OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 51
6 Des. 2007 10:41
Ek spreek tot elkeen van julle wat na MY wil luister. Met die wat nie na My Stem wil luister nie, het Ek nou genoeg gespreek en sal in die vervolg ook nie na julle luister as julle MY aanroep in die nood nie. Dit sal vir julle verskriklik wees, in die opsig dat julle dan algehele stilte van My kant af sal ontvang. Hulle wat wel na MY wil luister sal nou die volgende stukkie brood ontvang. Die man wat die wedloop volbring, is ‘n man so reg na My hart; iemand wat nie tou opgooi nie en aanhou totdat alles verby is. Daar gaan tye wees dat julle voel om op te hou met MY werk, omdat dit baie moeilik sal wees vir julle, maar EK wil julle aanspoor om aan te hou tot op die einde. Julle weet nie wat hierna vir julle wag nie en sal baie spyt wees as julle dan kon sien wat julle verbeur het. Alles is die moeite werd, want EK is alles. EK is julle erfporsie en julle sal die hele tyd saam met MY kan deurbring. Werp daarom alles in die stryd, sodat julle MY kan beërwe en gelukkig en salig kan wees in die tyd wat hierna vir julle aanbreek. Gee MY julle alles en moenie dat satan julle tot ander insigte bring nie. Hy is die vader van leuens en sal altyd aan julle verkeerde beelde van dinge gee. Julle sal verkeerde indrukke kry van dinge wat deur hom aan julle gewys word as julle nie julle hele harte aan MY gee nie en so subtiel soos wat hy is, sal julle dan niks verkeerds agterkom nie. Alles wat satan aan die mens wys, lyk altyd reg, maar daar is iets heel verkeerds aan dit. Vir die wêreldling lyk wêreldse ontspanning na net nog ‘n manier om uit te rus. Wat is nou verkeerd om ‘n aand voor die televisie deur te bring? Dit hou ten minste die kinders uit die kwaad en uit die strate uit, nie waar nie? Sien julle nou hoe subtiel hy te werk gaan om julle te verlei? Dit klínk reg, maar is in der waarheid vêr van die waarheid verwyderd. As julle by MY bly, sal alle gevare van ‘n sogenaamde “onskuldige” ding aan julle uitgewys word en julle sal dit verbygaan sonder om in satan se vangkuil gevang te word. Dink die hele dag aan MY en julle sal deur ‘n slagveld van sy vanggate stap. EK sal julle getrou bewaar en nie een van julle sal verlore gaan nie. Dit sê EK aan almal wat na My soek en nie mooi weet wat hom nou te doen staan nie. As jy ‘n aardse ding wil doen, kom vra MY eers, sodat EK jou die regte weg kan wys, en as dit dan reg is in MY oë, sal EK dit vir jou seën sodat jy goeie vrugte daarvan pluk. Maar luister na MY Stem en gaan nie voort met iets as jy ‘n duidelike waarskuwing van MY kant af ontvang het nie. Dit is MY gewisse Woorde aan julle wat vandag aan iets twyfel.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205