OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 42
2 Des.2007 05:10
Nou dat EK julle van MY engele vertel het, is daar dan nog iets anders wat EK ook aan julle wil openbaar. Terwyl julle om julle kyk en hoegenaamd niks van die geesteswêreld om julle sien nie, wil EK julle aanraai om MY uit die diepte van julle harte lief te hê sodat julle geestesoë kan oopgaan en julle alles sal kan verstaan wat EK nou aan julle gaan verduidelik. Geen oog het dit nog ooit gesien terwyl hy gelewe het nie en dit is totaal verborge vir almal wat nog in ‘n liggaam vasgevang sit. Julle kan nie verstaan waarom die son jou vel brand nie. Daar is baie biologiese verklarings daarvoor en die helfte daarvan is sommer bog. Die geleerdes is glad nie sover vooruit as wat hulle dink nie. EK, as Skepper en Vader van alles, kan aan hulle wys dat hulle teorieë verkeerd is. Maar EK sal dit nie nou doen nie, aangesien dit nie nou ter sprake is nie. Wat wel nou ter sprake is, is die feit dat die geestelike faktor, wat verantwoordelik is vir die verbruining van jou vel, direk uit MY Vaderhand aan julle gegee word. As julle sou kon sien, sou julle miljoene fladderende miniatuur “vissies” kon sien wat direk op jou vel duik en hulleself daarin wurm. Hierdie vissies beweeg dan al deur julle velle tot in die bloedstroom en vandaar tot in die hart. Dit het dan tot gevolg dat die mens begin bewus raak van sy omgewing en hy begin oplet na My skepping. Hierdie “vissies” laat dan ook die hart verbly om sodoende tot lof aan My oor te gaan. Dit is dan ook waarom ‘n mens vrolik voel as die son skyn en ‘n bietjie bedruk voel as dit reën, alhoewel hulle tydens bewolkte weer ook teenwoordig is. Hulle bewegings is dan net ‘n bietjie traer en dit het dan ook tot gevolg dat ‘n mens nie dadelik tot lof oorgaan nie. Dit is dan ook die rede dat die bose wegbly van die lig en ook omdat hulle dit vrees. Hulle wil nie vrolik voel en tot lof aan My aangehits word nie. As ‘n mens dan ook in lande kom waar die son baie min skyn, sal jy dan ook minder vriendelikheid vind en die mense sal ook meer bedruk wees. Dit is ook waarom julle hier in Suid-Afrika nog na My vra en soek. Weet julle waarom EK hierdie brokkie aan julle vertel? Die rede dat EK hierdie aan julle vertel is nie omdat EK wil hê dat julle meer kennis moet besit as die wêreldling, sodat julle hulle kan troef nie, maar omdat EK wil hê dat julle MY elke dag daarbuite moet kom soek en sodoende meer van My GEES te ontvang. Dit beteken nie dat julle die heeltyd buite moet wees nie, maar Ek wil hê dat julle aan MY daarbuite ‘n loflied sing, sodat julle kan voel hoedat EK julle versterk deur die son wat op julle velle skyn. Dit sal julle ‘n klein versterking gee en julle sal dan verder kan gaan met julle dagtaak met hernude krag. Julle is nou stom verbaas oor hierdie inligting en selfs MY skrywer twyfel aan hierdie woorde van My, maar EK raai julle aan om dit te probeer en julle sal krag daaruit put. Sing ‘n lied tot MY in julle harte terwyl julle in die son staan en MY skepping bewonder. Dit sal julle oë oopmaak vir baie dinge en julle sal dan ook deur MY nuwe dinge geleer word. Hierdie is maar net ‘n praktiese riglyn om julle te versterk en sodoende nader aan MY te bring. Dink hieroor na en kom soek My Aangesig op en EK sal julle die waarheid hiervan vertel. Julle is almal nog klein in die geloof en het elke versterking nodig wat julle van My af ontvang. EK sal julle met MY GEES versterk en julle sal uitgaan en MY werk volbring wat EK aan julle opdra. Dit is net ‘n klein waarheid wat EK nou aan julle bekend gemaak het en gaan toets My aan MY Woord en kyk of jy versterk voel daardeur. Julle sal verbaas wees oor wat dit aan jou binneste doen - om MY in die natuur en skepping te aanbid. EK wil aan julle nog sulke klein waarhede onthul en sal dit ook doen sodra die tyd reg is. Gaan en gaan toets My vandag en julle sal geestelik versterk voel.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205