OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 52
7 Des. 2007 06: 41
Almal is MY uitverkorenes, wat na MY kom om seëning te ontvang. EK praat nie van die wêreldling wat met ‘n aardse gebed na MY kom om verhoor te word nie. Dit is ‘n gruwel in MY oë en sal nie deur MY verhoor word nie. Maar julle wat MY liefhet, is MY ware uitverkorenes en daar sit nog baie van julle vasgevang in verkeerde dinge. Hulle weet baie diep in hulle harte dat hulle nie op die regte spoor is nie , maar hulle weet ook nie hoe om reg te kom nie. Hulle almal sal deur MY op die regte pad gelei word deur julle wat MY nou al liefhet. Op elke een van julle wat nou hier lees se lewenspad sal daar iemand kom wat deur julle bearbei moet word en EK sal daardie persoon/persone aan julle uitwys. Julle moet My vissies vang en nie een laat wegkom nie, aangesien daardie vissie dan in die verderf sal gaan, as jy nie van jou kant af moeite doen om hom te probeer raak vang nie. Dit sál moeite van julle kant af verg, maar EK sal julle die krag en alles wat nog nodig daarvoor is, skenk. Gee dit net aan MY oor en Ek sal jou pad gelyk maak en jou vissie sal jy vang. Wees net gerus as jy al wel met jou vissie probeer het en dit op die oog af vir jou lyk of hy gaan wegkom. Dra dit aan MY op en MY Gees sal daardie vissie ook bewerk waar jy nie meer kan nie. Moenie jouself blameer as jy alles gedoen het wat EK aan jou beveel het en die vissie swem weg nie. Baie maal sal die vissie baie diep gaan nadink oor wat jy aan hom vertel het en sal dan later heel uit sy eie na MY kom. Dit is dan deur jou toedoen dat hy na MY gekom het en dit sal dan vir jou tot wins gereken word. Julle is baie keer geneig om moed te verloor wanneer julle met mense praat en dit op die oog af lyk of hulle nie werklik luister of aandag gee nie. Moenie daaroor bekommerd wees nie. My Gees werk waar julle nie kan sien nie en daar sal beroeringe in daardie persoon se siel kom waarvan jy nie eers bewus is nie. Hou net aan met MY Woord en julle sal die vrugte daarvan pluk. Onthou dat MY ryk nie van hier is nie en dat julle eers die werklike vrugte hierna sal pluk. Dit sê EK aan almal wat nou voel dat hy nêrens kom met die uitdra van My Woord nie. EK sien alles raak en sal nie één van My uitverkorenes laat verlore gaan nie. Wees julle net getrou, sodat julle nie skuld daaraan sal hê as een nie gered word nie. Dra My Woord uit aan almal wat EK jou sal aanwys en jy sal nie spyt wees daaroor nie. Die liefde wat julle vir My het in julle harte, sal julle lei om ook ander lief te hê en bekommerd te voel oor hulle geestelike welstand. Daar is vandag baie geestelike nood en dit is baie donker in die wêreld. Daar is baie ander wat na MY Lig smag en wat nie weet waar om dit in die hande te kry nie. Julle wat dit alreeds het, moet nie suinig daarmee wees nie en dit aan ander uitdeel. Dit sal dan ook vir julle vermeerder. Dit werk soos die weduwee se kruik wat deur My profeet Elisa vol gehou is. Hoe meer lig jy uitdra, hoe meer word jou lig. Dit is MY Liefde, want Liefde en Lig kan nie geskei word nie. Dit is een. Dra My Liefde aan ander uit en jy sal met Liefde oorlaai word. Ook in ander woorde gesê: Dra My Woord uit en MY Gees sal in jou vermeerder. Wees nie bang om uitgelag of uitgeskel te word nie. Dit was MY lot op aarde ook, toe EK in die vlees was. Dit sál met julle ook gebeur, omdat julle MY diensknegte is en julle nie beter as EK is nie. My diensknegte is nog altyd deur die wêreld verstoot en bespot en selfs vermoor om hulle tog net stil te kry. Maar moenie ophou nie, want julle loon hierna is buitengewoon groot. Dit wat Ek vir julle berei het, is so wonderlik dat julle dit nie nou kan dra nie en julle sal dood neerslaan as julle selfs net ‘n titseltjie daarvan kon sien. Vrees nie die mense wat julle kan doodmaak nie, maar wees vir MY lief, omdat EK die EEN is wat julle kan red, of in die verderf stort. Julle sal almal op die regte tyd deur MY kom haal word en nie een sal verlore gaan nie. EK is die perfekte maaier, en die perfekte insamelaar en nie een koringkorrel sal op die dorsvloer agterbly nie. Julle mense is baie keer bang, omdat die tyd min raak, dat daar van julle geliefdes sal agterbly, maar EK verseker julle dat almal deur My gered sal word wat in MY Boek opgeskryf staan. Nie een sal agterbly nie. Dit verseker EK julle en spoor julle aan om te werk, omdat julle harde arbeid MY help om die koring in die skuur te kry. EK is die EEN wat julle die krag gee en die weg wys en al wat EK van julle vra is bereidheid en geloof in MY. Wees lief vir MY met jou hele hart en niks sal jou stuit nie. Nie eers die liggaamlike dood nie en met groot vreugde sal jy dan MY ryk wat EK vir julle berei het ingaan. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205