OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 4
Dit was buitengewoon fel op almal wat MY nie verwag het nie en hulle het asof versteen bly lê, totdat EK almal bevry het wat op MY bly wag het. EK het hulle almal by MY versamel en hulle het gejuig oor die groot verlossing wat EK bewerkstellig het. Die wat nog getwyfel het aan MY mag, is met diepe ontsag vervul en het hulle ook na MY gehaas, omdat hulle ook na verlossing gesmag het. Net soos julle volk wat nou ook na verlossing smag, was hulle almal. En net soos julle volk, was daar ook díe wat MY getrou gebly het en op MY bly hoop het en dan was daar díe wat getwyfel het aan MY Mag, al glo hulle in MY bestaan. Dinge lyk soms so moeilik en donker, maar die wat op MY wag, sal nie beskaamd word nie. Die ander wat twyfel, sal dan deur die ander se geloof gedra word en dan sodoende ook gered word. Daarom sê EK dat jy jou naaste moet dra in jou geloof in MY en moenie dat jou twyfelagtige buurman jou ook na twyfelagtigheid lei nie. Lei jy hom eerder na geloof in MY. Wees sterk, want die uur het naby gekom dat julle vir MY sal moet vasstaan en julle moet nóu geloof in MY vestig, anders sal julle nie die geloofstryd kan deurstaan nie. Dit sê EK, Die Almagtige nóu aan julle op die 13de November 2007. Let op hierdie datum en tel solank die tyd af tot by die groot gebeurtenisse wat EK al lankal aan julle bekend gemaak het deur MY vorige profete. Hulle is almal al by MY opgeneem en vergader en sal julle in die gees bystaan sodat julle sterk sal wees en weet wat om te sê en doen. Dit is nie vir elkeen gegee om vir MY te profeteer nie, maar elkeen sal sy spesiale gawe van MY ontvang op die tyd wat die beste is daarvoor. Julle moenie twyfel aan MY hulp en verlossing as dit te duister vir julle word nie. Vertrou net op MY wat selfs in die put van duisternis neergedaal het om MY kinders daaruit te red. Almal wat MY wou volg, is deur MY gered en niemand is beveel om te bly nie, behalwe die demone van Satan. EK sal ook almal red wat nog ‘n greintjie geloof in hulle binneste het, al is hulle vuil van sondes. EK maak skoon en was rein deur MY bloed wat in Jerusalem se strate gevloei het en wat op Golgota die heuwel oordek het. MY bloed was orals, al was daar net ‘n klein druppeltjie op ‘n klip, maar EK het gekom om te bevry en daarom was daar niks wat MY ontgaan het nie. Die druppels het orals gelê en dit het beteken dat EK orals verlos, tot in die diepte van die hel. Julle kan nie nou verstaan met alles wat binne julle is, wat EK bewerkstellig het nie, maar eendag, en dit is nie ver nie, sal julle nog beter verstaan as nou hoedat duisternis julle kan omring en alle krag van julle af probeer trek. Klou met alle mag aan MY vas, soos MY mense wat in die diepte gesit en versmag het en net op MY koms bly wag het, want julle gaan dieselfde deurmaak, net in ‘n duistere wêreld wat julle gaan probeer oorrompel en deel van homself maak. Dit is die gebeurtenis wat in die hel afgespeel het en wat EK aan julle wou vertel. Daar het nog baie ander dinge ook daar onder in die put gebeur wat julle later sal hoor, maar nou gaan Ons eers oor na MY en MY geredde skare.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205