OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 14
16 Nov. 2007 01:00
Met vreugde moet julle die laste wat Ek julle oplê dra en ophou kla oor die moegheid of pyn. Niemand was nog ooit so vermoeid soos Ek met die dra van My kruis op pad na Golgota nie. Dit is iets wat julle nooit sal verstaan nie. Dit was buitengewoon swaar, nie net omdat EK fisies uitgeput was nie, maar ook die geestelike kant, wat niemand kon waarneem nie, was baie swaar. Julle moet onthou dat EK die sonde van die hele mensdom op MY geneem het en dat EK die skuld van miljoene der miljoene – teveel om op te noem - op My skouers gedra het. Nou vra EK julle partykeer net ‘n kleinigheidjie en dan kla julle daaroor, omdat dit kwansuis te swaar is vir julle skouers. Maar EK is genadig en wanneer EK gevra word, sal EK julle help om die swaar las te dra wat EK julle oplê. Dit was ‘n paar jaar na MY kruisiging toe een van MY knegte, wat MY bygestaan het tydens die kruisiging, na MY Woord verneem het wat EK tydens MY verblyf op aarde gespreek het. MY woord was: Moet julle nie kwel oor wat julle sal eet of drink nie, want EK is die EEN wat sorg, maak vir julle geen bekommernisse nie, want dit is wat die heidene doen. Hy het daarvan vergeet en op die regte tyd het EK dit in sy binneste gegee en ook vir hom gesê dat hy net op MY moet fokus, omdat EK die EEN is wat alles kan doen. Gelowig het hy gegaan en vas op MY woord vertrou, want hy was baie vermoeid en honger weens ‘n ver pad wat hy moes stap. Dit was oor die hitte van die dag en hy het gesmag na ‘n bietjie rus onder ‘n koelteboom. EK het aan hom genade bewys en daar het in sy pad ‘n helder stroompie en ‘n pragtige boom verrys, waaronder hy gaan uitspan het. In sy rus het hy MY gedank, omdat EK altyd voorsien en geeneen van MY kinders net so los om te vergaan nie. Hy was blymoedig in sy hart omdat hy op pad was om ‘n werk te verrig wat EK hom opgelê het. Daar onder die koelteboom het EK weereens aan hom verskyn en hom versterk met die lewende brood, omdat hy een van MY afgevaardigdes was wat na ‘n ver land moes reis om mense daar vir MY te bekeer. Omdat hy bereid was om die sware las vir MY te dra, het EK hom tegemoet gekom en hom alles gegee wat hy kortgekom het. Dit sal nou weer vir julle so wees, en EK sal alles aan julle gee om MY werk te volbring wat EK aan julle toesê. Julle sal nie omkom langs die pad nie en as julle moeg of mat word langs die pad, sal EK sorg vir versterkings en die daaglikse brood aan julle voorsien wat julle nodig het om aan te gaan en MY werk te doen. Dit is waarom Ek nou hierdie aan julle gee, sodat julle krag kan ontvang vir die tyd wat kom, en julle sal nie moeg word nie, want EK sal julle nooit verlaat nie. EK is met julle, al gaan julle soms op ’n weg wat duister en gevaarlik is, EK bly by julle. Daar is niemand wat julle kan skend op die pad nie, want EK beskerm julle, EK red julle uit en daar is niemand wat julle uit MY hand kan wegruk nie. Dit spreek EK, julle Vader en ELOHIM wat julle dra soos kleintjies op die pad. Al dink jy jy stap alleen, is EK met jou en sal jou nooit verlaat nie. Roep MY net aan en EK sal jou uitred, want jy is kosbaar in MY oë en laat niemand vir jou iets anders vertel nie, want Die Groot EK IS het dit gespreek. Dink daaroor na, as jy soos MY kneg, weer op ‘n verlate pad in die hitte moet stap en dink dat daar nie uitredding is nie. EK is naby en julle weet al die dinge, maar EK herinner julle soos wat EK MY kneg herinner het in sy aardse nood. Die groot nood is vir julle ook voor die deur en daarom moet julle al MY Woorde diep in julle binneste bêre, sodat julle daaraan kan dink in die tyd wat sal kom, wat buitengewoon swaar sal wees met nood en dood op almal se paaie. Net soos wat MY kneg aangestap het in vurige hitte, sal julle moet aanstap tot julle julle weg en werk voltooi het. Maar hou net aan MY woorde van liefde vas en EK sal getrou soos EK is, MY woord aan julle gestand doen en julle uitred. Roep MY net aan en EK is daar om julle te help. Sit spreek EK,JAHWEH van die Hoogte aan julle, My getroue knegte en dienaresse.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205