OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 34
27 Nov. 2007 07:29
Dit is in ‘n sekere mate al klaar vir julle ‘n lyding om al hierdie dinge te lees en nog aan te hou om MY te dien, aangesien julle nou alreeds bewus is van die toekomstige groot lyding. Dit is nie ‘n lekker onderwerp om oor te gesels nie en baie gaan aanstoot neem omdat EK julle so duidelik te kenne gee wat nog gaan gebeur, maar EK ag dit noodsaaklik, omdat EK weet wat julle nodig het, nog voordat julle daarna vra. EK is julle Vader wat julle baie lief het en daarom moet EK julle waarsku. Julle sal nie kan bly staan as EK niks aan julle sê nie en daarom word hierdie onderwerp aangeraak. Julle is MY uitverkorenes en daarom wil EK nie hê dat julle verlore gaan in die komende stryd nie. Gee hierdie, wat EK nou aan julle sê, ook aan ander, sodat hulle ook versterk kan word en moenie MY Lewensbrood van iemand weerhou nie. EK sal by julle almal kom besoeking doen en daarom wil EK nie hê dat daar iemand sal wees wat aan MY sê dat hy niks van MY brood te siene gekry het nie. Almal wat dit verwerp, het dit op sy eie gewete, maar sorg julle dat julle MY Brood uitdeel, want dit is julle opdrag van MY, julle Vader, wat nie een van SY kinders wil laat honger ly nie. Sou iemand nie wil eet nie, is dit nie MY of julle skuld nie, maar slegs die skuld van die een wat weier. Julle moet My aangesig nóu kom soek, omdat net EK die tye ken en julle nooit op ‘n dwaalspoor sal lei nie en nou ook weet dat julle na MY moet kom vir hulp, omdat die eindtye baie nader is as wat julle dink. Beskou dit eerder as ‘n waarskuwing, omdat Ek nie aan julle die toekoms bekend maak omdat Ek julle daardeur maar net wil vertel van iets wat gebeur nie, nee EK wil julle wakker maak, sodat julle om julle kan kyk en kan sien dat die einde in sig is. Julle is MY uitverkorenes en daarom wil EK nie hê een van julle verlore moet gaan nie. Julle geloof is nog so klein en daarom moet EK dit weereens aan julle sê dat julle MY moet liefhê, want die liefde vir MY sal julle sterk maak. EK wil julle lei en gelukkig maak, sodat julle altyd by MY kan wees en nie in die verderf ingaan nie. Wees net gerus en moenie dat die bose julle opjaag nie. Laat MY vrede in julle harte heers en wees nie bang nie, omdat EK, Die Allerhoogste met julle is en julle nooit sal verlaat nie. Julle almal wat MY liefhet, sal MY sien en EK sal met julle lag en juig en jubel en in vrolikheid sal EK tussen julle wandel. Maar voor daardie dag aanbreek, sal julle eers ‘n bietjie swaar kry hier op aarde en julle sal moet kies tussen My en die wêreld. Kies julle MY, dan kies julle ook Die Ewige Lewe saam met MY, maar kies julle om ter wille van julle aardse liggame nie swaar te kry nie, sal julle nie ‘n baie lekker loon ontvang nie. Dit is die keuse wat julle sal moet maak en dit is ook die rede waarom EK julle leer om nie julle liggame teveel te behaag nie, omdat dit dan buitengewoon swaar sal wees om van jou liggaam te skei. Wees maar net vir My lief en alles sal duidelik word en alles wat julle nou nie verstaan nie, sal klokhelder in julle ore weerklink en julle sal alles verstaan. Dit word weereens aan julle gesê, omdat EK julle baie liefhet.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205