OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 44
3 Des. 2007 06:08
Julle wat na die eenwording met My streef, sál met My een word en julle sal dan juig, omdat julle al klaar hemel op aarde sal hê. Julle geestesoë sal te alle tye oop wees, sodat julle alles sal kan deursien en deurvors. Wees maar net getrou en kom soek MY Aangesig permanent op, sodat julle met krag vervul kan word. Dit is die loon wat julle sal ontvang as julle met MY een sal word - alle natuurwette sal julle gehoorsaam en met My krag sal alles gebeur wat julle wil. Julle wil sal dan heeltemal MY wil wees en sodoende sal julle dan geen sonde meer op aarde doen nie. Julle is dan in ‘n staat van volmaaktheid en geen bose mag sal dan meer oor julle kan heers nie. Dit sal dan wees soos die tyd dat EK op aarde was en julle sal dieselfde dinge as EK kan doen en nog groter, soos wat Ek aan julle gesê het in die Bybel. Wees net getrou op julle poste en bely MY Naam skaamteloos aan almal waar EK jou sê om te praat. Wees nie vir My skaam nie en EK sal MY ook nie vir jou skaam nie. Julle het nog baie om te doen vir MY en daarom sal EK self sorg dra dat julle die beste versorg word, omdat EK julle baie lief het. Julle het almal met MY ‘n ooreenkoms aangegaan en julle almal sal julle ooreenkoms met My nakom. Wees nie bang dat julle sal val nie, want EK het julle almal styf in MY Vaderarms en niemand kan julle daaruit ruk nie, nie eers die mees bose satan nie. Geen stormwind, geen woeste seestroom, geen tornado en geen ander natuurkrag sal julle vernietig nie, omdat EK julle vashou. As die tyd van hierdie groot natuurkatastrofes aanbreek, sal julle almal veilig deur my bewaar word en niemand sal verlore gaan nie. Julle het nog werk om onder julle broers te doen en sal daarom nie nou al by MY opgeneem word nie. Aan die einde van tye sal julle almal getrou op My koms moet wag, en die onder julle wat wel voor MY koms by MY opgeneem sal word, sal nie ‘n kleiner loon ontvang, omdat jy voor die tyd al weggeruk is nie. Julle sal almal mekaar kan sien en daar sal die grootste vreugde denkbaar heers. Wees bly, omdat julle vir My sal moet ly, want julle loon sal groot wees. Niemand wat julle skade aan wil rig sal dit kan regkry nie, behalwe wanneer EK dit toelaat, en EK sal julle beskerm, maar wanneer julle tyd gekom het om na MY te gaan, sal julle dit ook voor die tyd weet, en julle sal dan bly wees, omdat iemand sal kom om jou van jou aardse bestaan te verlos. Julle sal bly wees om vir MY te ly, omdat julle die hele tyd met MY in verbinding sal wees, en MY sal aanskou, en julle begeerte sal na MY wees. EK sal nie julle begeerte onvervuld laat nie en sal julle daarom ook na MY bring, waar julle in vrede en geluk aan My Vaderbors sal lê. Daarom sê EK dat julle na die wedergeboorte moet streef, sodat julle alles sal kan verdra en nie langs die pad verlore raak en moeg word nie. As julle die hele tyd met MY in verbinding is, sal julle kragte julle nooit verlaat nie, want die een wat My die hele tyd voor oë het, sal alle krag besit wat hy nodig het en nog baie meer. Dit sê EK aan julle almal wat aan MY hierdie lied sing in julle harte en julle sal bly wees omdat julle deur My uitgekies is om vir MY op aarde te ly en te getuig.
Amen
(Oom Dirk, hierdie liedjie beteken maar net dat; almal wat vir Vader liefhet met Hom een sal wees en nie net die een wat hom sing nie. Die woorde gaan tog oor liefde vir HOM en dit is nie net die wat hierdie spesifieke liedjie sing wat gered sal word nie. As jy Hom liefhet, sing jy outomaties hierdie lied in jou hart. Dan voel jy in elk geval al hierdie woorde in jou hart!. Louise.)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205