OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 57
11 Des. 2007 06: 42
Geeneen van julle is al volmaak nie en daarom is dit vir MY nodig om julle kort-kort daaraan te herinner sodat julle daaraan kan werk om een met MY te word. Dink gedurig aan MY en julle sál een met MY word. EK wil hê dat julle dit nou moet onthou, sodat EK dit nie weer hoef te sê nie. Na MY kruisiging is daar baie onder die gewone volk gepraat oor MY en almal het oor My begin wonder. Niemand het MY kruisiging ongesiens by hom laat verbygaan nie. Baie van die mense is dan ook gered as gevolg van alles wat hulle aanskou het, terwyl hulle voor MY kruisiging ongelowig teenoor MY gestaan het. Hulle het net nie geglo dat hierdie eenvoudige man wat oral rondgeloop het, Die Ewige Elohim van Israel kon wees nie, en het altyd na ‘n groot teken gesoek wat natuurlik nooit gekom het tydens MY verblyf op aarde nie. Ten spyte van MY wonderwerke wat EK verrig het, kon hulle nogtans nie glo nie. Nadat EK gekruisig is en daar baie ander tekens ook plaasgevind het, het sekeres onder hulle wel begin glo dat EK die Verlosser was. Dit was egter dan ook te laat vir hulle en hulle moes maar tevrede wees met die gerugte en verhale wat hulle van MY gehoor het. Van hulle het MY regtig begin liefkry, en was bitter spyt dat hulle die geleentheid laat verbygaan het waartydens hulle MY in lewende lywe kon ontmoet het. Dit was egter nie te laat vir hulle om deur My gered te word nie, want EK verwelkom elke sondaarhart wat na MY kom met ope arms. Sekeres van hulle het dan ook vir My gesterf in die groot stryd wat daarna op hulle gewag het, omdat hulle ook heeltemal met MY GEES vervul geraak het. Julle mense moet nooit ‘n ander blinde vergeet en dink dat hy nie ‘n kans staan om na MY te kom nie. Julle ken nie hulle harte nie en mag daarom ook nie ‘n oordeel fel nie. EK alleen ken elke hart en weet wie dan nog ook ‘n kans staan om gered te word. Die kleinste kansie sal EK nie by iemand laat verbygaan sodat hy gered kan word nie. Al is dit op die einde van sy lewe, of op die laaste oomblik net voor MY wederkoms. Doen alles in julle vermoë om MY Woord uit te dra, sodat niemand kan sê dat hulle niks daarvan weet nie. Deur julle lyding en sterwe sal baie ook deur julle oortuig word van die Enigste, Ware Elohim wat bestaan. In ‘n donker tydperk sal julle vir MY moet skyn, sodat julle ‘n liggie op die pad kan wees vir baie ander wat nie die weg na MY ken nie. Julle sal nie mag slap lê nie en die hele tyd moet skyn. Werk sonder om te rus, sodat die duisternis julle nie dalk oorval, sodra jy in ‘n staat van rus verkeer nie. EK sal julle die krag daarvoor gee en julle sal tot op die einde vir MY kan werk. Onthou, dit was die ooreenkoms wat julle met MY gesluit het, dat julle na die aarde sal kom om MYNE te help, sodat hulle nog gered kan word voor die einde. EK het aan julle belowe om julle van krag te voorsien sodat julle sal kan aangaan en nie moeg word nie. Al wat julle gedurig moet doen is om julle krag by MY te kom haal deur ware gebed, en ‘n hegte verhouding met MY.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205