OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 7
Vir díe van julle wat al lank oor MY lewe in die hiernamaals wonder is hier nou ‘n heerlike stukkie brood beskikbaar. EK het, nadat EK die Gees gegee het, weer met MY Vader Een geword, wat soveel wil sê as dat die Liefde, Wysheid en Mag weer verenig het. Dit was iets wat niemand kon bespeur nie, maar Ek het weereens My Mathael se geestesoë geopen en hy het dit as volg sien gebeur, wat hy ook later aan die res van MY gemeente vertel het. Hy het My Siel in die vorm van ‘n duif uit My sien uitgaan en teen ‘n bomenslike tempo direk afwaarts gevlieg tot in die dieptes van die aarde. Daar het hy gesien hoedat die Duif met ‘n wolf baklei en die wolf sonder slag of stoot oorwin het. Die omstanders wat sy woorde gehoor het, het in raserny uitgebars van die lag en gedink dat hy mal was. Net My mense wat hom geken het en geweet het wie en wat hy was, het hom geglo en is daardeur getroos na hulle huise toe waar hulle nog steeds oor MY gerou het. Al MY woorde oor MY verlossingsdood het na hulle teruggekeer, maar nog het hulle na MY verlang en gewens dat EK nog geleef het, aangesien elkeen ‘n onbeskryflike leegheid ervaar het. Die volgende drie dae is dan ook in stilte deurgebring waar hulle al MY woorde diep oordink het. Niemand kon eet nie, al het hulle bymekaar gekom daarvoor. EK was op elkeen se hart en gedagtes en weemoedig het hulle aan spesiale oomblikke saam met MY gedink, wat die harte tot trane geroer het. Sonder dat hulle daarvan bewus was, was EK elke oomblik by hulle teenwoordig, maar omdat hulle nog so in die vlees geleef het, het hulle dit nie eers besef nie. EK is ook so by elkeen van julle, maar julle weet dit nie. Julle bely dit en weet dit selfs, maar julle besef dit nie heeltemal nie. Hoe kan EK die heeltyd teenwoordig wees? Deur MY Gees wat in julle woon. Hoe woon MY Gees in julle? Deur die Liefde wat EK is. Dink daaroor na dat as jy reine liefde in jou hart voel vir jou naaste, EK dan die heel naaste aan jou is. Daarom sê EK altyd dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself, want dan is EK naby. Alles wat jy dan vir jou naaste gedoen het, is asof jy dit dan vir MY gedoen het. En EK is dan teenwoordig, al kan julle MY nie sien nie. Van julle het al MY teenwoordigheid gevoel en dan ís EK daar. Julle verlang om MY te sien en vas te hou en EK belowe jou dat jy MY teen jou sal vashou en dat jy al jou liefde op MY kan uitstort as jy Een geword het met MY. Jy sal dan in volle vreugde met MY wees, net soos My mense was wat MY gesien het en aan wie Ek verskyn het na MY opstanding. EK sal met julle ook Een word soos met MY dissipels wat vol van MY geword het nadat EK opgeneem is en julle sal ook kragtige dinge kan doen soos wat hulle gedoen het. Hulle het alles gebied en dit het geskied; deur MY Krag wat EEN met hulle geword het. Streef daarom daarna om Een met MY te word, sodat EK ook deur jou kan werk en niemand sal jou gees geblus kry nie, want dit is MY Gees binne julle. EK is met julle elke sekonde, elke minuut en dag, trouens EK is ewig met julle en sal julle nooit verlaat nie, al val die wolf julle aan. En julle moet ook dag en nag aan MY dink en vir julleself sê en voorstel en bowe-als GLO dat EK naby is. Soos wat MY kinders destyds geglo het dat EK teenwoordig is in die Gees, maar hulle het nogtans na MY vlees verlang, omdat hulle nog self vlees was. Behalwe My Mathael, het almal MY gemis, maar hy het in die Gees geleef en daarom kon hy MY deurentyd aanskou.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205