie oor-wyse, ywerige dwepers, wat net so blind is as die Fariseërs, wat vyandigheid teenoor MY in JAHSHUA DIE GESALFDE getoon het, MY gelaster het en MY op die kruis van Golgota laat vasspyker het.

34 Die huidige situasie is dus presies dieselfde as in daardie dae, maar dit sal nie so ontvou nie.

35 Want aan die einde van MY AARDSE OMSWERWING IN DIE MENSLIKE GEWAAD VAN MY AARDSE MOEDER MIRIAM, sal die kop van die slang vertrap word en die NUWE JERUSALEM sal opgerig word op die Aarde in die heerlikheid van MY Hemele.

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205