BOEK 1 - DIE LIEFDE
DIE NUWE BYBEL

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

- Hoofstuk 7 -

DIE KONINGIN VAN DIE HEMELE oor die Wedergeboorte in die vuur VAN MY HEILIGE GEES

WEDERGEBOORTE

IN DIE VUUR

VAN MY HEILIGE

JAHSHUA-MIRIAM-GEES

1 Let wel, kinders van MY Aarde, wat dit beteken om wedergebore te word soos HY WIE MY ROTS IS van ewigheid tot ewigheid! Dit beteken wel om in staat te wees om soos EK DIE MEESTER die hoogtes en dieptes te oorsien, nie net van julle Aarde nie, maar ook van die hele Heelal, tot 'n sekere grens wat selfs nie deur die hoogste geïnkarneerde gees oorgesteek kan word nie!

2 Elke siel kan haarself nou afvra of sy nie ook begeer om die pad wat lei tot wedergeboorte in die vuur van MY HEILIGE GEES wil neem nie. Hierdie Genade word geskenk aan elke kind wat afgekom het van die hoogtes van MY Hemele; maar eers nadat sy deur die smeltkroes van MY toetse gegaan het, wat niks anders beteken as 'n reiniging van die siel van al die skuim/droes van hierdie Aarde nie. Hierdie proses behels die ontbinding van al die gevalle geestelike potensies wat gedra word deur 'n hoër of hoogste Gees van MY Hemele na verlossing.

3 Julle kan dus maklik insien dat niks per toeval gebeur nie, ja, alles word tot stand gebring volgens 'n volmaakte plan wat bedink is deur julle ELOHIM EN MEESTER.

4 Die Aarde moet gereinig word van die moeras van sonde, 'n taak wat slegs bereik kan word deur wie ookal bereid is om MY DIE MEESTER, JAHSHUA DIE GESALFDE, DIE GEKRUISIGDE VAN GOLGOTA in absolute gehoorsaamheid te volg! Dit behels die afstaan van 'n mens se eie wil vir MYNE, wat gelykstaande is aan MY Wil wat joune word; want dan eers sal jy werklik in die sfeer van MY ORDE, DIE ORDE VAN JOU ELOHIM EN MEESTER leef!

5 Julle kan nou sien, MY kinders, dat slegs LIEFDE EN GEHOORSAAMHEID, nie net 'n kind in MY Hemele kan bring nie, maar hom ook MY hoogste GENADEGAWES verleen, wat gelykstaande is aan die vervulling van MY ALLEEN HEILIGE WIL.

6 Moet jou egter nie verbeel dat hierdie doel bereik kan word deur net hier en daar aan MY ALLEEN HEILIGE WIL te voldoen nie! Glad nie, sê EK DIE MEESTER, want hierdie Genadegawe veronderstel absolute gehoorsaamheid in alle dinge!

7 Dink ook aan hoe nou die pad en die poort is, en dat niemand kan deurglip nie, tensy hy waarlik probeer het om 'n volmaakte kind van sy ELOHIM en MEESTER te word!

8 Die proses van wedergeboorte egter, bestaan uit verskillende grade waarin 'n Gees vanaf 'n gegewe vlak van volwassenheid kan intree. Julle sal dit waardeer, MY Aardse kinders, as julle sou weet watter genadegawes EK DIE MEESTER gereed het vir die Kinders van MY Liefde wat MY in absolute gehoorsaamheid volg.

9 Slegs GEHOORSAAMHEID, die LIEFDE VAN ALLE LIEFDE verdelg selfs die swartste swart, net soos die son selfs die hardste ys wegsmelt.

10 Dit is MY HEILIGE WIL vir julle om LIEFDE te word, vurigste barmhartigste JAHSHUA-MIRIAM-LIEFDE, om so op hierdie Aarde 'n einde te maak aan die lyding en benoudheid van MY kinders wat uitroep na die Hemele!

11 Waarlik kan EK DIE MEESTER nie MY EIE WETTE, wat WETTE VAN LIEFDE is, breek nie, net sodat julle so volmaak kan word soos wat EK DIE MEESTER volmaak is van ewigheid tot ewigheid!

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205