OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 17
19 Nov.2007 00:56
Dink aan My in die tyd wat kom, want daar kom ‘n tyd van beproewinge vir julle elkeen. Maar julle moet weet dat EK elke oomblik digby julle is en dat EK julle smart ken. Dit sal nie vir julle lekker wees nie, maar EK weet waarom EK die dinge oor julle bring. Julle moet MY nou al vir krag vra en EK sal julle versterk en julle sal laste dra wat nooit moontlik kan wees sonder MY hulp nie, want EK gee julle krag. EK is met julle om julle te vertroos in julle smart en versugtinge. Dink nie dat EK dan ver van julle af is nie, want dit is ‘n leuen van satan om julle sover te kry om MY te versaak. Dit was vir MY ‘n ongelooflike las op MY skouers wat EK moes dra en EK het daarvan geweet nog voor MY geboorte. Dit het MY nogtans nie laat afsien van MY planne nie, al het EK geweet wat EK sal moes deurgaan. Dit was dan ook waarom EK in die tuin van Getsemané gaan bid het vir krag om alles deur te voer tot op die einde. EK weet dat dit vir julle moeilik te begrype is waarom EK bloed gesweet het, terwyl EK tog Een was met MY Vader (die liefde) en daarom gaan EK dit nou aan julle verduidelik. Met MY menswording hier op aarde was EK net so ‘n mens soos julle gewees en EK moes baie hard aan Myself werk om die Geestelike wedergeboorte te bereik en in die proses moes EK al die aardse dinge aflê om Een te kon word met MY liefde (Vader) Dit is dan ook waarom EK nie soos ander kinders gespeel en uitbundig gelag het nie. EK het wel gespeel, ja maar op ‘n ander manier. MY speletjies het daaruit bestaan dat EK altyd iemand iets daaruit geleer het. EK het nooit gespeel omdat speel, speel is nie. Dit het altyd ‘n doel gehad en almal wat by MY was, was daarmee tevrede dat EK ‘n klein grootmens tussen hulle was wat hulle ook selfs baie belangrike lesse geleer het. Maar toe EK volwasse na liggaam geword het, was ook MY speletjies op ‘n einde en EK het ernstig begin om die mense om MY op te lei met lesse wat hulle nodig gehad het vir die ontwikkeling van hulle siele. Een van die lesse was om nooit jou liggaam bo jou gees te stel nie en daarom was MY aardse gesin ook net van die nodigste voorsien. Alles ekstra is oorbodig en sonder nut vir die siel. Julle daarenteen sorg baie goed vir julle liggame en skeep die siel baie af. Wat sal julle doen as EK julle al die lyding wys wat nog op julle pad vir julle wag? Julle sê almal dat julle sal bid en smeek om genade. Nou, dit is wat EK ook gedoen het in die tuin van Getsemanè.
Al was Ek Een met MY Vader, het EK nog steeds ‘n baie swaar las gehad wat op My gerus het en dit het MY tog ook bang gemaak, aangesien EK ‘n vleeslike liggaam gehad het, wat ook pyn kon voel en omdat EK die lyding as ‘n mens wou dra, het EK nie van MY goddelike eienskappe gebruik gemaak nie, sodat julle nie eendag aan MY kan sê dat MY Goddelike eienskappe MY in staat gestel het om vir julle te ly nie, en wanneer julle moet ly, weet EK dan presies hoe julle voel, omdat EK dit self deurgemaak het. Maar al verskil is dan dat EK met MY Goddelike eienskappe júlle lyding dra en julle in staat stel om aan te gaan sonder om moeg en mat te word. Is dit nie onbaatsugtige liefde van MY kant af nie? Wie van julle is bereid om die skuld van sy naaste se skouers af te haal, sodat hy ‘n bietjie kan asemskep en uitrus? EK weet van bitter min en EK ken harte! Niemand kan vir MY lieg nie, want EK weet alles! Dink daarom na voor julle net sommer verby MY kruisiging blaai, want EK het baie bloed gesweet ter wille van julle, want EK kon MYSELF verlos het as EK wou, maar EK wou dit doen ter wille van MY uitverkorenes.
Dit is dan waarom EK bloed gesweet het en letterlik begin bloei het, nog voor die marteling begin het. Dit is ook daarom dat julle My altyd moet gedenk, omdat EK die enigste is wat SY lewe afgelê het vir die skape en julle is MY Skape.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205