OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 9
Dit was ‘n moeilike paar dae in die huise en harte van al MY mense wat MY liefgehad het en intens na MY teenwoordigheid verlang het. Hulle is maar net getroos deur alles wat Ek aan hulle vertel het voor MY kruisiging, toe EK nog by hulle vertoef het. Maar in sommiges se harte was daar wel die twyfel dat EK tog nie sou opstaan uit die dood nie. Dit was die wat eers later by MY aangesluit het en nog nie so ‘n vaste vertroue in MY gehad het nie. En vir hulle was dit werklik ‘n wonderwerk van ‘n ander gedaante toe EK herrys het uit die dood. Uit vrees en bewing wou hulle nie te na aan My staan nie en het getwyfel toe Ek aan hulle verskyn het. Diegene wat My verwag het, was baie verheug en het selfs deur die strate gehardloop met die blye boodskap, selfs nadat EK hulle beveel het om dit nie te doen nie. Hulle is egter met soveel vreugde en blydskap vervul en Ek kan nie blydskap van so ‘n aard blus nie. Dit dien gewoonlik tot nog groter vreugde en dit laat MY vaderhart warm klop as EK sien hoedat MY kinders ware vreugde in MY beleef. EK maak alle laste lig deurdat EK dit op MY skouers neem en daarom is dit nie nodig om met hangskouers en lang gesigte rond te loop nie. Julle moet altyd bly wees in MY, sodat EK ware vreugde in julle kan vind en EK julle dan kan seën met My Vaderliefde wat EK dan in groot mate oor julle kan uitstort. Wees altyd deur bly en verheug julle in MY wat die dood oorwin het. As julle die duisternis en diepe put kon aanskou waaruit Ek MY mense gered het, sou julle beswyk het van vrees. Wees daarom dankbaar en bly dat EK julle verlos het, sodat julle nie daarheen hoef te gaan nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205