OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 20
20 Nov. 2007 02:04
Geen dood of lewe kan julle van MY skei nie en dit moet julle nou begin glo. Julle is nog so twyfelagtig en die geringste laat julle uitbars in koue sweet van vrees. Moenie dink dat Ek ver is nie, EK is baie naby en almal wat na MY soek moet MY nie vêr, asof buite homself, soek nie. Dit is ‘n misverstand wat tot baie groot hartseer kan lei, want julle soek MY nie binne julle nie, maar daar doer tussen die sterre en daar is EK nie. EK is slegs in julle harte. EK het mos gesê dat MY GEES in elke een van julle is, maar HOM net verberg in díe wat MY nie wil soek nie. Maar in die van julle wat MY soek, is EK baie naby. EK het julle nie ‘n Gees van vreesagtigheid gegee nie en daarom beveel Ek julle dat julle NIE moet vrees nie. Net voor MY gevangeneming het EK in die tuin van Getsemené gaan bid en EK het gesê dat EK benoud is tot die dood toe. Benoud - nie bang nie en daarin lê ‘n groot verskil. Die benoudheid wat in MY geheers het, was as gevolg van die wete dat EK en MY Vader sou skei vir ‘n wyle en nie vir die dood nie. Ook nie vir die marteling wat sou volg nie. Dit was vir MY ondenkbaar om te dink dat EK (Wysheid) sou moes skei van MY Vader (Liefde) en dit het die benoudheid veroorsaak. Dit was ook waarom EK gevra het of die beker by MY verby kon gaan. Die bitter beker van die skeiding. Mense is lief daarvoor om aan te haal dat EK dan self bang was vir die marteling en dood wat sou volg en daarin voel hulle geregverdig in hulle vrees, maar dit is heeltemal verkeerd. Dink nou daaraan vir ‘n oomblik en verbeel jou dat EK MY hele skepping verlaat het. Voel jy nie ‘n mate van benoudheid nie? Selfs díe van julle wat MY nog nie eens liefhet met ‘n baie diep liefde nie, sal benoud voel as hulle baie diep gaan nadink. In ‘n oogwink sal daar niks oorbly nie, as Ek MYSELF van julle onttrek en MYSELF vir almal verberg. Daar is ‘n paar wat verstaan wat EK hiermee probeer sê en dit sal vir hulle ‘n doodsangs meebring om van MY geskei te wees en as EK MYSELF vir iemand verberg, sal niemand MY vind nie, want EK is vêr en naby tegelyk. EK is daar waar EK in liefde aangeroep word en gevra word om te bly, vir ewig. En dan is EK net so vêr verwyderd van iemand wat MY nie liefhet nie. Vra maar vir iemand wat vasgevang was in byvoorbeeld rook. Hoe vêr voel EK nie vir so ‘n persoon nie, maar tog is EK naby, as hy MY vra om hom by te staan as hy wil ophou daarmee. As hy regtig wil ophou en as hy MY in diepe liefde kom vra, sal EK hom bystaan en hom uitred van die verpestelike verslawing. Hier is ook ‘n paar mense wat MY soek met halwe harte. Dit beteken dat hulle iets half bo MY stel. EK is níe daarmee tevrede nie, want dit beteken dat EK gedeel word met ander dinge en dit wil EK nie hê nie. Stel jou maar net ‘n bruid en bruidegom voor. Die tweetjies is pasgetroud en nog skaars bymekaar, dan lui die telefoon en dit is vriende wat wil kom kuier. Gaan die bruid nie verstoot voel as die bruidegom hulle dan verwelkom nie? Sy wou graag vir hulle eerste huweliksnag alleen gewees het saam met haar man. Dit is ‘n rein jaloesie en heeltemal verstaanbaar. Net so voel EK oor julle. EK wil alleen in julle harte wees waar EK die Enigste is en daardie plekkie wil EK met niks en niemand deel nie. Julle klou vas aan julle aardse goed sonder om dit te besef en dan huil julle as EK nie ten volle by julle is nie. EK is by julle hoe julle na MY soek. As iemand diep na MY soek, is EK nader aan hom as aan die een wat MY af en toe soek net wanneer hy MY nodig het. Laat staan julle aardse dinge wat EK enige oomblik van julle kan wegneem, of wat EK enige oomblik aan julle kan teruggee. Dit alles lê in My hande en julle moenie daaraan verknog raak nie, want dan wil EK afsny, wat enige verwydering veroorsaak tussen MY en julle. Julle weet nie watter groot benoudheid EK terwille van julle verdra het nie - die verwydering tussen MY en MY VADER. Moenie dat EK van julle verwyderd raak as gevolg van die aardse wat jy wil aanhang nie. EK soek vurige harte wat vir MY wil werk in hierdie tyd wat kom. EK soek Paulusse en Petrusse en nie Judasse nie. Moenie MY verloën ter wille van aardse gewin nie. Julle wat MY alreeds ken en al gesmaak het dat EK goed en lief is, sal weet dat dit wat EK nou hier sê, waar en reg is. Daar is teveel om te verloor deurdat julle MY verloor, want dit kan nooit weer terug gevind word nie, terwyl EK alle aardse verlore dinge weer eensklaps aan julle kan teruggee. Dink daaraan en deursoek jou hart en kyk of daar nie iets is wat verwydering tussen MY en jou veroorsaak nie. Want dit sal jou baie bitter te staan kom in die tyd wat EK kom om met elkeen af te reken. Wees bly as EK jou getrou gevind het in MY diens en liefde. Dit is ‘n baie belangrike aspek van julle geestelike lewe en veral die mans onder julle is die skuldiges. Daar is nog die manlike trots in julle en julle voel julle moet nog sorg vir julle gesinne. Dit is ‘n mooi eienskap, want EK het die man die broodwinner gemaak, maar in die proses van versorging vergeet julle partykeer dat EK die eintlike broodwinner is en dat alles wat julle kry om te doen, eerstens van MY uitgaan voor julle dit kry om te doen. Wees MY maar net indagtig en hê MY net eers lief, voordat jy aan die werk spring en van MY vergeet, want jou liefde vir MY is die eintlike versorging van jou gesin en nie jou harde handearbeid nie. Dit het eerstens uit MY Hand uit gegaan na jou om jou gesin te voed, maar EK wil eerste geken word en in liefde wil EK hê dat julle MY moet gedenk en nie vrees en soos ‘n mislukking voel as EK julle so ‘n bietjie toets en die werk minder word nie. EK het julle die vrou as steunpilaar gegee in die huwelik en hoe is dit dan dat sy verstaan as EK die geldjies ‘n bietjie terughou, maar nie jy nie? Al jou werk kom uit MY uit en daarom is dit nodig om eerstens jou hart uit te stort voor MY sodat EK jou kan vul met al MY seëninge en jy jou gesin eerstens met MY Gees voed, voordat jy hulle met die aardse voed. Wy eerstens jou tyd en gedagtes aan MY en dan sal EK jou seën, sodat jou gesin gelukkig kan wees in MY. En jy, as jy sien hoe gelukkig jou gesin is met MY in julle teenwoordigheid, sal jy bly wees dat EK julle alles is, want uit MY is alles en sal alles kom en niemand kan van jou af wegvat wat EK aan jou gee nie. Dit geld vir enige aardse besitting - ook grond. En EK weet hoe bitter graag van julle wil boer in hierdie stormagtige tye in julle land, maar wees nie bevrees nie, want EK gee alle dinge op die regte tyd, maar EK vereis eers liefde in julle harte vir MY. Sonder om iets terug te verwag, moet julle MY liefhê en gaan leer by die vrouens, want hulle word baie deur MY gebruik in die laaste tyd. Dink nie dat ‘n vrou net stil en stemmig moet wees om MY welgevallig te wees nie. As ‘n vrou MY liefhet eerder as ‘n man, sal EK haar vervul met MY Gees en sy sal dan vir MY arbei. Vrouens het ook nie manlike trots nie en daarom is hulle makliker bruikbaar vir MY. Teveel trots is nie ‘n goeie ding nie en dit maak ook dat julle mans MY nie vind nie, omdat julle nie ten volle op MY vertrou nie. Doen jouself ‘n guns (en jou familie) en kom na MY toe met al jou probleme en EK sal voorsien wat jy nodig het, sonder dat jy ‘n steek hoef te doen. Sonder dat jy met jou manlike ego moet gaan soek vir werk. Dit sal natuurlik nog steeds nodig wees vir jou om jou werk te verrig, maar wat EK wil hê, is dat jy moet besef dat EK eers die werk moet seën en dat alles vanuit MY kom. Sware tye word dan ook op jou pad gebring, sodat julle kan besef dat alles uit MY kom en niks omdat jy so goed voorsien aan jou gesin nie. Wees eerstens met MY Een en dan sal alles vir julle duidelik gemaak word. Die strewe moet heel eerste na MY wees. Dit is so en julle moet ook onthou dat EK ook as ‘n man op aarde geloop het en EK wat nie handearbeid verrig het nie, het die beste vir almal gesorg wat by MY was. Kry MY in jou lewe en dan sal EK ook so vir jou en jou gesin sorg.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205