OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 41
1 Des. 2007 07:05
EK het julle nou van MY engele vertel en wil julle dan ook nou van hulle werking vertel. Daar is verskillende ordes in MY engeleleër en elkeen het ‘n ander taak gekry om te volvoer. Julle as mense het verskille in persoonlikhede en MY engele het ook hulle verskille. Dit is ook die verskille in hulle persoonlikhede wat hulle dan sekere werke laat doen bv. ‘n meer sagte engel sal dan ook met ‘n meer rustige werk besig wees. ‘n Sagter engel sal in die kinderryk werk, of iets anders doen wat by hom pas. Dan is daar die meer “geharde” engel en hy sal bv. in die hel in kan gaan en daar werk. Geen engel van My is onmagtig nie en sal daarom ook alles kan doen wat EK aan hulle gee om te doen. Dit is net hulle verskille wat maak dat hulle dit meer geniet om op seker plekke te werk. EK gee ook aan hulle ‘n keuse, sodat elkeen My kan dien op die gebied wat vir hom die beste sal werk en wat ooreenkom met sy persoonlikheid. EK dwing geen engel van MY nie en hulle doen alles vrywillig en uit liefde vir MY. Daar is ook verskillende hoeveelhede van kennis en wysheid wat aan hulle toegeken word en hoe liewer ‘n engel My het, hoe hoër sal hy styg in MY ryk. Hulle het My so lief dat hulle altyd na meer streef, omdat dit hulle dan ook nader aan My bring. EK stuur hulle dan ook uit om dinge vir MY te doen en sodoende werk hulle hulleself dan ook op om met meer vertrou te word. Dit is dan hoe dit in My engeleryk is en julle sal later meer hieroor vertel word. Dit is dan nou ook genoeg om hierdie te weet en ook dat EK julle 24 uur van die dag onder bewaking het deur My engele wat alles sal doen uit oorgrote liefde vir My en julle.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205