OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 21
20 Nov. 2007 3:18
Dit was nou ‘n les vir die manne en nou kom hier een vir die vroue. Julle weet dat EK die Een is wat maak en breek, nê? Nou waarom vrees julle so maklik? Julle dink dat EK julle verlaat het, as EK julle gebede nie dadelik verhoor nie. Leer by MY en wees nie kleingelowig nie. As julle MY iets vra, moet julle wag op MY antwoord en nie vrees nie, want dit is net wat die bose wil hê. Dan saai hy twyfel in julle harte en dan kan EK nie doen wat EK moet nie. As julle twyfel, gebeur daar iets in julle siele wat MY werking keer of terughou en dit veroorsaak ‘n bose kringloop, omdat julle dan nog meer twyfel as EK nie dadelik doen wat julle MY vra nie. Julle is ‘n baie bevoorregte geslag, omdat EK baie lief is vir julle en julle al MY verborgenhede bekend maak. Dit is in hierdie tyd dat EK julle vrouens baie meer wil gebruik as die mans en dit is nie te sê dat julle verhewe bo hulle is nie, maar net in die feit dat julle siele nie so vol trots is soos hulle s’n nie en dit maak julle meer ontvanklik as die mans. Maar as daar ‘n man is wat nie vol trots is nie, sal EK hom ook gebruik, omdat EK geen onderskeid hoegenaamd maak tussen man en vrou in die verkondiging van My woord nie. Julle is vir MY baie kosbaar en EK hou daarvan om te sien hoe julle besig is om te ontwaak. Al wat EK van julle vra is geloof, sodat EK meer aktief in julle kan werk en julle MY Gees kan ontvang. Dink nie dat dit net mans is wat vir MY moet gaan arbeid verrig nie. Julle is nie kwytgeskeld daarvan nie. EN daarom moet julle ook julle geloof en liefde in MY regkry, want EK wil julle almal gebruik. Dit is ‘n baie donker tyd in die skepping van die aarde en daar is een verlossingsperiode al amper verby en daar is nog duisende siele wat nog gered moet word en daarom wil EK elke mens wat bereid is om vir MY te help, weens liefde vir MY en vir sy naaste, gebruik. Kom soek julle antwoorde by MY en nie eers by julle mans nie, omdat hulle ook foute kan maak. Moenie op jou man staatmaak om geestelike besluite vir jou te neem nie. As EK jou roep, dan roep EK jou en niemand het ‘n hoër gesag as EK nie – selfs nie eers jou man aan wie EK jou toevertrou het nie. Hy is jou maat en jou broodwinner, jou ander helfte en liefde, MAAR EK is jou Skepper, Besorger, Hulp, Vertrooster en EK gee al die antwoorde, nie ‘n mens nie. Dink daarom nie dat sy woord wet is nie, maar MY Woord. EK wil nie onmin in huwelike saai nie. EK het al MY mense lief, maar julle is almal siele wat net van MY afhanklik is vir julle Geestelike groei. Niemand kan vir jou ook groei nie - selfs nie eers jou man nie. Dit is jou eie verantwoordelikheid en jy sal alleen voor MY kom staan en jy kan MY nie antwoord dat jy gehoorsaam was aan jou man nie. Wat geestelike dinge aanbetref, is EK die EEN wat uitdeel en nie ‘n man nie. Dink daaraan as julle weer iets geesteliks beleef en kom vra MY vir die antwoord. Jou man is maar net ‘n mens, met foute van ‘n mens en daarom kan hy nie vir jou intree nie. EK het elke mens ‘n vrye wil gegee en waarom is dit dat EK die vrye wil respekteer en nie die mans nie?. Waarom is daar mans wat hulle vrouens verbied om van MY Lewende Brood te eet? Jy as vrou moet al jou probleme met My eerste kom deel en EK sal jou probleme maak en breek, want dit is EK en nie ‘n mens wat maak en breek. Dra jou man op wat jou nie wil toelaat om MY Brood te eet nie en EK sal jou help. Dit is die probleem in vandag se tyd - daar is soveel eieliefde, dat niemand MY stem meer kan herken nie en daarom stry en baklei almal oor hulle eie leerstellings en wil nie een sy vrou toelaat om MY Woord aan te hoor nie omdat sy, sy woord moet hoor. Hoeveel maal het EK gesê dat daar baie verkeerde leerstellings uit die Bybel uitkom? Hier kom EK in die vorm van nuwe openbarings na julle en julle is te trots om te erken dat julle almal foute begaan het met julle eie goed wat julle uit die Bybel uitgehaal het. Almal wat MY Lewende Brood geëet het, lees nog steeds die Bybel en vind dat hulle alles nóu eers regtig met hulle harte verstaan en dit verbly hulle harte, omdat hulle MY Gees vir die eerste keer regtig sien werk. Dit is nie ‘n verstandelose gestryery oor dinge wat hulle nie verstaan nie, almal verstaan dit nou goed en eendragtig stem hulle saam, omdat EK hulle harte verander het, deurdat hulle MY Brood geëet het. EK het julle almal bale lief, man en vrou, maar as daar ‘n vrou tussen baie mense is wat MY liefhet in haar hart met opregtheid en daar is nie een man wat aan daardie standaarde voldoen nie, sal sy die een wees met wie EK eerste sal praat en deur wie EK sal werk. Staan daar dan nog iemand op, man of vrou, sal EK met hom/haar ook spreek. EK maak hoegenaamd geen onderskeid nie. EK weet dat daar van julle is wat nou weer gaan sê dat ‘n vrou stil moet wees en nie lering mag gee nie. Goed, dan sê EK: Waarom het julle mans MY dan nie kans gegee om deur julle te werk nie? Mag EK nie doen wat EK wil nie? Sal julle vir MY kom sê met wie moet EK werk en deur wie? Wie is so vermetel om MY te probeer voorsê wat en hoe EK te werk moet gaan. En aan die kleingelowiges wat hier onder julle sit en nie weet wat EK bedoel nie, wil EK sê. Hou op om na jou broer te luister wat jou aan sy kant wil kry met sy leerstelling en kom soek MY op. EK sal vir jou al die riglyne gee, omdat EK die enigste is wat alles weet. Moet nie dat iemand vir jou die “ware weg” kom leer nie. Ek sal jou in die ware Woord inwy, maar jy moet MY kom vra en niemand anders nie, omdat EK dit onvervals aan jou sal gee. Dink nie dat ‘n ander een alles weet, net omdat hy MY liefhet nie, maar die wat MY liefhet, weet baie meer, omdat Ek dit aan hom bekend maak in die stilte van sy hart. Julle moet weet dat EK julle almal liefhet, maar EK is nie waar mense mekaar wil opvreet en verpletter met MY Woorde nie. EK is nie daar waar mense oor MY Woorde sit en stry nie - let op na jou hart - voel jy MY werking tussen ‘n gestryery? Voel jy vol liefde en rustig in jou hart as daar oor MY woord baklei word? MY skrywers bring die Woord onvervals na julle en julle wil dit nie hê nie, maar julle luister na ander se leerstellings en raak deurmekaar en verward daaroor, maar kom soek MY Aangesig op en EK sal jou die waarheid leer. Onvervals, rein en skoon en jy sal sommer weet dat dit MY GEES is wat praat, omdat EK net liefde is. MY stem is sag en jy sal daarna kan luister, sonder om bevrees of beangs te wees. MY skrywers en die mense wat MY liefhet, se harte sal blink en nie hulle aangesigte nie. Julle moet MY onbeskaamd kom vra vir die waarheid en net soos wat EK dit aan MY dissipels gegee het 2000 jaar gelede, sal EK dit aan julle gee. Daar kan nie veranderings intree nie, omdat dit EK is wat spreek. Let net na jou hart op, kom soek na MY en EK SAL jou die onvervalste waarheid ingee. MY kinders waarvoor EK so lief is, vir julle het EK gesterf, sodat julle die ewige lewe kan beërf en soek daarna en nie na ‘n klomp ydele leerstellings van mense nie. Daar is baie vertalingsfoute in die Bybel en daar is ook veranderings op julle van toepassing, omdat julle in ‘n ander era leef, maar die basiese stelling in die Bybel het onveranderd gebly en dit is: Wees vir MY lief met jou hele hart en siel en alles binne jou en wees vir jou naaste lief soos wat jy jouself liefhet. Die ander dinge wat julle moet weet, sal deur MY GEES in julle harte ingegee word. MAAR die voorwaarde daarvoor is LIEFDE, punt. Die wat MY liefhet, sal alreeds verstaan wat EK hier sê.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205