|
OP GOLGOTA LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST
Hoofstuk 12
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60. |
|
|
Hoofstuk 12
15 Nov 2007 22:37
Dit was ‘n droewige dag vir al MYNE wat gesien het hoedat EK gekruisig word. Die aanslag teen MY was buitengewoon groot en alles wat EK voor die tyd aan MY mense gesê het, kon hulle nie regtig voorberei op hoe dit regtig was nie. Die meeste van hulle kon later nie meer daarna kyk hoe EK gemartel word nie en het hartseer gevlug, omdat hulle liefde vir MY buitengewoon groot was. Baie van hulle het na ‘n eensame grot daar naby gevlug, sodat hulle nie meer die geraas en geskreeu van MY folteraars kon hoor nie. Maar dit het niks gehelp nie, want dit het nog steeds tot hulle ore deurgedring. Daar was ‘n sekere man genaamd Philopold wat ‘n baie siniese persoon was en wat altyd negatiewe aanmerkings gemaak het. Partykeer heel onvanpas, maar tog nie sonder gevoel nie. Hy was ook baie moeilik om te bekeer en het eers ‘n groot teken nodig gehad om te glo waar hy vandaan gekom het, voor hy op die aardbodem mens geword het. Hy was baie lief vir MY en het saam met die ander in die grot geskuil om te ontsnap van die lawaai en vieslike aanmerkings wat deur MY pynigers gemaak is. Philopold het eenkant gaan staan en asof hy homself hoorbaar wou maak aan die ander, het hy die volgende, kamstig aan homself, gesê: “Ek weet nie wat ek sou doen as ek in SY skoene was nie, maar wat ek wel weet, is dat ek ongelukkig sou gevoel het as almal weggevlug het en hulleself vir my leed verberg het. Ek sou hulle sekerlik nooit vergewe het as hulle my net so sou laat en hulle in die stilte van ‘n grot sou kom versteek het om nie MY pyn en lyding mee te maak en my te help dra daaraan nie. Ek sou diep geskok gewees het om te dink dat die mense wat my kastig liefhet, in die aangesig van gevaar en leed sou wegvlug. Wie is dan daar wat HOM help dra aan SY leed? Dink ons nie net aan onsself en óns lyding nie? Kom laat ons teruggaan en Hom probeer bystaan in SY uur van nood, want HY het vir ons gebring, die brood wat ons tot lewe gewek het. En om te wys ons waardeer dit, sal ons HOM bystaan en sal nie weggaan voordat alles volbring is, soos HY aan ons meegedeel het nie!”
Nodeloos om te sê, het die ware woorde weerklank in almal gevind en hulle het hulle terug gehaas, net om by MY te wees en daar het hulle gebly totdat EK MY laaste asem uitgeblaas het. Philopold het vir MY ‘n groot guns bewys deurdat hy die mense op MY attent gemaak het en sodoende die lyding wat hulle deurgemaak het, omgeswaai het, sodat hulle MY kon bystaan in MY lydingsuur. Hierin is ‘n groot waarheid versteek, en dit is die volgende: As jy vir MY moet ly, konsentreer op MY en EK sal jou lyding verminder, sodat jy dan verlig sal wees oor die ligte las wat jy moet dra. Daardie mense wat daar by MY gewaak het, het net aan hulle eie pyn gedink wat deur MY kruisiging aan hulle toegedien is. Hulle het nie gedink hoe seer EK gehad het en dat Ek hulle bystand verlang het nie, al was hulle onmagtig om iets te doen. Net die feit dat hulle daar was in MY uur van nood, het vir MY baie beteken. Deur Philopold se woorde het hulle besef dat hulle meer op hulle eie hartseer gekonsentreer het en het inderhaas na MY teruggekom en hulle hartseer probeer verberg en met mannemoed het hulle die vyand se aanslag probeer afweer, terwyl hulle, hulle in MY groot hartseer ingedink het. Dit beteken in eenvoudige taal: Staan ‘n ander by in sy groot nood, al het jy self ook nood of hartseer. Vergeet van jouself en dra die mense rondom jou in hulle nood en EK sal jou dra in jou groot nood.
Moenie op jou eie hartseer konsentreer en jou verberg vir ‘n ander wat nog groter probleme het as jy nie. Dit sal van jou ‘n sterker mens maak wat alles sal kan dra, want EK dra dit vir jou, terwyl jy ‘n ander help dra. Amen.
|
|
|
|
|